Talle voertuie is vroeg vanoggend by die Universiteit van Kaapstad aan die brand gesteek, het RSG berig. ‘n Woordvoerder vir die Universiteit van Kaapstad, Patricia Lucas, sê ‘n koshuis op die Laer-kampus naby die vier brandende voertuie moes as voorsorgmaatreël ontruim word. Niemand is beseer nie. Dit volg ná ‘n soortgelyke voorval gister by die
Geweeklaag omdat SA Internasionale Strafhof wil verlaat
Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon het ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy onttrekking van die Internasionale Strafhof te heroorweeg voordat die besluit oor ‘n jaar in werking tree. Die VN het bevestig dat Suid-Afrika tot dusver die enigste land is wat ‘n formele kennisgewing ingedien het om van die Statuut van
Lees verder: Geweeklaag omdat SA Internasionale Strafhof wil verlaat
Ethiopian Airlines steek SAL as grootste Afrika-lugdiens verby
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat voor die revolusie een van die bes bestuurde lugdienste ter wêreld was, maar tans aanhoudende verliese ly, is verlede jaar deur Ethiopian Airlines as die grootste lugredery in Afrika verbygesteek. Die jongste uitgawe van die Britse Economist bevat ‘n lowende artikel oor Ethiopian, maar vermeld oor SAL: “Suid-Afrika se nasionale
Lees verder: Ethiopian Airlines steek SAL as grootste Afrika-lugdiens verby
Stormwinde waai plakkershutte weg
Die Vrystaat en Limpopo is deur stormwinde gelooi wat plakkershuise weggewaai het. Deneysville in die Vrystaat, is deur die erge storms getref wat ongeveer 500 mense oor die naweek dakloos gelaat het en die munisipaliteit het sakeondernemings gevra om hulp te verleen. Die storm het oornag Sondag gewoed. Volgens die woordvoerder by die Metsimaholo-munisipaliteit, is
Daggaboer in gegoede buurt vasgetrek
‘n Verdagte, wat in hegtenis geneem is in verband met die kweek van daggaplante en in besit van verwerkte dagga was, het Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Provinsiale woordvoerder van die Valke, S’Fiso Nyakane, sê die Valke en lede van die polisie se Taktiese Reaksie- en Misdaadintelligensie-eenheid het ‘n 36-jarige man by sy woning
Dodetal in Kameroen-treinramp styg
Die dodetal in verlede week se treinongeluk in Kameroen het tot 79 gestyg, het die staatsmedia in die land gister berig. Owerhede in Kameroen is steeds besig om deur die wrakstukke na die oorskot van passasiers te soek. Sondag is nog 11 liggame gehaal uit die puin van die passasierstrein wat ten tyde van die
Venezuela se referendum afgestel
Wetgewers in Venezuela is woedend oor ‘n besluit deur die verkiesingsowerhede om voorbereidings vir ‘n referendum te staak en sê daar is ‘n “aftakeling van grondwetlike orde” aan die orde van die dag. Die aankondiging is tydens ‘n noodsitting oor die ekonomiese en politieke krisis in die olieryke Suid-Amerikaanse land gemaak. Die sitting is vir
Hillary maak asof sy gewen het terwyl Trump voorloop
Volgens die jongste meningspeiling van IBD/TIPP loop die Amerikaanse presidensiële kandidaat, Donald Trump, voor. Hy het die voortou geneem met 2 persentasiepunte teen die Demokratiese kandidaat, Hillary Clinton. Volgens die peiling het Clinton se gewildheid onder belangrike kiesergroepe gedaal omdat sy opgehou het met stemwerwing en optree asof sy reeds gewen het. Hillary is ver
Lees verder: Hillary maak asof sy gewen het terwyl Trump voorloop
SA glo toegerus vir nuwe kernsentrales sê Eskom
Suid-Afrika is goed toegerus om kernkragsentrales te hê en het ‘n kernveiligheidskultuur met Koeberg wat veilig bedryf is vir meer as 32 jaar, het Eskom gister gesê. Die prestasie van die Koeberg-kragstasie was ook konsekwent een van die sterkstes in Eskom se vloot van kragstasies, het die semistaatsinstelling in ‘n verklaring gesê wat duidelik daarop
Lees verder: SA glo toegerus vir nuwe kernsentrales sê Eskom
Zuma bekommerd oor sy veiligheid
Media 24 berig dat president Jacob Zuma nou deur die polisie se spesialis taakmag-eenheid én swaar gewapende weermagsoldate opgepas gan word. Dit is glo ‘n aanduiding dat daar kommer heers oor sy veiligheid. Rapport het berig dat die nuwe veiligheidspersoneel beteken dat Zuma se motorgevolg nou gereeld uit meer as 20 voertuie en motorfietse bestaan.
