Lords beskerm regte van terreurverdagtes

Brittanje se hoërhuis, het gister teen die regering beslis in ’n sensitiewe saak oor die gebruik van geheime bewyse om terreurverdagtes dop te hou sonder om hulle aan te kla.

Nege regsgeleerde lords het eenparig ’n appèl gehandhaaf deur drie mans wat aangevoer het dit is ’n skending van hul regte om hulle op grond van geheime bewyse, waarvan hulle nie weet nie en wat nie in die hof betwis kan word nie, aan beheerbevele – ’n soort huisarres – te onderwerp.

Die besluit verwerp nie die gebruik van beheerbevele nie, maar dit bevraagteken wel ’n sentrale element van dié beleid.

Beheerbevele is in 2005 deur die regering ingestel en maak dit moontlik om onder meer vir tot 16 uur per dag ’n aandklokreël teen terreurverdagtes in te stel.

Menseregte- en justisie-organisasies sê só 'n bevel skend fundamentele regte en vryhede en skep die risiko dat Brittanje in ’n polisiestaat word.

Omdat die bevele steun op inligting wat deur die veiligheidsdienste ingesamel is en nie in ’n hof bekend gemaak kan word nie, veronderstel dit ook skuld sonder dat bewyse voorgelê is.

free 5 pound bet no depositФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae