In ‘n persverklaring wat Vrydag deur die ie ANC Jeugliga, ANCYL, vrygestel is, sê hulle dat “al die gerugte [oor Caster Semenya se geslag] uit Australië kom; ‘n plek waar rassistiese Suid-Afrikaners heen vlug omdat hulle nie onder ‘n swart, demokratiese regering wil leef nie.
“Dit is dus duidelik dat die aanvalle op Semenya van dié rassiste afkom wat nie kan glo dat ‘n swart vrou Suid-Afrika se naam hoog dra nie,” het die ANCYL in die verklaring gesê.
Die Jeugliga dê voorts hulle sal nooit aanvaar dat Semenya ‘n hermafrodiet is nie. “Daar bestaan in Suid-Afrika en die regdenkende wêreld nie so iets [soos ‘n hermafrodiet] nie.”
Die ANCYL sê daar is “nooit wettige mediese toetse op Semenya uitgevoer nie” Hulle het druk op die IAAF geplaas om hulself sonder verwyl van media-gerugte oor Semenya se tweeslagtigheid te distansieer.
