Die jaar 2015 het die die hoogste vlak van immigrasie in Duitsland se geskiedenis gelewer. Verlede jaar, was daar ‘n migrasie-oorskot van 1 139000 mense, het die Duitse Federale Buro vir Statistiek verklaar. Statistici skryf dit toe aan die vlugtelingkrisis, maar ook die styging in immigrasie uit die nuwe EU-lidlande wat steeds voortgaan. Verlede jaar
Terreuraanval in Nice: dodetal kruip na 84
Die dodetal in gisteraand se terreuraanval in Nice, Frankryk, het intussen gestyg tot 84 mense, met ‘n verdere 18 wat in ‘n “uiters ernstige toestand verkeer”, volgens die jongste inligting van die Franse ministerie van binnelandse sake wat ook vir veiligheid verantwoordelik is. Die vorige syfer wat vrygestel is, was ten minste 80 mense dood,
Trump ignoreer uitnodiging van NAACP
Die swart Amerikaanse aktivistegroep, die NAACP sê die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump het ‘n uitnodiging om aan ‘n opkomende byeenkoms van die groep deel te neem, geïgnoreer. Dus is die gevestigde presedent van deelname deur ‘n kandidaat in die Amerikaanse resies om president te word, nie gevolg nie. Daarmee het Trump besluit om nie
Vrese dat konflik in Suid-Soedan kan hervat
‘n Swaar bewapende Ugandese militêre konvooi het Donderdag die grens na Suid-Soedan oorgesteek om die land se burgers wat in Jaba vasgekeer is, na veiligheid te neem, het AFP berig. Dit kom midde vrees dat die intensiewe gevegte van verlede naweek enige oomblik weer kan uitbreek, ondanks die skietstilstand-ooreenkoms wat steeds van krag is. Die
Denel ontken Gupta-oorname na tenderbesluit
Denel het Donderdag bewerings ontken dat die maatskappy deur die Gupta-familie oorgeneem is om ‘n R1-miljard kontrak aan VR Laser ipv LMT Holdings te gee. LMT Holdings het die transaksie as ongeoorloof bestempel en hulle tot die hooggeregshof gewend. “Denel wil reageer op die negatiewe verslaggewing wat tans deur sekere publikasies versprei word,” het Vuyelwa
Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte
Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het nie. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans
Koel matige weer vir groot dele voorspel
Die koue het effens gewyk in groot dele van die land. Matige tot koel weerstoestande word dié naweek of later in die week in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes verwag Temperature sal Saterdag en Sondag net onder 20 grade Celsius wees. Alhoewel die suidelike deel van die Noord-Kaap vandag en more lae temperature van onder
Karel Combrinck: ‘n Nare nadraai vir Tibhirine
Die verhaal van die monnike van Tibhirine staan in die teken van die soort politiek korrekte geveinsdheid wat as’t ware ons daaglikse brood geword het. ‘n Onbekende korrespondent van Praag het my pas weer aandagtig gemaak op die geskiedenis van die monnike en wat daarmee verband hou. Natuurlik was ek, soos seker baie van ons,
Raad beslis dat Wilgehof-skoolhoof weer aangestel word
Die Onderwysdepartement in die Vrystaat het ‘n besluit deur die Raad op Arbeidsbetrekkinge in die Onderwys gekritiseer. Die Raad het beslis dat ‘n Bloemfonteinse skoolhoof wat op aanklagte van rassisme afgedank is, weer aangestel moet word. Hulle het ook beslis dat die laerskoolhoof van Wilgehof, Fanie Roelofse sowat R600 000 se salaris terugwerkend moet kry.
Lees verder: Raad beslis dat Wilgehof-skoolhoof weer aangestel word
‘Groter as Churchill se taak’
Koningin Elizabeth II het die nuwe leier van die Konserwatiewe Party, Theresa May, ingeroep om ‘n nuwe regering saam te stel, het AFP berig. Europese leiers het reeds gevra dat Brittanje vinnig moet optree om die skeiding van die EU te formaliseer. May het egter aangedui dat sy nie aangejaag sal word nie. Die 59-jarige
