Brand jou skool af en kry ‘n rekenaartablet!

Brand jou skool af om beter leermateriaal en ondersteuning van die owerhede te ontvang. Dit is die boodskap wat die ANC aan stamoproeriges in Limpopo deurgegee het.

Die ANC is kennelik bekommerd oor die voortslepende etniese geweld in Limpopo en het besluit om die oproermakers te probeer paai met duur geskenke soos rekenaartablette vir skoolkinders.

Die LUR vir Onderwys in Limpopo, Ishmael Kgetjepe sê die departement is ook sonder meer gereed om sowat 64 mobiele klaskamers by skole wat afgebrand en gevandaliseer is, af te lewer.

Kgetjepe en die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het met ander belangegroepe in Thohoyandou vergader.

Onderrig sal na verwagting teen Maandag voortgesit word nadat die ANC ingestem het om die skole te vervang.

Die koste van die nuwe klaskamers is nie bekend nie.

Vier-en-twintig skole is beskadig deur oproeriges wat tot brandstigting en geweld oorgegaan het oor etniese spanning wat heers tussen die Tsongas en Vendas.

Die Tsongas is woedend nadat hul pogings in die howe om te keer dat Vuwani en Malamulele saam ‘n nuwe munisipaliteit vorm, misluk het.

Die hoof van die ministeriële komitee wat belas is met die etniese geweld in en om Vuwani, Des van Rooyen, sê van die leerders sal met tablette toegerus word.

Skryfbehoeftes en dokumente is verwoes toe skole gevandaliseer is.

Van Rooyen het tydens ‘n mediasessie gesê die privaatsektor is ook van hulp en het maatskappye en organisasies gevra om ook ‘n hand by te sit.

13 thoughts on “Brand jou skool af en kry ‘n rekenaartablet!”

  1. Praag, as julle kan, vind asb. uit watter privaat besighese en instansies gaan hierdie mense help, sodat ek in die toekoms kan weet om hulle te boikot. Ek sal nie een besigheid ondersteun wat hierdie barbare gaan uithelp nie!

  2. “Van Rooyen het tydens ‘n mediasessie gesê die privaatsektor is ook van hulp en het maatskappye en organisasies gevra om ook ‘n hand by te sit.” – Ja enige tyd sal ek help, Ek betaal my belasting, dit is waar julle hulp vandaan kom, moenie nog vra nie, ek is reeds gatvol dat my belasting klaar betaalde goed moet regmaak in plaas van ander behoeftes aanspreek. As jy nou die privaatsektor vra vir ekstra bydrae dan maak jy my moerig en ‘n paar honderd duisend ander soos ek, ons gaan dalk daaraan begin dink om ons belasting te verminder.

Maak 'n opvolg-bydrae