John Smit se Springbokke, nè, is ‘n span wat nie met punte mors nie. In Peter Schaffer se woorde sê Mozart mos dat sy operas net genoeg note het – nie te veel en nie te min nie. Die Springbokke wen toetse deur nie te min punte aan te teken nie, maar wraggies ook nie onnodig baie nie. Gister het hulle op ‘n wentotaal van 32 punte besluit en dit was met ‘n speling van drie toe ook genoeg.

Suid-Afrikaners wat êrens in hul lewe in die Verenigde Koninkryk woonagtig was, het almal hulle gunsteling vakansieplek op daardie modderige eiland met sy ryke verskeidenheid aan mense en die natuur. Myne is die Mere-distrik in Cumbria, veral in die laatsomer, as al die bome met die wonderlikste herfskleure geverf is.