Nog ?n breinvliesontstekingsterfte in KZN

Te midde van nog vier gevalle van breinvliesontsteking in Gauteng, het KwaZulu-Natal sy eerste sterfte gehad van die siekte vanjaar.

Die skoolmeisie het Vrydag 25 Februarie siek geword en is nog dieselfde dag oorlede.

Sy het na die Shatsmedhospitaal gegaan en gekla van ‘n stywe nek, ligsensitiwiteit, hoofpyn en braking, het die departement in ‘n verklaring gesê.

In Gauteng is ‘n persoon wat gewoon het by die Sentrale Metodistekerk – ‘n veilige hawe vir duisende Zimbabwiërs – opgeneem in die hospitaal met breinvliesontsteking, het gesondheidsdepartement woordvoerder JP Louw gesê.

‘n Student van die universiteit van Pretoria word behandel vir breinvliesontsteking by die Meulmed Medi-kliniek en nog twee gevalle word behandel by die Tembisa hospitaal, het hy n ‘n verklaring gesê.

Breinvliesontsteking is ‘n infeksie van die breinvlies, die dun voering om die brein en die rugmurg. Simptome van die siekte sluit in erge hoofpyn, koors, braking, irriteerbaarheid, verminderde bewussyn en uitslag op die lyer se liggaam.

KwaZulu-Natal gesondheidsamptenare besoek skole om gesondheidsopvoeding te gee oor die siekte sodat simptome maklik raakgesien kan word.

Mense wat met die leerling kontak gehad het ontvang voorbehoedende medikasie.

In lyn met bestaande beleid, is voorbehoedende medikasie voorsien aan mense wat nabye kontak gehad het met die pasiënte in Gauteng.

internet casino onlineлобановский класс харьков