Bona Mugabe se lyfwagte los

Hong Kong se hoofstaatsaanklaer het sy besluit om nie twee van Mugabe se lyfwagte aan te kla nie, verdedig deur te sê die twee was glo werklik besorg oor die veiligheid van Bona Mugabe, die Zimbabwiese president se dogter wat hulle moes beskerm.

Bona woon in Hong Kong waar sy aan 'n Britse universiteit in die voormalige Britse kolonie studeer. Haar lyfwagte het twee nuusfotograwe na bewering aangerand op 13 Februarie buite die $5 miljoen-villa van haar vader.

Die twee fotograwe, Colin Galloway en Tim O'Rourke, het foto's geneem vir die Britse Sunday Times wat 'n ondersoek gedoen het oor Mugabe se bande met Hong Kong. Hulle is deur 'n manlike en vroulike lyfwag te lyf gegaan. Die manlike lyfwag het Galloway aan die keel gergryp en van die grond gelig.

Die Amerikaner O'Rourke is deur die vrou aangerand. Hulle het daarna die polisie ontbied en 'n klag van aanranding is gelê, maar dit het dié week duidelik geword dat daar geen optrede teen die lyfwagte sal wees nie.

Woede oor die voorval heers nadat Mugabe se vrou Grace ook kort tevore 'n ander fotograaf, Richard Jones, aangerand het omdat hy foto's van haar inkopietog in Hong Kong wou neem.

Hong Kong se owerhede het egter aangedui dat Grace Mugabe nie aangekla sal word nie omdat sy deur diplomatieke immuniteit beskerm word.

Mapfumo Marks en Manyaira Reliance Pepukai, die twee lyfwagte, sal na verwagting na Zimbabwe terugkeer saam met die 20-jarige Bona as die universiteit se somervakansie aanbreek.

баня сауналобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae