Die eertydse minister van Finansies, Pravin Gordhan sal Maandagoggend om tienuur vir ‘n tweede keer in sy pos ingehuldig word. Die huidige minister, David van Rooyen word na Gordhan se ou portefeulje, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verskuif. Gordhan was voorheen minister van Finansies van Mei 2009 tot Mei 2014. President Jacob Zuma se aankondiging
ANC-lid voor vir moord op sy vrou
‘n Senior beampte van die Tokologo-munisipaliteit op Boshof in die Vrystaat en ANC-lid sal na verwagting vandag in die landdroshof op Bloemfontein verskyn in verband met die moord op sy vrou. Dit nadat sy saak teen die 33-jarige Maphobole Maphobole van die Winburg-landdroshof na Bloemfontein oorgeplaas is. Volgens Vrystaat polisiewoordvoerder Ian Gaobepe, het Maphobole na
Dan Roodt: Leopold Scholtz die antifa ontdek ‘regse gevaar’ in Frankryk
Leopold Scholtz is, soos Kallie Kriel van Soliforum en ‘n paar ander, bekend as ‘n “anti-rassistiese” stryder. Die hele Westerse kultuur is deurdrenk van rassisme en “die patriargie”, dus besoedel hulle hul nie graag daarmee nie. Dit lei dan logies tot die volgende: hoe minder jy van Westerse kultuur (tale, filosofie, musiek, opera, kuns, geskiedenis
Lees verder: Dan Roodt: Leopold Scholtz die antifa ontdek ‘regse gevaar’ in Frankryk
Leon Lemmer: Heindrich Wyngaard: Koop bruin mense se steun vir Afrikaans
Heindrich Wyngaard is tydens die redakteurskap van Henry Jeffreys (2006-2011) tot politieke redakteur van Die Burger verhef. Toe Jeffreys se redakteurskap summier beëindig is, was dit ook die einde van die buitensporige bevoordeling van bruin joernaliste aldaar. Wyngaard het spoedig ‘n staatsdienspos verkies. Toe die Universiteit Stellenbosch (US) tydens die rektorskap van Russel Botman (2007-2014)
Lees verder: Leon Lemmer: Heindrich Wyngaard: Koop bruin mense se steun vir Afrikaans
Turkse premier prys Facebook-stigter Zuckerberg
Die Turkse president Erdogan het Donderdag die stigter van Facebook, Mark Zuckerberg geprys vir die klem wat Zuckerberg plaas op die verskil tussen Islam en terreur. Hy het ‘n boodskap aan die miljardêr gestuur ter ondersteuning omdat hy Moslems teen diskriminasie beskerm. Erdogan, wat voorheen gedreig het om Facebook te verbied in sy land, het
Lees verder: Turkse premier prys Facebook-stigter Zuckerberg
Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers
Premier Ace Magashule van die Vrystaat het ses splinternuwe Mercedes-Benzes aan tradisionele leiers in sy provinsie oorhandig. Volgens DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies Roy Jankielsohn, kon die R3,2 miljoen wat bestee is aan die motors slagoffers van droogte gehelp het. “In ‘n tyd waar die Vrystaat ly onder die juk van die ergste
Lees verder: Vrystaat oorhandig ses luukse sedans aan tradisionele leiers
Trump stel sy besoek aan Israel af
Die handskoene is af in die stryd tussen ‘n Amerikaanse presidentskandidaat en Israel. Politici in Israel het Woensdag hul regering gevra om Donald Trump, voorloper in die Republikeinse Party se benoemingstryd vir 2016 se presidentsverkiesing, die land te verbied. “Ek beveel aan dat teen terroriste en ekstremistiese Islam geveg word, maar ek sou nie ’n
Inisiasieskooleienaar in Welkom van moord aangekla
Die eienaar van ‘n inisiasieskool in Welkom en sy assistent sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat ‘n man by die skool dood is. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die twee mans is Woensdag in hegtenis geneem by Riebeeckstad nadat die polisie inligting ontvang het dat ‘n man by die
Lees verder: Inisiasieskooleienaar in Welkom van moord aangekla
Cosatu waarsku David van Rooyen oor kerntransaksie
Cosatu het Donderdag die nuwe minister van finansies, David van Rooyen, gemaan dat hy nie behoort voort te gaan met die staat se beplande kernkragtransaksie nie. Die Franse Areva-kerntender vir Eskom is pas deur ‘n appèlhof ter syde gestel. Volgende maand sal die reuse kernkragtender aan die Russe, onder aanvoering van Tina Joemat-Pettersson, die minister
Lees verder: Cosatu waarsku David van Rooyen oor kerntransaksie
Regbank straf Franse Areva oor Eskom-tender
Die Amerikaanse firma Westinghouse se kanse om ‘n reuse Eskom-tender te bekom het aansienlik verbeter nadat die Appèlhof ‘n tender aan die Franse kernmaatskappy, Areva, ter syde te stel het. Britse en Amerikaanse invloedsmouse het die beslissing verwelkom wat Eskom se toekenning aan Areva in die wiele ry. Die DA het gesê dit is ‘n
