Palestynse staat ‘enigste lewensvatbare oplossing’

Amerika se gesant in die Midde-Ooste, George Mitchell, het Woensdag die Palestyne verseker van die VSA se verbintenis tot 'n eie Palestynse staat.

Hy noem die instel daarvan die enigste lewensvatbare oplossing vir die heersende konflik met Israel.

Mitchell het gepraat ná 'n ontmoeting met die Palestynse leier, Mahmoed Abbas. Hy het ’n beroep gedoen op albei partye om hul verpligtings ingevolge ’n “vredespadkaart” van 2003 na te kom. Die padkaart verplig Israel om die uitbreiding van sy nedersettings te staak en die Palestyne om hul militante ondersteuners in toom te hou.

President Barack Obama van die VSA het dit duidelik gestel dat “die enigste lewensvatbare oplossing vir dié konflik is dat die twee state aan albei partye se aspirasies voldoen”, het Mitchell gesê.

Die Israelse premier, mnr. Benjamin Netanyahu, het nie Palestynse voornemens vir 'n eie staat in die openbaar goedgekeur nie. Hy sê oprigting in bestaande nedersettings in die besette Wesoewer sal voortgaan.

насос для грязнойФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae