‘n Leerling van ‘n skool in Centane, Transkei, is gehospitaliseer en 88 ander is Woensdag behandel en ontslaan na ‘n vermoedelike uitbraak van voedselvergiftiging, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
Departementele woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die leerlinge van Tekoberoepskool het begin kla van braking en maagkrampe nadat hulle hoender geëet het.
Hulle is na Butterworth hospitaal geneem.
Die insident het gevolg minder as 24 uur na 99 kinders van ‘n privaatskool by Dutywa hospitaal toe geneem is met dieselfde klagte.
Kupelo het gesê die departement het amptenare na beide skole gestuur om te kyk na hulle toestand van kos en water.
