Nigerië stel generaal aan wat glo massamoord pleeg

Amnestie Internasionaal sê Nigerië het weer ’n generaal-­majoor aangestel wat by massamoord betrek is. Volgens die organisasie onderskryf dit die regering se “monumentale mislukking” om die gebrek aan straf vir oorlogsmisdade uit te wis. Die organisasie wat in Londen gebaseer is, het verlede jaar gevra dat nege senior bevelvoerders, ingesluit generaal-majoor Ahmadu Mohammed, ondersoek word

Lees verder: Nigerië stel generaal aan wat glo massamoord pleeg

Vrou steeds kritiek na swart aanvallers boer skiet

Twee swartes sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die moord op ‘n boer van Rouxville, dr Bennie Cilliers. Cilliers en sy vrou, Cecilia, is Donderdag aangeval op hul plaas buite Rouxville. Cecilia verkeer steeds in ‘n kritieke maar stabiele toestand in die waakeenheid van die Mediclinic in Bloemfontein. Sy is

Lees verder: Vrou steeds kritiek na swart aanvallers boer skiet

Britse vlieënier deur stropers doodgeskiet

Drie mense is in hegtenis geneem oor die moord op ‘n Britse helikoptervlieënier deur olifantstropers in Tanzanië. Die voorval het in die Maswa-wildreservaat gebeur. Die mans is Sondag deur die polisie aangekeer weens die moord op Roger Gower, het die Agence France Presse (AFP) nuusagentskap berig. ‘n Suid-Afrikaner is ook in die aanval gewond. Gower,

Lees verder: Britse vlieënier deur stropers doodgeskiet

ANC sleep DA se Trollip voor MRK

Die ANC gaan ‘n klagte by die Menseregtekommissie indien teen die familie van die DA se burgemeesterskandidaat vir die Nelson Mandelabaai Metropool, Athol Trollip, het RSG berig. ‘n Woordvoerder, Zizi Kodwa beweer die familie het plaaswerkers se regte geskend toe hulle in Bedford in die Oos-Kaap vir hulle gewerk het. Kodwa sê die werkers het

Lees verder: ANC sleep DA se Trollip voor MRK

Mugabe se aanvalle op wittes raak feller

Die uittredende AU-voorsitter, Robert Mugabe het die VN by die Afrika-beraad gekritiseer en gesê die Veiligheidsraad stel slegs daarin belang om witmense in sleutelposisies aan te stel. Die Zimbabwiese president het Saterdag ‘n staande ovasie deur sy swart eweknieë in Addis Abeba, Ethiopië, ontvang vir sy jongste aanval op wittes. Hy het afgesluit met meer

Lees verder: Mugabe se aanvalle op wittes raak feller

Ivoorkus-leier se verhoor kan tot nuwe spanning lei

Die voormalige president van die Ivoorkus, Lau­rent Gbagbo, het op die eerste dag van sy verhoor in die Internasionale Strafhof (ICC) skuld op alle aanklagte teen hom ontken. Gbagbo het gesê hy is steeds die slagoffer van “neokoloniale inmenging” deur Frankryk. Die verhoor kan tot hernude spanning in die Ivoorkus lei waar Gbagbo steeds gewild

Lees verder: Ivoorkus-leier se verhoor kan tot nuwe spanning lei

Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref

Die lyk van dr. Steyn Steenekamp is op sy plaas in die Mooinooi-omgewing op Sondag, 31 Januarie 2016 ontdek. Na verneem word was sy hande en voete vasgebind en hy was reeds ‘n paar dae oorlede. Sy voertuig, ‘n wit bakkie, word steeds vermis. Dr. Steenekamp, opgelei as predikant en ook in die sosiale wetenskappe,

Lees verder: Vryheidsliewende predikant dood op sy plaas aangetref

Geen vredesmag vir Burundi nie, sê AU

Die Afrika-unie (AU) sal nie ‘n vredesmag na die beleërde Burundi stuur tensy die regering in Bujumbura daartoe instem nie, het dié unie se spesiale verteenwoordiger vir die streek gister aan die Franse radiodiens RFI gesê. Burundi is gekant teen die AU se voorgestelde vredesending van 5 000 lede en sê ‘n ontplooiing van troepe

Lees verder: Geen vredesmag vir Burundi nie, sê AU

Leon Lemmer: Amy Chua oor ‘markoorheersende minderhede’

Amy Chua (gebore in 1962) is ‘n etniese Chinees en die dogter van ‘n Filippyn wat in Amerika studeer en ‘n hoogleraar in rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Kalifornia te Berkeley geword het. Van jongs af het haar Chinese ouers haar gedryf om in bv wiskunde en klavier te presteer. Sy het regte aan Harvard-universiteit

Lees verder: Leon Lemmer: Amy Chua oor ‘markoorheersende minderhede’

Gareth Cliff wen dringende hofsaak teen Naspers se M-Net, bly Idols-beoordelaar

M-Net, die televisiefiliaal van die magtige Naspersgroep, het hul dringende hofgeding met die aanbieder Gareth Cliff verloor en moet sy regskoste betaal, asook hom heraanstel as “Idols”-beoordelaar. Sy swart advokaat, Dali Mpofu, het in die hof aangevoer dat Cliff “afgedank is omdat hy ‘n blanke is”. Hiermee het Mpofu M-Net se beskuldigings van “rassisme” jeens

Lees verder: Gareth Cliff wen dringende hofsaak teen Naspers se M-Net, bly Idols-beoordelaar