W?reld se jeug in armste lande

Volgens 2009 se World Population Data Sheet is die wêreld se bevolking steeds oppad na 7 miljard vir 2011. Dit is net 12 jaar, vanaf 1999, nadat die kerf van 6 miljard bereik is.

Die groei het hoofsaaklik verskuif na ontwikkelende lande en die groei van die wêreld se jeug – tussen die ouderdomme van 12 en 24 – het byna uitsluitlik verskuif na die heel armste lande.

Die Population Reference Bureau publiseer die 2009 World Population Data Sheet en die opsommende verslag wat op 12 Augustus verskyn het, gee gedetaillerde inligting van die land, streek en globale bevolkingspatrone.

"Die groot gros van vandag se jeug, die 1,2 miljard, byna 90%, bevind hulleself in ontwikkelende lande," sê Carl Haub, PRB se senior demograaf en mede-outeur van die verslag.

Agt uit tien van daardie groep woon in Afrika en Asië. "Gedurende die volgende paar dekades gaan die huidige koers voortgesit word dat daar van landelike gebiede na stede beweeg word waar opvoeding- en opleidingsgeleenthede is, betalende werk en gesondheidsorg."

Een van die belangrikste maatskaplike vraagstukke oor die volgende paar dekades gaan wees of daar aan daardie verwagtinge voldoen gaan word.

готовые саунылобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae