Daar is geen water op Kroonstad sedert gister nie, nadat die Departement van Water en sanitasie (DWS) en Moqhaka Munisipaliteit begin het met die skoonmaak van reservoirs.
‘n Woordvoerder van die departement Sputnik Ratau, sê die afsluiting is om te verseker dat die kwaliteit van die water nie in die gedrang kom nie.
Hy sê die skoonmaak van die reservoirs is lank reeds beplan en hulle het konsulteer met die gemeenskap vooraf.
Hulle vul intussen tenkwaens met water uit boorgate op verskeie plase.
“Ons het ook ‘n paar gebeurlikheidmaatreëls in plek sodat mense kan voortgaan om water te hê.”
Ratau sê watervoorsiening sal terug wees teen Saterdagmiddag op die laatste.
Intussen het krane in Lethabong naby Rustenburg in die Noordwes opgedroog as gevolg van lae druk op die grootmaatpyplyn, het die Rustenburg munisipaliteit gesê.
“Daar is ‘n lae druk op die grootmaatwaterpyplyn wat begin het op 10 Mei. Dit is nie ‘n waterafsluiting nie.
Tenkwaens is na geaffekteerde gebiede gestuur, het die munisipaliteit se woordvoerder Thapelo Matebesi gesê.
Gefrustreerde inwoners het kruiwaens vol water uit brandkrane getap.
“Dit is al vier dae vandag [Donderdag] sonder water, maar ons betaal,” sê Aliminah Mbenge, wat twee 20 liter houers in ‘n kruiwa stoot. Lethabong gebruik voorafbetaalde watermeters.
“Dit is nie reg nie. Ons kry nie eens kennisgewings van enige wateronderbrekings nie.”
Verlede week Vrydag, het die munisipaliteit ‘n kennisgewing uitgereik dat daar watervoorsieningsonderbrekings sal wees nadat ‘n groot pyp gebars het.
Die 700mm-staalpyp is uiteindelik Maandag herstel.

Gefrustreerde inwoners wat kla ….Hoe kan hulle kla as daar met elke verkiesing vir die bestel gestem word en die probleme word net erger by die dag .?
Baie goeie vraag Ou Transvaal, maar jy moet in gedagte hou die “magiese krag” wat ‘n t-hemp ,KFC streetwise 2 en ‘n pakkie mieliemeel op die grootste gedeelte van die bevolking kan uit oefen.
… en sekerlik die totale afwesigheid van ‘n geheue of kapasiteit vir vooruitskatting.
Die Moqhaka munisipaliteit. Hoe gepas! Die munisipaliteite kan as geheel voortaan maar bekendstaan as die Moqhakas.
Dis seker wat hulle uit daai reservoir gaan uitkrap het. Die dat die water af is.
Mens kan sonder kos vir n hele ruk oorlewe, maar sonder water kan jy nie….Dit is uiters belaglik dat die voorsiening van water gestuit moet work om die “reservoirs” skoon the maak…bog praatjies en weereens n voorbeeld van cANCer onbekwaamheid