Mosleminsurgente teiken owerhede in Noord-Kaukasi

Mans gewapen met outomatiese gewere het gister ’n gesiene regter in die Russiese republiek Ingoesetië doodgeskiet 18 maande nadat haar voorganger ook vermoor is.

Die veiligheidsituasie in die aangrensende republiek Tsjetsjnië het intussen verbeter, maar het elders in die hoofsaaklik Islamitiese Noord-Kaukasië verswak. Daar is al hoe meer aanvalle deur Mosleminsurgente op lede van die owerheid.

Regter Aza Gazgirejewa, adjunkvoorsitter van Ingoesetië se hoërhof, is in die hospitaal oorlede nadat die minibus waarin sy gereis het in die republiek se grootste dorp, Nazran, aangeval is.

Boosdoeners het vanuit ’n motor op die minibus losgebrand en ook ses passasiers gewond.

“Hierdie aanval hou verband met haar werk. Die moordenaars is nog nie aangekeer nie en ’n grootskaalse soektog na hulle duur voort,” het ’n regeringsbron gesê.

Drie vroue en ’n eenjarige kind tel onder die beseerdes.

Geweld teen die owerheid het in Ingoesetië en Dagestan toegeneem, waar armoede en regeringsoptrede ’n vrugbare teelaarde vir die werf van militantes gekweek het. Die reeds arm gebied ondervind verdere agteruitgang weens die wêreldwye resessie.

диагностика оборудованияОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae