Betogers in Tokio, Japan, het plakkate uit protes teen die gebruik van kernkrag opgehou. Die land se regering onderspeel die skade wat die ramp veroorsaak het. Duisende beswaardes het tydens hul optog ’n beroep op die regering gedoen om kernkrag in hul land te staak. Die optog volg op die vooraand van die vierde herdenking
Twee Moslemverdagtes vas vir Nemtsof-sluipmoord
Twee Moslemverdagtes is die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op die Russiese opposisie-figuur Boris Nemtsof (55) ’n week gelede. Aleksander Bortnikof, hoof van Rusland se federale veiligheidsdienste, het in ’n verklaring op staatstelevisie bekend gemaak dat die twee verdagtes uit die Noord-Kaukasus kom. Hy wou geen ander besonderhede bekend maak nie.
Lees verder: Twee Moslemverdagtes vas vir Nemtsof-sluipmoord
NVG ontvang dossier van Stellenbosch-moorde
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat hy ‘n dossier oor die moord op die Breda-familie van Stellenbosch ontvang het, het RSG berig. Martin en Teresa Van Breda en hulle 22-jarige seun, Rudi is in Januarie op die De Zalze-landgoed op die dorp vermoor. Die egpaar se dogter, Marli en seun, Henri het die aanval oorleef.
Vyf vas wat glo sigarette smokkel
Volgens die polisie is vyf mense in Witbank in Mpumalanga vasgetrek vir handel in onwettige sigarette. Die sigarette ter waarde van miljoene rande is in hul besit gevind. Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Vrydag ‘n wenk ontvang oor ‘n beweerde onwettige transaksie. Die polisie het gaan ondersoek instel
Swart dag vir Bult-aftree-oord
Dit was ‘n swart dag vir die Bult-aftreeoord in die Vrystaat nadat vyf bejaardes op slag dood is toe die bussie waarin hulle gery het, omgeslaan het. Twee van die beseerde inwoners van die Bult-aftreeoord op Bultfontein, wat Donderdag in ‘n ongeluk beseer is, is steeds in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein. Dit
Jan Kempdorp-vier dissiplinêr verhoor
Die vier seuns van die Hoër Landbouskool Noord-Kaap wat na bewering ‘n maat aangerand en seksueel mishandel het, sal volgende week dissiplinêr verhoor word, het die Sunday Times berig. Die vier, tussen 14 en 18 jaar oud, is al sedert 9 Februarie geskors na ‘n voorval waar ‘n 18-jarige swart kind se ontgroening op ‘n
Omstandighede by heli-ongeluk nie bekend nie
Die helikopter-vlieënier wat verongeluk het, Hendrik “Bees” Marais was glo ‘n hoogservare vlieënier. Marais moes Sondag ‘n noodlanding in Kaappunt uitvoer waar hy met brandbestryding namens Working on Fire besig was. Die omstandighede en redes waaronder Marais die noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes maak, is nie bekend nie. Evelyn Holtzhausen, woordvoerder van Working
Wintergraanprodusente maak stem dik
Wintergraanprodusente hoop om eienaarskap terug te kry om voordeel te put uit marktoestande. Gedurende die wintergraankomitee se werksessie op Bothaville vandeesweek het voorsitter Andries Theron laat weet dat tusen 80% en 85% van boere nie werklik hul gewasse besit nie. Die komitee het verder gehoor dat meer deursigtigheid nodig is ook met betrekking tot vervoer,
Beleërde Eskom wil van wittes ontslae raak
Eskom wil die aantal wit ingenieurs in sy diens verminder deur 1 081 ingenieurs en 2 179 wit ambagsmanne af te dank, volgens ‘n verslag deur ‘n arbeidskenner Jan de Lange in die Sondagkoerant Rapport. Die nuwe regeringsriglyne vereis dat die beleërde Eskom, wat slegs met regstellende aksie uitblink, hierdie twee belangrike poskategorieë transformeer om
Bordeeleienaar glo by tersiêre instelling
Vier vroue tussen die ouderdom van 31 en 40 is vandag in Fleurdal in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met prostitusie. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê een van die vroue was ook in besit van dwelms. Hulle is van KwaZulu-Natal en Gauteng. Volgens hom bedryf een van die vroue wat in hegtenis geneem is se
