deur André Olivier Vergeet maar van die Chinese inval wat die motormark aanbetref. Ja, hulle is op pad, maar nog geensins naby genoeg om die bestaande vervaardigers soos Toyota, Nissan, Renault of Volkswagen die skrik op die lyf te jaag nie. Die Koreane is ‘n heel ander saak. Ons almal onthou nog die lelike goedkoop
Onwettige immigrante in Australië en Suid-Afrika
deur Leon Lemmer Tydens my laaste besoek aan Londen het die groot getal immigrante uit die Indiese subkontinent en die Wes-Indiese Eilande my opgeval. ‘n Vriendin wat onlangs in Italië vakansie gehou het, noem dat talle van die besighede, bv restaurante, in Venesië deur Chinese oorgeneem is. Harvey Sachs verwys in sy boek oor Beethoven,
Lees verder: Onwettige immigrante in Australië en Suid-Afrika
Franse skeidsregter bederf kampioenskapswedstryd
Die Franse skeidsregter van vanoggend se rugby-kampioenskapswedstryd op Eden Park in Auckland tussen die Springbokke en die All Blacks, het die toets bederf toe hy vier geelkaarte uitgedeel het. Die Springbokhaker, Bismarck du Plessis, is van die veld af gestuur toe hy ‘n tweede geelkaart van Romain Poite gekry het, met kommentators en rugbylui wat
Lees verder: Franse skeidsregter bederf kampioenskapswedstryd
Inligtingswet moet binne ses weke hersien word
Die parlement het ‘n spertyd van ses weke gestel vir die hersiening van die wetsontwerp oor die beskerming van staatsinligting. “Die ad hoc komitee moet teen 31 Oktober verslag doen aan die Nasionale Vergadering,” lui ‘n parlementêre verklaring. ‘n Kommitee van 12 lede sal nou voorleggings aanvra en verhore hou. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum het
Jong rugbyspeler verdrink in Oos-Londen
‘n Jong rugbyspeler is dood, nadat hy Vrydag saam met agt van sy spanmaats by die Nahoon-riviermond in Oos-Londen deur ‘n sterk stroom meegesleur is. Craig Lambinon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die spelers was vermoedelik van die Noord-Wes Luiperds se o.19- en -21-spanne wat ná ‘n wedstryd strand toe gegaan het.
Drie kinders dood in yskas gevind
Die liggame van drie swart kinders is in ‘n ou yskas in Atamelang in die Noordwes-provinsie gevind. Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, sê die kinders, tussen drie en vyf jaar oud, is Donderdag laas gesien toe hulle buite gespeel het. “Die kinders se ouers en gemeenskapslede het na hulle gesoek, maar sonder sukses.” Molale het gesê
VSA, Rusland bereik ooreenkoms oor Siriese wapenvoorraad
Die VSA en Rusland het ooreengekom dat Sirië inspekteurs toegang tot alle chemiese wapens moet gee voordat dit vernietig word. ‘n Raamwerk wat die vernietiging of verwydering van Sirië se chemiese wapens teen die middel van 2014 is deur albei lande aanvaar. Die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lawrof en sy Amerikaanse eweknie, John
Lees verder: VSA, Rusland bereik ooreenkoms oor Siriese wapenvoorraad
Dringende aansoek na intimidasie by vulstasies
Die Brandstof Kleinhandelaarsvereniging het aansoek om ‘n dringende interdik gedoen ná voorvalle van intimidasie teen nie-stakende werkers in die brandstof- en motorverwante bedrywe. Volgens die vereniging was daar gister alleen 20 voorvalle. Vroeër die week is twee fotograwe ook aangerand. Die vakbond, SATAWU in die Vrystaat sê vragmotorbestuurders wat brandstof by vulstasies aflewer word aangeval.
Klopjag op Mandela-fonds in die kiem gesmoor
Senior polisiebeamptes het ‘n beplande klopjag op liefdadigheidsorganisasies wat met oudpres. Nelson Mandela verbind word, in die kiem gesmoor, berig die Mail & Guardian. Hoëvlak-polisiebeamptes was glo bekommerd dat die klopjag op die Nelson Mandela-stigting, die –kinderfonds, en die –trust, verleentheid sal veroorsaak. ‘n Brief van die Valke is daarna onder meer na Mandela se
‘Ek sal Papenfus doodmaak’
Die polisie se woordvoerder, luitenant-kolonel André Traut, het gesê die polisie het geen rekords van dreigemente wat teen ene Carina Papenfus van die Freedom Trust of die Engelbrechts gerig is nie. Papenfus, wat ‘n voormalige geestespasiënt van die Lentegeur Psigiatriese Hospitaal is, het haar as ‘n “verontregte” plaaswerkerseun, Flippie Engelbrecht, se beskermer aangestel. Sy is vroeër
