
Digitale musiekverkope het het 5,7 persent in 2013 gedaal.
Kundiges skryf die daling toe aan ‘n toename in aanlynmusiek.
Individuele liedjies afgelaai het van 1.34 miljard in 2012 to 1.26, miljard in 2013 geval, die grootste daling sedert die bekendstelling van die iTunes Store in 2003, het die musiekbedryftydskrif Billboard berig.
Albums het aansienlik beter in 2013 gevaar , met die verkope wat net ‘n klein daling van 0,1 persent tot 117.6 eenhede gesien het.
Die opkoms van advertensie-ondersteuning en betaalde aanlynmusiek wat beskikbaar is vir ‘n gemiddeld van 10 dollar per maand het tot die daling bygedra.
Kenners het gesê dat die groei in inkomste in sogenaamde “streaming” vergoed het vir die afname in die musiekaflaaie.
Intussen het die plaaslike vraag na musiek op CD skerp gedaal.
Musiek wat van die internet afgelaai word, is die formaat wat die beste in Suid-Afrika vaar.
Die herlewing van vinielplate en draaitafels dra ook tot die daling in CD-verkope wêrelwyd by.
Kenners meen die CD se toekoms lyk droewig met CD-verkope wat verlede jaar met sowat 36% gedaal het.

Ek het voor Kersfees ‘n CD gesoek as geskeng vir ‘n familielid – dit was onverkrygbaar in die groter Pretoria – Ek moes dit maar aanlyn bestel. Dit musiek wat ek graag luister is net nie meer op die rakke beskikbaar nie.
Dit is so. Ek verkies “Southern Rock” en Blues, maar by Musica en kie en die ander is dit net die ou uitgeluisterde twak. Ek vra een van Musica se minimumloon werkers wat Stairway to heaven is, hy tune my “ek sal dit gou opsoek, oom.” Ek dink hy moet geskiet word, meen, hy wek in ‘n musiekwinkel en weet nie wat Stairway to heaven is nie? Toe my ou held JJ Cale laat in laasjaar sterf soek ek “Road to Escondido” vir ‘n vriend wat na die musiek begin luister het, maar Musica en kie het dit nie, toe help die aanlynwinkel Loot my. Probeer vir die gewone musiekwinkels vra vir Molly Hatchett, dan stamp hulle deur. Die Musica in die Kaapse Waterfront het egter ‘n ou wat WEET en die musiek kan jy daar kry, maar hulle is baie duur en dan moet ek nog ver soheentoe ry en met die prys van petrol, ek meen, julle weet wat ek bedoel, dan is LOOT, Kalahari en Amazon BAIE goedkoper.
Die boeke wat ek soek is dieselfde as die musiek waarna ek luister Ek probeer nie eers meer die boekwinkels nie, maar gaan reguit aanlynwinkels toe. My laaste avontuur was die boeke “Mohamed and Charlemagne” en “Poitiers AD 732”, so, nou kan ek swaar Rock luister terwyl ek lees hoe Charles die Hammer vir Abu Said Abdul Rahman ibn Abdullah ibn Bishr ibn Al Sarem Al ‘Aki Al Ghafiqi (sjoe) by Tours afgestof het. En net aanlynwinkels kon dit vir my kry.
Gelukkig is al hierdie musiek vrylik te verkry op Youtube !
http://youtu.be/rTVjnBo96Ug
Ek ken Otis goed (Ek kan hierdie liedjie ook op die kitaar speel), maar die kwaliteit van die musiek op Youtube is net nie goed genoeg nie, so ook die grootste meerderheid van mp3’s. Die mp3’s wat jy op die internet kan kry (soos met torrents, maar moet niks sê nie, hoor) is so gemaak dat baie van die klank afgesny word en dit klink of die goed in ‘n blik gespeel word, dit kan tot ‘n mate met Audacity verbeter word, maar dis maar power.