Hierdie kortfilm speel in New York in 2023 af, in ‘n wêreld waarin daar totale tegnologiese beheer bestaan, ter wille van veiligheid. Maar sommige mense pas nie in die stelsel in nie of rebelleer daarteen en moet daarom opgespoor word. Dis ‘n film wat ‘n mens nogal aan die dink sit. Een van die karakters
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weier om in Afrikaans te kommunikeer
Die mediawoordvoerder van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Isaac Mangena, weier om in Afrikaans te kommunikeer. Hy gebruik slegs Engels, of anders antwoord hy op Noord-Sotho wanneer vrae aan hom in Afrikaans gestel word. Dr. Dan Roodt van PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het verlede jaar, asook verlede week, versoeke om inligting aan Mangena gestuur vir publikasie op
Lees verder: Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie weier om in Afrikaans te kommunikeer
Arabiese lente bring armoede, opstande
Op 17 Desember 2010, het ’n jong, desperate Tunisiese straatverkoper, Mohamed Bouazizi, hom aan die brand gesteek uit protes oor werkloosheid en polisiemishandeling, wat opstand oral in die Arabiese wêreld laat versprei het. Vyf jaar later het nog ’n jong Tunisiër, Ridha Yahyaoui, hom uit frustrasie omdat hy nie ’n werk kon kry nie, om
Brand by platinummyn eis vier
Vier mynwerkers is dood toe ’n ondergrondse brand in ’n platinummyn uitgebreek het, het die Impala-groep in ’n verklaring gesê. Die brand het Vrydag in ’n myn naby Rustenburg ontstaan en die vier werkers is deur rook en dampe oorweldig toe hulle probeer het om hul weg na veiligheid te vind, het AFP berig. Die
Siriese weermag neem belangrike jihad-bastion oor
Die Siriese weermag die laaste belangrike dorp onder jihadistiese rebellebeheer in die Latakia-provinsie, ’n bastion van pres. Bashar al-Assad, ingeneem. Die staatsmedia het ’n weermagbron aangehaal wat gesê het Siriese gewapende magte, in samewerking met milisie, het beheer van die dorp Rabia geneem. Die dorp was sedert 2012 onder beheer van ’n reeks rebellegroepe insluitende
Lees verder: Siriese weermag neem belangrike jihad-bastion oor
Sneeustorms verlam ooste van VSA
Miljoene Amerikaners moes tonne sneeu buite hul huise verwyder nadat een van die ergste winterstorms in negentig jaar die oostelike deel van die land getref het. Bykans 70 sentimeter sneeu het in Central Park in New York geval, die tweede meeste sedert daar in 1869 met rekordhouding begin is. Ten minste 18 sterftes word met
Univ. Kaapstad rig verkragtingswaarskuwing: Rhodes-gedenkteken ‘n gevaarsone
Die liberale bastion waar menige feminis daagliks wit mans uitskel, het so pas ‘n “veiligheidswaarskuwing” uitgereik dat vroue nie meer op die kampus en veral by die Rhodes-gedenkteken veilig is nie. “Ná donker is dit nie meer veilig nie,” sê die universiteit. Twee studentes is in Desember en Januarie op die kampus verkrag. ‘n Ander
Lees verder: Univ. Kaapstad rig verkragtingswaarskuwing: Rhodes-gedenkteken ‘n gevaarsone
Vier gevalle van ingewandskoors in Johannesburg
Die Gautengse departement van gesondheid het bevestig dat vier gevalle van ingewandskoors geïdentifiseer is in die Johannesburg-gebied. Hillbrow, Yeoville, Edenvale, en Palm Springs is aangedui as voorstede waar die siekte voorgekom het. Twee van hierdie gevalle is geïdentifiseer by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal, terwyl die ander twee bevestig is by die Edenvale-distrikshospitaal, het die
Lees verder: Vier gevalle van ingewandskoors in Johannesburg
Cliff gaan voort met R25 miljoen se eis teen M-Net
Die wit radiopersoonlikheid en Idols-beoordelaar Gareth Cliff se regspan sal voortgaan om M-Net vir R25 miljoen te dagvaar nadat hy weens sy beweerde rassisme afgedank is. Cliff dagvaar M-Net vir R5 miljoen vir laster en R20 miljoen vir kontrakbreuk en eis dat hy heraangestel word as beoordelaar van Idols. Dali Mpofu sal Cliff se saak
Lees verder: Cliff gaan voort met R25 miljoen se eis teen M-Net
Trump: Swart kiesers hou meer van my as van Obama
Donald Trump, die sterkste kandidaat om die Republikeinse benoeming in die Amerikaanse presidentsverkiesing los te slaan, sê swart kiesers hou meer van hom as van die huidige swart president. Hy het Saterdag gesê hy is vol vertroue hy kan sy teenstanders verslaan. Hy het ‘n denkbeeldige skoot met ‘n handgebaar afgevuur en gesê: “Ek kan
Lees verder: Trump: Swart kiesers hou meer van my as van Obama
