Die liggame van drie swart kinders is in ‘n ou yskas in Atamelang in die Noordwes-provinsie gevind.
Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, sê die kinders, tussen drie en vyf jaar oud, is Donderdag laas gesien toe hulle buite gespeel het.
“Die kinders se ouers en gemeenskapslede het na hulle gesoek, maar sonder sukses.”
Molale het gesê die oupa van een van die kinders het die lyke Vrydag in die yskas gevind.
Niemand is in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Dit is nie bekend gemaak of die kinders versmoor het en of daar vuilspel vermoed word nie. – Sapa
