Pieter Mulder spreek hom teen Nzimande uit

Image

Pieter Mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus en huidige adjunkminister van landbou, het hom van dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, se uitlatings oor universiteite gedistansieer. Volgens Mulder "misbruik  Nizimande die polities gelaaide woord transformasie om die verdere verengelsing van Suid-Afrikaanse universiteite te bevorder en om ’n aanval op die outonomiteit van universiteite te maak."

"As transformasie beteken die verbetering van universiteite, moet aanvaar word dat hy op daardie universiteite sal konsentreer wat tans akademies en bestuursgewys onderpresteer. Tog blyk dit dat hy in sy aanval konsentreer op die histories Afrikaanse universiteite en hulle dreig met die staat se toewysing van finansiële hulp."

Mulder meen dat " rassisme in Suid-Afrika en by universiteite bestaan", maar dat daar ook na swart-teen-wit rassisme gekyk moet word. "Waar universiteite in Suid-Afrika so getransformeer is dat meer as 90% van die studente reeds swart is, is die ervaring in die praktyk dat swart-teen-wit rassisme ’n steeds groter probleem word. Tog ignoreer die minister dit en verwys hy slegs na rassisme as hoofsaaklik ’n wit-op-swart verskynsel. Dit polariseer en bring ons nie nader aan enige oplossings nie."

Volgens Mulder is sy verwysings na die universiteit van Stellenbosch en Afrikaans, wat studente uitsluit, "niks anders as ’n verskuilde poging om die laaste paar universiteite waar Afrikaans nog as akademiese taal bestaan, te verengels nie". Die regering behoort hierdie universiteite ekstra staatshulp te gee ten einde meertaligheid te bevorder en te erken dat universiteite wat slegs Engels as voertaal het, daardeur baie studente uitsluit.

“Met die Wes-Kaap se bevolking meer as 60% Afrikaanssprekend en bruin, behoort daar geen debat oor Afrikaans as onderrigtaal aan Stellenbosch te wees nie. Met twee van die drie universiteite in die Wes-Kaap reeds Engels, het mense wat hieroor druk op die universiteit plaas, ’n deursigtige verengelsings-agenda”, het dr. Mulder voortgegaan.

Sovêr as wat minister Blade Nzimande hom daarvoor beywer dat alle belowende studente met finansiële probleme makliker toegang tot universiteite kan kry, sal die VF Plus hom daarin steun.

демисезонные куртки для девочекФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae