Cosas dreig om verkragters te kastreer

Die Congress of SA Students (Cosas) het Dinsdag gedreig om verkragters te kastreer. “Ons gaan die reg in eie hande neem,” het Thlologelo Malaji, president van Cosas, gesê. “Ons gaan die privaatdele van diegene wat ons broers en susters verkrag, afsny. Ons sal ook nie van die dwelmhandelaars in ons gemeenskappe vergeet nie, want ons

Lees verder: Cosas dreig om verkragters te kastreer

Terugkeer na SA? Betaal eers boete aan mediese fonds

Deur Rhynie Greeff. Daar is ʼn staatsgedrewe boodskap aan Suid-Afrikaners oorsee reg vanuit die Parlement: Bly weg want ons gaan julle straf as julle terugkom. Vir Suid-Afrikaners wat na ʼn paar jaar in die buiteland hulle vliegtuigsitplekgordels losmaak en uitstap in hulle eie land wag ʼn ontnugtering in die vorm van ʼn ware Monty Python

Lees verder: Terugkeer na SA? Betaal eers boete aan mediese fonds

Malema se EFF is VF+ se ‘susterparty’

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gister gesê die party word nie bedreig deur die opkoms van die Economic Freedom Fighters (EFF) op Suid-Afrika se politieke toneel nie. Mantashe het die EFF as net nog ‘n party bestempel. Hy het verwys na die nuwe beweging as die Ekonomiese Vryheidsfront, en het gesê dit is

Lees verder: Malema se EFF is VF+ se ‘susterparty’

EU plaas Hezbollah militêre vleuel op terreurlys

Die Europese Unie (EU) het die militêre vleuel van die Libanese groep Hezbollah Maandag op sy terreurlys geplaas. Die EU se 28 ministers van buitelandse sake het die besluit eenparig ondersteun tydens die unie se maandelikse vergadering. Europese Unie ministers van buitelandse sake se vergadering in Brussel het ‘n einde aan maande se geredekawel oor

Lees verder: EU plaas Hezbollah militêre vleuel op terreurlys

Stakende werkers is Sasolburg se nagmerrie

“Die stert is besig om die hond te swaai, alhoewel die hond reeds dood is,” sê die Vryheidsfront Plus se raadslid in die plaaslike munisipaliteit, Theo du Toit. Dit is bekend dat die werknemers van Metsimaholo-munisipaliteit herhaaldelik gestaak het en die dorpe verwoes deur geboue te beskadig en brand te stig.  Die betalingskantoor in Sasolburg

Lees verder: Stakende werkers is Sasolburg se nagmerrie

Dettol van die rakke onttrek

Die ontsmettingsmiddel Dettol en Domestos Extended Germ Kill is van die rakke onttrek omdat dit ‘n gesondheidsrisiko inhou vir verbruikers, het Nasionale Reguleerder vir Verpligte Standaarde (NRCS) Dinsdag gesê. Thomas Madzivhe van die NRCS het bevestig dat die Dettol Disinfectant Liquid, wat van die Verenigde Koninkryk ingevoer is, van die rakke onttrek is omdat die

Lees verder: Dettol van die rakke onttrek

Of Good Report: Entartete Kunst

deur Manfred Delport Enkele jare gelede is die rolprent Lolita, gebaseer op die roman van die Rus Wladimir Nabokov, in kunsrolprentteaters in Suid-Afrika vertoon. Die rolprent asook die boek handel oor die seksuele verhouding tussen ‘n twaalfjarige meisie en haar onderwyser. Die onderwyser trou met die dogtertjie se ma, omdat hy ‘n seksuele fantasie oor

Lees verder: Of Good Report: Entartete Kunst

Hansie Cronjé se saak weer opgerakel

Indiese polisie het aanklagte teen verskeie beroepswedders voorberei 13 jaar ná ‘n wedstryd-skandaal wat die gewese Suid-Afrikaanse krieketkaptein, Hansie Cronjé, uitgesonder het, het ‘n polisie-bron gesê. Polisie in Nieu-Delhi het ‘n “gedetailleerde klagstaat” teen vyf beroepswedders voorberei, het die bron gesê. Die optrede kom nadat Delhi se polisiehoof Neeraj Kumar aan plaaslike media gesê dat

Lees verder: Hansie Cronjé se saak weer opgerakel

Cameron se anti-porno-filters problematies

Die Britse premier David Cameron se plan om internetpornografie te verbied, is onder verdenking nadat hy voorgestel dat kaal vroue soos dié wat op The Sun se bladsy drie verskyn, nog steeds toeganklik sal wees aanlyn. Sommige kritici het Cameron van skynheiligheid beskuldig. Die Eerste Minister het ‘n groot toespraak uitgestel om ‘n reeks hervormings

Lees verder: Cameron se anti-porno-filters problematies

Voorvadergrafte vertraag Wildekus-tolpad

Die voorgestelde Wildekus-tolpad in die Pondoland-streek in die Oos-Kaap kan weens voorvadergrafte op die beplande roete die wind van voor kry. Tradisionele leiers by Amadiba in Bizana sê hulle het nog nie ‘n omvattende ooreenkoms met die Nasionale Padagentskap Sanral bereik oor die moontlike opgrawing van die grafte nie. Groot dele van die kusgebied van

Lees verder: Voorvadergrafte vertraag Wildekus-tolpad