Spesialiseenhede oefen vir die W?reldbeker

Die SA polisie en die SA nasionale weermag gaan gesamentlike oefeninge hou volgende week om sekuriteitsmaatreëls te oefen vir die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi.

“Die spesifieke oefening is gemik om ons sekuriteitsvaardighede op te skerp om ‘n veilige omgewing te skep in die gasheerstede gedurende groot gebeurtenisse, insluitend die beveiliging van die nasionale lugruim,” het woordvoerder Sally de Beer Woensdag in ‘n verklaring gesê.

Die oefening gaan plaasvind in 4 stadions en sommige vliegvelde in Gauteng en Noordwes.

Sommige van die topeenhede in die veiligheidsmagte sal deelneem in gesimuleerde scenario’s en noodplanne oefen om enige vorm van bedreiging uit die lug af te weer, het de Beer gesê.

“Die operasie word beskou as ‘n uitstekende opleidingsgeleentheid vir die sekuriteitspersoneel wat ontplooi gaan word gedurende die FIFA Konfederasiebeker in Junie vanjaar en die 2010 FIFA Wêreldbeker wat net meer as 12 maande weg is.”

Die polisie-eenhede wat aangewend gaan word sluit in die spesiale taakmag, die nasionale intredingseenheid, die nasionale lugvleuel, die honde-eenheid, bomopruiming en gyselaarsonderhandelaars, en ook komponente van grense en hawenseenhede.

Omdat die oefening gemik is daarop om die lugruim te beveilig, gaan die SA Lugmag, in noue samewerking met die lugverkeerbeheer van die departement van vervoer ‘n belangrike rol speel.

“Die departemente sal sterk ondersteun word deur die burgerlugvaartowerheid en verskeie ander elemente van die SANW en regeringskoördinasiestrukture, wat geïntegreerde inter-departementele ondersteuning sal voorsien aan die SA polisie.”

Die burgerlugvaartowerheid het reeds kennisgewings gegee aan alle lugpersoneel (NOTAM) dat vlugte beperk gaan word – maar nie verbied nie – in sekere lugruimgebiede oor Johannesburg, Pretoria (Gauteng) en Rustenburg (Noordwes).

“Met die uitsondering van geskeduleerde of staatsvlugte, moet alle ander vliegtuie wat die beperkte lugruim wil ingaan tussen 16 en 19 Maart voldoen aan bepalings.”

“Dit sluit in die aansoek om toestemming om te vlieg ten minste 24 uur voor die tyd, die indien van ‘n vlugplan, die vliegtuig moet toegerus wees met ‘n transpondeerder en onderworpe wees aan ‘n inspeksieproses.”

Enige vliegtuig wat die tydelik beperktelugruim binnegaan sonder die voorgeskrewe toestemming mag onderskep word.

De Beer het gesê daar gaan baie aktiwiteit in die lug wees in Johannesburg, Pretoria en Rustenburg, veral oor Soccer City, Ellispark, Loftus en die Koninklike Bafokeng stadions.

roulette double bet strategyОлександр Фільчаков прокурор