Onwettige immigrante in VK is 80% meer as beskikbare syfer

‘n Studie van die Londense skool van Ekonomie het bevind dat daar ongeveer 725,000 buitelanders is wat onwettig in Brittanje woon. Die syfer is 81% meer as die laaste skatting van 430,000 van die departement van binnelandse sake wat in 2005 openbaar gemaak is. BBC se program Panorama het gisteraand  beweer dat teen die huidige

Lees verder: Onwettige immigrante in VK is 80% meer as beskikbare syfer

Spesialiseenhede oefen vir die W?reldbeker

Die SA polisie en die SA nasionale weermag gaan gesamentlike oefeninge hou volgende week om sekuriteitsmaatreëls te oefen vir die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi. “Die spesifieke oefening is gemik om ons sekuriteitsvaardighede op te skerp om ‘n veilige omgewing te skep in die gasheerstede gedurende groot gebeurtenisse, insluitend die beveiliging van die nasionale lugruim,” het woordvoerder Sally

Lees verder: Spesialiseenhede oefen vir die W?reldbeker

Byna 200 Transkeise kinders opgeneem vir voedselvergiftiging

‘n Leerling van ‘n skool in Centane, Transkei, is gehospitaliseer en 88 ander is Woensdag behandel en ontslaan na ‘n vermoedelike uitbraak van voedselvergiftiging, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê. Departementele woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die leerlinge van Tekoberoepskool het begin kla van braking en maagkrampe nadat hulle hoender geëet het. Hulle is

Lees verder: Byna 200 Transkeise kinders opgeneem vir voedselvergiftiging

Hani-weduwee temper Derby-Lewis se optimisme

Die optimisme wat deur die regspan van Chris Hani se moordenaar, Clive Derby-Lewis, uitgespreek word na sy paroolaansoek was voortydig, het Chris Hani se weduwee Woensdag in ‘n verklaring gesê. Dit volg na kommentaar aan die media deur Derby-Lewis se prokureur Marius Coertze dat die 73 jarige “vol hoop” is en “verwag om gou vrygelaat

Lees verder: Hani-weduwee temper Derby-Lewis se optimisme

Nog ?n breinvliesontstekingsterfte in KZN

Te midde van nog vier gevalle van breinvliesontsteking in Gauteng, het KwaZulu-Natal sy eerste sterfte gehad van die siekte vanjaar. Die skoolmeisie het Vrydag 25 Februarie siek geword en is nog dieselfde dag oorlede. Sy het na die Shatsmedhospitaal gegaan en gekla van ‘n stywe nek, ligsensitiwiteit, hoofpyn en braking, het die departement in ‘n

Lees verder: Nog ?n breinvliesontstekingsterfte in KZN

Duitse tiener dood tien en beseer talle

‘n Sewentienjarige gewapende man wat in swart geklee was het ‘n skietery begin by sy voormalige hoërskool in suidwes Duitsland, en ten minste 10 mense doodgeskiet en ander gewond voordat hy gevlug het van die toneel af, het polisie gesê. Streekswoordvoerder van die polisie, Klaus Hinderer, het gesê 9 studente is dood in die skool

Lees verder: Duitse tiener dood tien en beseer talle

Gemeenskapsleiers speel rol in vreemdelinghaat

Gemeenskapsleiers het ‘n rol gespeel in die xenofobiese geweld in Mei 2008, het ‘n studie van die Internasionale Organisasie vir Migrasie wat Woensdag vrygestel is getoon. “Die idee dat dit deur ‘n gesiglose skare veroorsaak is hou nie water nie,” het Jeanne Pierre Misago, ‘n navorser by die Geforseerde Migrasie Studies Program by Wits universiteit

Lees verder: Gemeenskapsleiers speel rol in vreemdelinghaat

Ek sal graag na ‘n Volkstaat trek

Ek wil net sê dat ek die Volkstaat plan ten volle ondersteun, en dat ek een van die eerstes is wat soontoe sal trek!

Ek wil net sê dat ek die Volkstaat plan ten volle ondersteun, en dat ek een van die eerstes is wat soontoe sal trek!

Lees verder: Ek sal graag na ‘n Volkstaat trek

Duisende kry onwettig geld

Ná ’n deeglike ondersoek het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gister gesê dat duisende staatsamptenare onwettige huissubsidies ontvang. Mnr. Faiek Davids, adjunkhoof van die SOE, het gesê sowat R26 miljoen se onwettige huissubsidies is tussen Mei 2007 en Maart vanjaar aan 1 962 staatsamptenare oorbetaal. “Die werkers was nie geregtig op die subsidies wat hulle ontvang

Lees verder: Duisende kry onwettig geld

Iran het nie nodige bommateriaal nie

Iran moet nog besluit of hulle ‘n kernbom wil bou en tans het hulle nie die wapensgraaduraan wat nodig is om dit te doen nie, het top Amerikaanse intelligensie-amptenare Dinsdag aan politici gesê. Maar Tehran is besig om uraan te verryk, ten spyte van globale sanksies en bemeester die die kennis om langafstand missiele te

Lees verder: Iran het nie nodige bommateriaal nie