Die seiljagwedvaart van Kaapstad na die eindstreep in Copacabana in Rio de Janeiro het sy eerste slagoffer geëis.
‘n Angolese man wat aan boord van die seiljag Bille wat aan die Kaap na Rio seiljagvaart deelgeneem het, is op die vaartuig dood.
Die woordvoerder vir die Nasionale Seereddinginstituut, Craig Lambinon sê die man is dood toe die jag se hoofmas megegee het.
Drie ander bemanningslede het ernstige beserings opgedoen tydens stormagtige seetoestande.
Volgens Lambinon is nog seiljagte beskadig in die stormsterkte wind van sowat 200 kilometer van die Kaapse kus gewoed het.
Die beskadigde seiljagte is tans onderweg terug na Saldanhabaai vir herstel.
Die vloot van 35 seiljagte het Saterdagmiddag uit die Tafelbaaise hawe vertrek vir die wedvaart na Rio de Janeiro in Brasilië.
Met inskrywings uit Italië , Australië , Duitsland , Frankryk , Kroasië, Gibraltar , die Verenigde Koninkryk en Angola, is dit ‘n internasionale wedvaart. Die vloot van Suid-Afrika en Indië het ingeskryf , asook die Royal Naval Sailing Association.
Die regerings van Brasilië en Angola steun ook die wedvaart.
Dit het destyds drie weke geneem om die wedvaart te voltooi; vandag is die rekord ‘n indrukwekkende 12 dae , 16 uur en 49 minute.
