Angolees sterf in Kaap-na-Rio seiljagvaart

billeDie seiljagwedvaart van Kaapstad na die eindstreep in Copacabana in Rio de Janeiro het sy eerste slagoffer geëis.

‘n Angolese man wat aan boord van die seiljag Bille wat aan die Kaap na Rio seiljagvaart deelgeneem het, is op die vaartuig dood.

Die woordvoerder vir die Nasionale Seereddinginstituut, Craig Lambinon sê die man is dood toe die jag se hoofmas megegee het.

Drie ander bemanningslede het ernstige beserings opgedoen tydens stormagtige seetoestande.

Volgens Lambinon is nog seiljagte beskadig in die stormsterkte wind van sowat 200 kilometer van die Kaapse kus gewoed het.

Die beskadigde seiljagte is tans onderweg terug na Saldanhabaai vir herstel.

Die vloot van 35 seiljagte het Saterdagmiddag uit die Tafelbaaise hawe vertrek vir die wedvaart na Rio de Janeiro in Brasilië.

Met inskrywings uit Italië , Australië , Duitsland , Frankryk , Kroasië, Gibraltar , die Verenigde Koninkryk en Angola, is dit ‘n internasionale wedvaart. Die vloot van Suid-Afrika en Indië het ingeskryf , asook die Royal Naval Sailing Association.

Die regerings van Brasilië en Angola steun ook die wedvaart.

Dit het destyds drie weke geneem om die wedvaart te voltooi; vandag is die rekord ‘n indrukwekkende 12 dae , 16 uur en 49 minute.

4 thoughts on “Angolees sterf in Kaap-na-Rio seiljagvaart”

  1. Lees ek die berig korrek? “Dit het destyds drie dae geneem om die wedvaart te voltooi; vandag is die rekord ‘n indrukwekkende 12 dae , 16 uur en 49 minute.” Dit neem dan nou, volgens die berig, baie langer om die rit te voltooi!

  2. As ek die woord “Rio-wedvaart” lees of hoor, dink ek altyd terug aan die vroeë dae van televisie toe die eerste dames-nuusleser die aand die nuus moes lees. Sy was ‘n blondie en toe sy “Rio” moes lees, lees sy “Tien rand-wedvaart.” Dit was die laaste keer dat sy nuus gelees het. Miskien is daar ander wat die betrokke nuusuitsending kon onthou?

    1. Gert jy het my so lekker laat lag en ver laat onthou. In Potchefstroom is daar n baie bekende kafee – wat die heerlikste vis gebak het, wie se naam ook Rio is – en tot my kinders se groot frustrasie het ek ook altyd van die R10 kafee gepraat (moedswillig om hulle te versondig veral as hulle maatjies saam met hulle gehad het). Ons het ondermeer ook n 19 Heer-help-my-vorentoe Datsun bakkie gehad – die dag wat my man bestellings gaan aflewer oppad
      werk en skool toe – moes hy altyd so n blok van die hoërskool af die kinders in
      opdrag van die hulle twee af gelaai het. Ek het gereeld vir hulle gelag as
      hulle so dikmond in die ou bakkie moes inklim op die aflewerings dae. Ai die
      brose ego’s van die kinders.

Maak 'n opvolg-bydrae