Meksiko se prokureur-generaal, Arely Gomez het die einde van ‘n tonnel besoek waardeur die Meksikaanse dwelmbaas Joaquin “El Chapo” Guzman Sondag uit die hoë sekuriteitsgevangenis Altiplano na ‘n huis in Almoloya de Juarez kon ontsnap het. Dit was Guzman se tweede ontsnapping in 14 jaar. Hy is nog op vrye voet. Mexiko se mees gesoekte
Premier vir korrupsie ondersoek
As deel van ‘n ondersoek na korrupsie, het Roemeense aanklaers dié week aangekondig dat hulle hul premier, Victor Ponta, gaan aankla. Dit plaas toenemende druk op die beleërde politikus om te bedank. Ponta word van bedrog, belastingontduiking en geldwassery tussen 2007 en 2011 aangekla, nog voordat hy in 2012 eerste minister geword het. Die owerhede
Leon Lemmer: Antjie Krog en Max du Preez: Uit die beek of modderpoel?
Antjie Krog, die digteres, en Max du Preez, die joernalis, is al lank geesgenote. Hulle kon nie wag dat die ANC uit ballingskap na Suid-Afrika terugkeer nie. Daarom het hulle hierdie terreurorganisasie in die buiteland gaan opsoek. Daar word vertel dat Krog in snot en trane was toe sy van hierdie vryheidstryders afskeid geneem het
Lees verder: Leon Lemmer: Antjie Krog en Max du Preez: Uit die beek of modderpoel?
Sanral beskuldig van misleidende advertensies
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol beskuldig die padagentskap Sanral daarvan dat hy belastingbetalers se geld mors deur miljoene rand te bestee aan advertensies om die publiek te mislei, het RSG berig. Dit volg nadat die gesagsliggaam vir reklamestandaarde Sanral beveel het om ‘n misleidende advertensie oor die e-tolstelsel te verwyder. Die gesagsliggaam het bevind dat
Veertienduisend skoene by grens onderskep
Suid-Afrikaanse doeane-amptenare het by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 14 167 paar skoene wat met ‘n vragmotor en sleepwa onwettig uit Mosambiek ingesmokkel is. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die straatwaarde van die besending is ‘n geraamde R11,3 miljoen rand. Byna die helfte van die skoene was van die handelsnaam, Converse All Stars, en die res
Ramaphosa na China vir hoëvlakbesoek
Adjunk-president Cyril Ramaphosa en ’n afvaardiging van ministers en staatsamptenare het op ’n amptelike besoek na China vertrek. Hy voer Dinsdag onder meer samesprekings met China se vise-president Li Yuanchao. Onder die Suid-Afrikaners is ook die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, en die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande. Die presidensie sê in ‘n
Ebola woed voort in Afrika
Afrika se Ebola-probleem is nog steeds nie opgelos nie met rondom 30 mense wat weekliks besmet word, het die Verenigde Nasies se spesiale gesant vir die dodelike siekte, David Nabarro, Maandag gesê. Onder normale omstandighede, sou so ‘n infeksietempo beskou word as “‘n groot, groot uitbraak,” het hy gesê. “Waarskynlik ongeveer een derde van die
Derde reddingsboei vir Grieke
Europese leiers het ‘n ooreenkoms met Griekeland bereik vir ‘n derde reddingsboei in ‘n poging om die land in die euro-gebied te hou. Die nuwe maatreëls wat ingestel is kan egter lei tot die val die linksgesinde regering van Alexis Tsipras. EU-leiers het eenparig besluit op ‘n Europese Stabiliseringsmeganisme vir Griekeland wat teen Woensdag sekere
Kommer dat Cosatu-kongres tot geweld sal lei
Die president van Cosatu, Sidumo Dlamini het ‘n beroep op afgevaardigdes by die Spesiale Nasionale Kongres in Midrand gedoen onopgeloste kwessies met omsigtigheid te benader. Die tweedaagse kongres het laat Maandagaand verdaag nadat die netelige kwessies van akkreditasie en die sakelys ná ure-lange debat afgehandel is. Sommige vakbonde wat simpatiek staan teenoor die geskorste hoofsekretaris,
Prasa sê mediaberigte is misleidend
Die Passasierspooragentskap van SA (Prasa) sê mediaverslae oor sy Spaansvervaardigde Afro 4000-diesellokomotiewe is verkeerd en misleidend. Prasa se hoofuitvoerende beampte Mosenngwa Mofi aan verslaggewers in Pretoria gesê dat die gaping tussen die minimum kontakdraad en die dak van die lokomotiewe oorskry die 150 millimeter wat in die veiligheidregulasies voorgeskryf word. “Die bewerings in gister se
