Kanadese ‘rassisties’ s? ANC

Die ANC bestempel Kanada se besluit om die Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, vlugtelingstatus toe te ken, as rassisties.

“Suid-Afrika is ‘n demokrasie met staatsdepartemente om misdaad te beveg. Dit is een van die ANC se hoofprioriteite, sonder voorkeur tot enige ras, slagoffer of oortreder”, het Brian Sokutu, ‘n ANC-woordvoerder, gesê.

Volgens Sokutu beskou die ANC ook Huntley se beweringe dat hy sewe keer deur Afrikane aangeval is as gevolg van die kleur van sy vel en sonder enige optrede deur die polisie, as sensasioneel en kommerwekkend.

Die party sê Kanada se besluit om Huntley vlugtelingstatus toe te ken omdat hy vervolg sou word sou hy na Suid-Afrika terugkeer, is rassisties.

“President Jacob Zuma het tydens sy 2009 Staatsrede gesê ál die land se burgerlike beskermingseenhede beoog om die misdaadkrisis aan te vat”, het Sokutu gesê.

пуско зарядногоАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae