Trump: Swart kiesers hou meer van my as van Obama

Donald Trump, die sterkste kandidaat om die Republikeinse benoeming in die Amerikaanse presidentsverkiesing los te slaan, sê swart kiesers hou meer van hom as van die huidige swart president.

Hy het Saterdag gesê hy is vol vertroue hy kan sy teenstanders verslaan.

Hy het ‘n denkbeeldige skoot met ‘n handgebaar afgevuur en gesê: “Ek kan in die middel van Fifth Avenue staan en mense skiet en ek sal nie kiesers verloor nie.”

Trump se teenstanders probeer wit kiesers wat hom ondersteun as onnosel, ongekunsteld en agterlik voorhou en kla dat hulle nie “ingewikkelde beleidskwessies” begryp nie, in weerwil daarvan dat sulke “kwessies” meestal stukrag aan anti-wit beleid verleen.

Donald Trump het ook voorspel dat swart kiesers meer van hom gaan hou as van Barack Obama.

In ‘n onderhoud Sondag op Fox se “Media Buzz” het Trump verklaar dat daar reeds groot ondersteuning vir hom in die swart gemeenskap bestaan.

“Kyk, die Afro-Amerikaners is lief vir my, want hulle weet ek gaan werksgeleenthede terugbring,” het hy by die Trump International Hotel in Las Vegas gesê.

“Die waarheid is dat Obama niks vir hulle gedoen het nie.”

Trump het verlede week deur Iowa gereis en met gewone mense gesels, in plaaslike akkomodasie oorgeslaap en Sondagoggend kerk toe gegaan.

Hy is ook bekend daarvoor dat hy geen alkohol gebruik nie. Hy het egter die plaaslike biefstuk in die deelstaat waar eerste gestem sal word op 1 Februarie, geprys.

By ‘n geleentheid in Nashua, New Hampshire, het Jeb Bush, voormalige goewerneur van Florida, Trump weereens beledig en gesê sy konserwatiewe gesindheid is vals, dat hy ‘n liberale verlede het en daarna sonder ironie bygevoeg dat Trump daartoe neig om mense sleg te sê.

Bush se kanse op benoeming is nul alhoewel hy op die voordeel van buitengewone positiewe mediadekking kan staatmaak.

Die verbeeldinglose broer en seun van voormalige Amerikaanse presidente, se steun het sedert die begin van die benoemingstryd wankelrig gelyk.

2 thoughts on “Trump: Swart kiesers hou meer van my as van Obama”

  1. Wat Trump anders maak is dat hy ‘n besigheidsman is, ‘n suksesvolle een daarby. Al het hy ryk geerf en al die stories wat daarmee gepaard gaan, dink ek tog hy het bewys dat hy suksesvol is.
    Wat hom ook anders maak is dat hy nie ander se geld benodig nie, hy finasier homself en deur net dit te doen is hy ‘n baie groot bedreiging vir die politieke elite. Die G O P het op die stadium nie regtig ‘n ander keuse as hom te begin ondersteun nie. As Trump regtig ‘n baie groot verandering in Amerika teweeg wil bring, moet hy homself omring met die bes moontlike adviseurs. Dit is jammer dat Bloomberg onafhanklik wil gaan, maar daardie ou het die kennis van Pag en hy kon Trump adviseer en bystaan, maar soos dit maar oral gaan, gaan dit oor eie belang.

Maak 'n opvolg-bydrae