Rooi waarskuwing vir dele van China uitgereik

China het inwoners oor ’n groot deel van die noorde van die land gewaarsku om voor te berei vir ’n golf versmorende lugbesoedeling wat oor die naweek verwag is. Beijing is die ergste geteister en ’n sogenaamde “rooi waarskuwing” is vir die tweede keer in die land se geskiedenis uitgereik, het Reuters berig. Die lugbesoedeling

Lees verder: Rooi waarskuwing vir dele van China uitgereik

NAVO skrik vir Spaanse verkiesingsuitslag

Spanje se eerste minister, Mariano Rajoy, gaan sukkel om aan bewind te bly nadat sy ­konserwatiewe party hul meerderheid in ’n verkiesing verloor het politieke versplintering die kieserlandskap herrangskik het. Nuwe partye het ‘n einde aan dekades van ’n twee-­party bewind aangekondig. Die Spaanse regering het voorheen ondersteuning vir die omstrede anti-Europese Atlantiese Handels- en

Lees verder: NAVO skrik vir Spaanse verkiesingsuitslag

Bob glo deur paleisrewolusie vervang

Die leier van die opposisie in Zimbabwe, Morgan ­Tsvangirai, het Maandag gesê die president is deur ‘n paleisrewolusie vervang. Met pres. Robert Mugabe (92) se instemming het sy vrou, Grace, glo intussen ongemerk as staats­hoof oorgeneem. Grace Mugabe (50), lei Zanu-PF se vroueliga. “Grace Mugabe het met ‘n paleisrewolusie oorgeneem en die regering het nie

Lees verder: Bob glo deur paleisrewolusie vervang

Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron

‘n Wegholveldbrand het Maandag duisende hektaar weidinggrond in die Zastron-distrik verwoes asook die bekende Aasvoëlberg-buitelugsentrum vernietig, het OFM berig. Voorsitter van die Zastron Brandbeskermingsvereniging, Steyn van Ronge, sê ‘n brand wat vermoedelik deur lede van ‘n inisiasieskool in die gebied begin is, het weens matige tot sterk winde vinnig na die suide van dié Vrystaatse

Lees verder: Wegholveldbrand rig groot skade aan by Zastron

Twee tieners vermis by Heroldsbaai

Twee tieners word vermis nadat hulle vanoggend by Heroldsbaai naby George deur branders van rotse af geslaan is. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê die voorval het by ‘n plek wat plaaslik as Voëlklip bekend staan, gebeur. Pojie sê ‘n 29-jarige man en twee 14-jarige seuns het gaan visvang toe hulle deur branders van die rotse

Lees verder: Twee tieners vermis by Heroldsbaai

Geweld teister Djiboeti

’n Opposisiegroep in Djiboeti sê minstens 19 mense is in botsings met die polisie dood, het Reuters berig. Die onluste het uitgebreek toe mense godsdienstige vieringe gehou het. Die regering hou vol net nege mense is in die onluste beseer. Teenstrydige berigte maak dit moeilik om vas te stel presies wat Maandag in die klein

Lees verder: Geweld teister Djiboeti

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Hanskakiebedrywighede

“Hanskakie” is ‘n “minagtende benaming vir ‘n Afrikaner wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog [1899-1902] na die Britse kant oorgeloop het” (HAT). Die voor die hand liggende vraag is: Is so iemand werklik ‘n Afrikaner of bloot ‘n Afrikaanssprekende? Die term “hanskakie” is egter ook toepaslik op ons huidige situasie waar Afrikaanssprekendes die leiding in die

Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Hanskakiebedrywighede

Dan Roodt: Suid-Afrika behoort ‘n toesighoudende Afrikanersenaat te hê

Voor ek dié artikel in die New York Times getwiet het, het ek gedink aan Suid-Afrika se politieke penarie. The French Literati and the Arab World Do a Complicated Dance https://t.co/KQCiPZV52m — Dan Roodt (@danroodt) December 23, 2015 Al vier die bogaande Franse romans stel ‘n ander wêreld voor, soms ‘n baie negatiewe wêreld soos

Lees verder: Dan Roodt: Suid-Afrika behoort ‘n toesighoudende Afrikanersenaat te hê

Drie verskyn wat kind glo verkoop

Drie swart vroue wat glo ‘n eenjarige kind vir R5 000 wou verkwansel het Maandag vlugtig in die landdroshof in Nelspruit (Mbombela) verskyn. Die drie is verlede week deur lede van die Valke in Springs in hegtenis geneem. Reginah Ndlovu (25), die kind se ma en ‘n 18-jarige medepligtige, Nomthandazo Nkuna, is nie gevra om

Lees verder: Drie verskyn wat kind glo verkoop

SAL-aanvaar Nene-plan op die nippertjie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ter elfder ure besluit om die Airbus-transaksieplan te aanvaar. Die plan is soos dié een wat deur die voormalige minister van Finansies Nhlanhla Nene, goedgekeur is. Die lugdiens het die Tesourie ingelig dat sy raad gestem het soos in Julie toe Nhlanhla Nene die plan goedgekeur het. Die lugdiens het sodoende

Lees verder: SAL-aanvaar Nene-plan op die nippertjie