Watervlakke in damme wat die eThekwini munisipaliteit bedien, is op kritieke lae vlakke. Die munisipale woordvoerder, Thabo Mofekeng het ‘n beroep op inwoners gedoen om water te spaar. Die watervlak in die Hazelmere-dam het drasties afgeneem, wat dié stappe noodsaak. Die dam is die hoofbron van water vir gemeenskappe in die omgewing. Die munisipaliteit het
Geleentheidsvenster om ebola te stuit krimp
Met die oog op bekamping van die wêreldwye dodelike ebola-virussiekte, het Nasionale Hawe-owerheid van Suid-Afrika verklaar dat hulle veiligheidsmaatreëls verskerp het. Dié stap is geneem om personeellede by agt hawens te beskerm teen die virus wat deur inkomende vaartuie en hulle bemanning die land mag binnekom. Die Hoof Hawemeester, Rufus Lekala, sê hulle werk saam
Groen-aanbieder verras deur Rwanda
Dave Pepler is die aanbieder ‘n natuurprogram Groen, op TV. Hy skryf uit Rwanda: Hulle president in Rwanda, sê die mense met trots, wil hê hulle moet gesond wees deur baie groente te eet. Geen oorgewigprobleme nie en baie min diabetes. Geen outomatiese besproeiing, slegs leivore waaruit die kinders ritmies per plastiekemmer die lande natmaak.
Mosambiek stem
Mosambiekse diplomate sê alles is gereed vir Mosambiekers in Suid-Afrika om in vandag se verkiesing te gaan stem, het RSG berig. Dit is die land se vyfde demokratiese presidensiële en parlementêre verkiesing sedert 1994. ‘n Woordvoerder van die Mosambiekse Konsulaat in Mbombela, Nercia Sambo sê daar is 32 stemlokale in Mpumalanga en Limpopo. Inligting oor
Nuwe SEB-teikens teen wit ondernemings gemik
Klein wit sake-ondernemings sal benadeel word deur die nuwe reëls vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB), want volgens ontleders, sal dit moeilik wees vir die meeste van hulle om te voldoen daaraan. Die departement van handel en nywerheid het Vrydagmiddag die tweede stel gewysigde bemagtigingskodes vanjaar ingevolge die Wysigingswet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging vir kommentaar
Motoronderdelebedryf ondersoek
Meer as 80 motorkomponentvervaardigers word ondersoek vir ‘n beweerde samespanning om pryse vas te stel en die mark die afgelope 14 jaar te manipuleer. Die Mededingingskommissie het Maandag gesê die ondersoek is geloods toe een van die maatskappye in die kartel hulle genader het om vervolging vry te spring in ruil vir inligting. Die kommissie
Beleërde SAUK-voorsitter klou aan haar pos
Die voorsitter van die SAUK-raad, Zandile Tshabalala sal na verwagting vandag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie verskyn oor die wanvoorstelling van haar kwalifikasies. Tshabalala het intussen gekla dat die portefeuljekomitee haar onregverdig behandel omdat die SAUK besprekings oor die kwessie uitsaai. Sy ’n brief aan die portefeuljekomitee se voorsitter, Joyce Moloi-Moropa, gekla oor haar
ANC verkies brandstofheffing ipv etol
Die ANC in Gauteng kom vandag aan die beurt om sy standpunt te stel oor die omstrede etol-stelsel op die provinsie se hoofweë, het RSG berig. Die party sal voor die hersieningspaneel verskyn wat deur die Gautengse premier, David Makhura aangestel is. Die paneel ondersoek die sosio-ekonomiese impak van die stelsel op inwoners. Die ANC
Nuwe anti-Amerikaanse lede vir Veiligheidsraad
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies sal Donderdag bykomende lede verkies vir vyf setels in die raad van 15 lede. Die 193 lede van die Algemene Vergadering sal die nuwe lede aanwys wat op 1 Januarie 2015 hul poste sal opneem. Die verkose lande sal aansluit by die vyf permanente lede, Brittanje, China, Frankryk, Rusland
Jaarlikse voertuigdiefstal beloop R8,5mjd in SA
Sowat R8,5 miljard se voertuie is verlede jaar in Suid-Afrika gesteel. Van die 66 360 motors wat verlede jaar gesteel is, was 15% die gevolg van motorkapings, het die Suid-Afrikaanse buro vir versekeringsmisdaad (Sabic) Maandag gesê. Sowat R5 miljard se motors wat gesteel is, is land-uit geneem, het Hugo van Zyl, uitvoerende hoof van die
Lees verder: Jaarlikse voertuigdiefstal beloop R8,5mjd in SA
