Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en huidige adjunkminister van landbou, het hom van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, se uitlatings oor universiteite gedistansieer. Volgens Mulder "misbruik Nizimande die polities gelaaide woord transformasie om die verdere verengelsing van Suid-Afrikaanse universiteite te bevorder en om ’n aanval op die outonomiteit van universiteite te maak."
