Lockerbiebomaanvaller vir olie vrygelaat

Die Britse regering het besluit dit is "in die oorweldigende belang van die VK" om Abdelbaset Ali Mohmed al-Megrahi, die Lockerbiebomaanvaller, na Libië te laat terugkeer, volgens ministeriële briewe wat gelek is aan die media.

Gordon Brown se regering het die besluit geneem ná besprekings tussen Libië en BP, nadat 'n multimiljardpondooreenkoms begin vasval het.

Die sogenaamde probleme is dadelik na die vrylating van die voormalige terroris opgelos.

Jack Straw, eertydse minister, het die briewe twee jaar gelede aan Kenny MacAskill gestuur en laasgenoemde word veral gekritiseer vir sy rol in die vrylating van al-Megrahi.

Die aard van die korrespondensie wat deur die briewe openbaar is, maak dit duidelik dat die besluit vir die vrylating in Londen geneem is, in nasionale belang.

Lede van die opposisie sê dit is die sterkste getuienis tot nog toe dat die samesprekinge al lank aan die gang is en dat kommersiële oorwegings die botoon gevoer het.

Die ontginningsooreenkoms vir olie en gas wat 'n geraamde £15 miljard werd is, is in Mei 2007 aangekondig, maar is eers bekragtig nadat die bomaanvaller se vrylating verseker is.

BP het ontken dat politieke faktore 'n oorweging was.

строительство саунДанильченко Юрий Брониславович