Vier polisiebeamptes van Ekangala wat betrek word by die dood van die 40-jarige Boy Mahlangu, sowel as vyf gemeenskapslede wat van openbare geweld aangekla word, verskyn vandag in die landdroshof op Bronkhorstspruit.
Die polisiebeamptes is Vrydag in hegtenis geneem.
Mahlangu, ‘n motorwerktuigkundige, is na bewering op Kersdag deur die polisiebeamptes aangerand.
Hulle het hom daarvan beskuldig dat hy ‘n onpadwaardige voertuig gery het. Hy is later by ‘n plaaslike kliniek oorlede.
Die voorval het woede by die plaaslike gemeenskap ontlok, wat die polisie daaroor gekonfronteer het.
Vyf mense is tydens die konfrontasie in hegtenis geneem. – RSG

Wat anders kan n mens verwag van n derdewereld regering met 6de wereld polisiemag.
Ek wonder ook, het al 4 polisiebeamptes voor in die vangwa gesit, met net die 40-jarige Boy agter … en het dit werklik 4 konstabels gekos om 1 persoon te arresteer ?
SNERT !
NS: Die identiteite van die onderskeie lede behoort baie interessant te wees.
Omkoopgeld is nie betaal nie.
Einde van storie.