Die son skyn vanoggend so 'n paar kerskrag sterker in Australiese rugbygeledere. Dit lyk asof Bakkies Botha nie Saterdag in Brisbane op die veld sal wees om die Wallabies te terroriseer nie. En dít is 'n baie dreigende donkerwolk wat uit die Aussie-hemelruim verwyder is. Botha is die dieselenjin in die Bokke se voorpakbus wat met soveel gemak oor die Australiërs gerol het die afgelope paar wedstryde. Botha het sy knie beseer, waarskynlik toe hy nogmaals bo-oor 'n armsalige Australiese voorspeler gehardloop het.
Lees verder: Botha-besering sit grynslag op Aussies-bakkiese
