Volgens die polisie is vyf mense in Witbank in Mpumalanga vasgetrek vir handel in onwettige sigarette.
Die sigarette ter waarde van miljoene rande is in hul besit gevind.
Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Vrydag ‘n wenk ontvang oor ‘n beweerde onwettige transaksie. Die polisie het gaan ondersoek instel en afgekom op vyf vragmotors wat volgelaai was met sigarette.
Volgens Hlathi is die vyf vragmotorbestuurders in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is Suid-Afrikaners en die ander drie is van Mosambiek. Die sigarette sou glo na Kaapstad vervoer word.
Die vyf verdagtes sal binnekort in die Witbank-landdroshof verskyn.

vir wat?? omdat hulle Rupert se kankerstok wet omseil het? Wat is n wettige verslawing en wat is n onwettige verslawing?…… en intussen maak die abosrsie klinieke in die land, mense dood en verkoop die fetuse vir mediese navorsing, stamsel navorsing en organe…..
Omdat hulle nie met Jan Taks wou deel nie. Belasting op kankerstokkies maak seker al meer as die helfte van die prys op. Nou is daar ‘n geleentheid vir entrepeneurs wat belastingvrye rookgoed verskaf. Dis alles die gevolg van die taks op twak wat jaar na jaar verhoog word tydens die begroting, gewoomlik onder luide applous.
Ag nee Beer, hoe sal Kort Derm dan anders sy stamselnavorsing kry?