Malema se EFF is VF+ se ‘susterparty’

Gwede Mantashe
Gwede Mantashe

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gister gesê die party word nie bedreig deur die opkoms van die Economic Freedom Fighters (EFF) op Suid-Afrika se politieke toneel nie.

Mantashe het die EFF as net nog ‘n party bestempel. Hy het verwys na die nuwe beweging as die Ekonomiese Vryheidsfront, en het gesê dit is ‘n susterparty van die Vryheidsfront Plus.

“Die ekonomiese Vryheidsfront is net ‘n ander party. Hulle sal by ‘n susterparty, die Vryheidsfront Plus aansluit. En daar is baie partye daarbuite,” het Mantashe gesê.

Hy het met verslaggewers gister in Johannesburg gepraat.

Die EFF is gestig deur Julius Malema en ander ontevrede voormalige ANC-lede. Voormalige ANC-jeugliga se Noordwes-voorsitter Papiki Baboile en voormalige ANC-jeugliga se nasionale woordvoerder, Floyd Shivambu, is ook lede van die EFF.

Mantashe het gesê die ANC-leiers het nie slapelose nagte oor die EFF nie.

“Dit (die ANC-leierskap) is bedrewe hiermee en dit is hoekom ons toegelaat het dat ‘n grondwetlike demokrasie en ‘n veelparty-stelsel tot stand kom.

“Ons het nie slapelose nagte oor ‘n bepaalde party nie,” het hy gesê.

Die mediakonferensie is bedoel om die uitkomste van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) lekgotla te openbaar. Die lekgotla het Vrydag begin en Sondag afgesluit.

Mantashe het ook gesê die probleme van die ANC in die Tlokwe-munisipaliteit in die Noord-Wes is nie tydens die lekgotla bespreek nie.

Hy het daarop aangedring dat die regerende party tans op die probleme in die munisipaliteit fokus.

Hy het gesê die ANC se adjunk-president Cyril Ramaphosa en adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte spandeer baie tyd in die Tlokwe Munisipaliteit as deel van die party se strategie om probleme in die munisipaliteit aan te spreek.

“Ons is besig met iets daar. Ons het kandidate geregistreer vir die (komende) tussen-verkiesings. Ons sal nog steeds baie daar doen.

“Dit is nie ‘n stryd teen die DA nie, maar ons verantwoordelikheid om gemeenskappe te dien daar. En ons het ‘n verpligting om te voldoen daaraan,” het Mantashe gesê.

Die ANC in die Tlokwe Munisipaliteit het 14 raadslede van die munisipale raad geskors nadat die party bevind het dat hulle saamgespan het met opposisiepartye om die burgemeenster Mapetle te verdryf. – The New Age

One thought on “Malema se EFF is VF+ se ‘susterparty’”

  1. Dis nou nonsens as ek dit al ooit gehoor het. Die volk is nou besig om hulle eie ver linkse party te probeer “indoktrineer” deur hulle met ‘n regse party te vergelyk. Dieselfde taktieke as wat die NP destyds gebruik het om mense te kry om “ja” te stem – vergelyk dit met iets wat die mense gladnie wil hê nie.
    Die volk werk egter anders as weseterlinge en hierdie taktiek mag dalk net die teenoorgestelde uitwerking op die volk hê.

Maak 'n opvolg-bydrae