Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het ‘n beroep op die voormalige polisiehoof , Bheki Cele gedoen om die “warm lug” rondom die beweerde moordlys te verduidelik waar senior offisiere geteiken word. “Hy moet verduidelik waar hy hierdie dinge kry en rondgaan en dinge oor lyste sê ,” het hy gesê. Mthethwa het gister in
Arm provinsies behaal beste matriekslaagsyfer
Die lang wedywering tussen Gauteng en die Wes-Kaap om die hoogste slaagsyfer is deur die Vrystaat getroef, gevolg deur Noordwes. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga het gister aangekondig dat die algehele slaagsyfer het gestyg tot 78,2 %, van 73,9 % in 2012. President Jacob Zuma het gesê die verbeterde slaagsyfer beteken die klas
‘Uit die volksmond’
deur Willem de Jager, Sendai, Japan. Sondag merk ek ‘n interessante ontwikkeling in die briewekolom van Rapport op. In sy brief uit Suid-Korea, “Wat ‘n vriend het ons in FW”, reken Pieter Reynecke dat Afrikaners nou “skielik” vry is en bedank hy “oom” FW en Madiba vir daardie vryheid. Hy merk dat Afrikaners “van die
Slovo se dood herdenk
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herdenk vandag by die Avalon-begraafplaas in Soweto die dood van sy voormalige hoofsekretaris, Joe Slovo. Hy is in 1995 ná ‘n lang stryd teen kanker oorlede. Slovo, wat die minister van behuising in die eenheidsregering was, is 19 jaar gelede oorlede. Hy het in 1942 by die SAKP aangesluit en ook in
Vier polisielede voor vir moord
Vier polisiebeamptes van Ekangala wat betrek word by die dood van die 40-jarige Boy Mahlangu, sowel as vyf gemeenskapslede wat van openbare geweld aangekla word, verskyn vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit. Die polisiebeamptes is Vrydag in hegtenis geneem. Mahlangu, ‘n motorwerktuigkundige, is na bewering op Kersdag deur die polisiebeamptes aangerand. Hulle het hom daarvan
Angolees sterf in Kaap-na-Rio seiljagvaart
Die seiljagwedvaart van Kaapstad na die eindstreep in Copacabana in Rio de Janeiro het sy eerste slagoffer geëis. ‘n Angolese man wat aan boord van die seiljag Bille wat aan die Kaap na Rio seiljagvaart deelgeneem het, is op die vaartuig dood. Die woordvoerder vir die Nasionale Seereddinginstituut, Craig Lambinon sê die man is dood
Aanlynmusiek troef CD’s
Digitale musiekverkope het het 5,7 persent in 2013 gedaal. Kundiges skryf die daling toe aan ‘n toename in aanlynmusiek. Individuele liedjies afgelaai het van 1.34 miljard in 2012 to 1.26, miljard in 2013 geval, die grootste daling sedert die bekendstelling van die iTunes Store in 2003, het die musiekbedryftydskrif Billboard berig. Albums het aansienlik beter
Mandela-fliek in Britse top-tien
Die film Mandela: Long Walk to Freedom het in Brittanje en Ierland geopen en sal na verwagting oor die R26 miljoen in sy eerste drie dae van die vrystelling inoes. Die film is gewild by die Britte en Iere en sal die naweek een van die top 10 presteerders by die Britse loket wees, het
Soennie-geweld in Irak duur voort
Bomme wat in motors en langs die pad in Bagdad ontplof het, het minstens 19 mense gedood in Irak. Die dodelikste aanval het in die hoofsaaklik Sjiïtiese gebied, Shaab plaasgevind, waar minstens 9 mense dood en 25 beseer is. Soennitiese insurgente het hul aanslae op die Irakse sekuriteitsmagte en ondersteuners van die premier, Nuri al-Maliki
Marikana-ondersoek hervat
Die Marikana Kommissie van Ondersoek sal na verwagting vanoggend hervat word ná ‘n maandlange reses. Verlede maand het Brigadier Adriaan Calitz van die polisie getuig. Hy het getuig oor of die polisie uit noodweer opgetree het toe hulle in 2012 op die stakende mynwerkers geskiet het. Vier-en-dertig myners is in die skietery dood. Die regsverteenwoordiger van die
