Brand jou skool af om beter leermateriaal en ondersteuning van die owerhede te ontvang. Dit is die boodskap wat die ANC aan stamoproeriges in Limpopo deurgegee het. Die ANC is kennelik bekommerd oor die voortslepende etniese geweld in Limpopo en het besluit om die oproermakers te probeer paai met duur geskenke soos rekenaartablette vir skoolkinders.
Weste stap uit Uganda se presidentsinhuldiging oor al-Basjir
Amerikaanse, Europese en Kanadese verteenwoordigers het uit die inhuldiging van die Ugandese president, Yoweri Museveni in Kampala gestap. Die Westerse lande het uit protes teen die teenwoordigheid van die Sudanese leier, Omar al-Basjir, die byeenkoms verlaat en omdat die Ugandese president die Internasionale Strafhof beledig het in sy toespraak. Museveni het in sy verwelkomingstoespraak aan
Lees verder: Weste stap uit Uganda se presidentsinhuldiging oor al-Basjir
Kroonstad, Rustenburg se krane leeg
Daar is geen water op Kroonstad sedert gister nie, nadat die Departement van Water en sanitasie (DWS) en Moqhaka Munisipaliteit begin het met die skoonmaak van reservoirs. ‘n Woordvoerder van die departement Sputnik Ratau, sê die afsluiting is om te verseker dat die kwaliteit van die water nie in die gedrang kom nie. Hy sê
Bejaardes op Herzogville-plaas aangeval
Die polisie in die Vrystaat soek na twee mans in verband met ‘n aanval op ‘n boer en sy vrou op hul plaas by Hertzogville. Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê ‘n 78-jarige boer en sy vrou is Woensdagmiddag in hul plaashuis oorval. Hulle is vasgebind en aangerand. Volgens Gaobepe het die swart aanvallers geld gesoek. Die
Dertig DA-lede stap na EFF oor
Die EFF in die Vrystaat het meer as 30 lede Donderdag verwelkom van die DA by ‘n byeenkoms wat gehou is in Botshabelo buite Bloemfontein, het News24 berig. ‘n Voormalige DA-lid, Simon Seala, 41, was sigbaar opgeruimd oor sy besluit om die kultuurvreemde DA vir die EFF te verruil, het gesê hy moet ‘n party
Kampus-oproer vlam weer op
‘n Administrasiegebou is aan die brand gesteek ná verskeie voorvalle van diefstal op die VUT-kampus in Vanderbijlpark vroeër hierdie week. By Rhodes Universiteit in Grahamstad is grootskaalse brandstigting glo ter elfder ure afgeweer. Studente van die Vaal Universiteit van Tegnologie het op loop gegaan teen Mafoko Sekuriteit, en beskuldig die private maatskappy van saamswering met
Afrikaanse skryfster Winnie Rust doodgemartel
Die bekende Afrikaanse skryfster Winnie Rust is grusaam in Wellington, Wes-Kaap, vermoor. Haar lyk is gister deur haar eggenoot in hul huis, waar hul 60 jaar saam gewoon het, ontdek. Volgens die eerste berigte is sy gemartel. Rust het beserings aan haar gesig gehad, en haar hande en voete is vasgebind.Die polisie het bevestig dat
Skok na Oostenrykse kanselier bedank
Oostenryk se kanselier het bedank weens die migrantekrisis wat sy land teister. Werner Faymann (56) het Maandag uit sy pos getree te midde van ‘n opstand in sy Sosiaal-Demokratiese Party omdat hulle deur die Vryheidsparty geklop is in die eerste ronde van die verkiesing. Hy het as kanselier én leier van die Sosiaal-Demokrate bedank. Die
Koue, nat naweek wag
Nog koue en nat weerstoestande word vir groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel. Gauteng kan ook koeler, bewolkte weer te wagte wees teen Saterdag. Die Bloemfonteinse weerkantoor sê dié weerstoestande met lae temperature gaan môre voorkom weens ‘n afsnylaag wat ontwikkel en die sentrale deel van die binneland teen môre sal bereik.
Potchefstroom Kunstefees soek kundigheid
Beplanning van die Potchefstroom Kunstefees wat Aardklop sal vervang, is glo druk, maar daar is ‘n tekort aan kundigheid. ‘n Woordvoerder vir die groep van Aardklop-belanghebbendes en besturende direkteur van die ATKV, Japie Gouws, sê verder die proses om ‘n maatskappy sonder winsbejag te stig, waarin alle sake van die fees gehanteer sal word, is
