praag.co.za

Tag: sharks

  • En toe die Haaie weer kyk, verloor hulle

    En toe die Haaie weer kyk, verloor hulle

    Gister het ek geskryf dat as daar een span is wat die Cheetahs se nommer het, dan is dit die Haaie. Daar het gister niks op King’s Park gebeur om my van mening te laat verander nie. Oorweeg die volgende: Dis tien minute na rustyd. Die Haaie loop voor met 18 punte teen drie. Hulle het reeds twee van hulle handelsmerkende karwatsdrieë gedruk, die eerste ‘n knikskoppie deur Stefan Terblanche in die doelgebied toegeval en die tweede ‘n netjies vervaardigde een met al die styl en presiesheid van die tipiese Haaie-teenaanval wat deur Ruan Pienaar gefinaliseer is.

    Die Haaie dirigeer nou in die skrums, die lynstane en die vaste los. Die wind is tussen hulle skouerblaaie en Juan Martin Hernandez het so pas ‘n skepskop tussen die regoppes deur versend. Dít is ‘n span wat die teenstaanders se nommer het. Wat niemand kon voorspel het nie is dat hulle toe sou weier om ‘n munt in die tiekieboks te gooi en die Vrystaters te bel.

    Wat hulle gedoen het is om hulle speelgoed te begin wegpak, boonop onder die indruk dat die Cheetahs weet wanneer hulle verloor het. Met die balbesit wat hulle kant toe gekom het, het die Vrystaters strooptogte in Natalse gebied geloods en kort voor lank het die jong stut, WP Nel, ‘n tonnel deur die pak verdedigers gevind en ‘n drie gedruk.  Hierdie punte, op twee Jacques-Louis Potgieter-strafskoppe gestapel, het die Vrystaters skielik binne reikafstand gebring. Die laaste ding wat die Natallers nodig gehad het, was ‘n opraap-en-skoertdrie teen hulle. En dis presies wat hulle getref het toe Ruan Pienaar die bal aangegee het dat dit soos ‘n nat kombers trek. Die ontembare Potgieter het dit opgepik en sy bonkige lyf wonderbaarlik voor die agtervolging van JP Pietersen gehou vir ‘n drie onder die pale.

    Die Haaie het grootoog in ontkenning na die telbord gestaar waarop die Spikkelkatte asof deur goëlery twee punte voor was. Ruan Pienaar het wel orde in die Natalse rugbywêreld herstel met ‘n strafskop wat die Haaie laat voor kruip het met een magtige punt.

    Daar was nog twintig minute se spel oor en daar was alle rede om te vermoed dat die Cheetahs se reserwetenk nou ook sou droog loop. Al wat nou moes gebeur was vir die Haaie om die tiekieboks te voer… In stede daarvan het hulle op die skepskop as wedstrydbeklinker besluit. Die wiskunde was dat sou hulle troffe, dan het hulle ‘n voorsprong van vier punte. Mis hulle, wel, dan is die Vrystaat immers in kwartgebiedkwarantyn. Soos wat dinge uitgewerk het, het Hernandez die pale aan alle kante misgeskop.

    ‘n Skepskop het wél die wedstryd beklink. Potgieter het die bal op een of ander manier tussen ‘n falanks Haaispelers deurgeryg om die volle place-drop-en-score pakket te behaal.  Sy oes vir die dag was 18 punte.

    ‘n Eindstryd oor twee weke is op die Cheetah-rooster. Dit gaan ‘n fassinerende een op Loftus tussen twee kontrasterende spanne wees. En wie sou die Vrystaters kwalik neem as hulle daarheen gaan met die vaste geloof dat enige iets kan gebeur?

    для сваркиФильчаков прокурор

  • Haaie se mistroostige oorwinning

    Haaie se mistroostige oorwinning

    Die Haaie het gister op Kingspark in hulle wedstryd teen die Leeus baie aan hulle geliefde Indiese Oseaan herinner: Nie so woes, so groot of so koel nie, maar so vasberade soos branders om hulleself stukkend te loop teen rotse. Uiteindelik het hulle gewen met ‘n volle verdoelskop se punte tussen hulle en die Leeus.

    Niks was meer veelseggend van die Leeus se vertoning as die glinstering in Stephan Terblanche se oë toe hy oor die WP se wedstryd aanstaande week teen Transvaal gespekuleer het nie. “Ek hoop hulle (die Leeus) daag op vir die partytjie.” Na tagtig minute se verbete, maar grootliks vrugtelose, worsteling teen die Leeus, is dit duidelik dat hy iets van Leeujoligheid weet.

    Die Haaie, met veertien toetsspelers teen nul, het ‘n amperse monopolie op die bal gehad en het meer tyd in Leeugebied as ‘n onwettige Nigeriese immigrant in Sunnyside deurgebring. Hulle het beslag gelê op ‘n groot gros van die Leeus se lynstaanbal en het genoeg balle op die grond gewen. Hulle het strooptog na strooptog geloods, maar het nie veel meer uitgerig as ‘n soutwatergolf teen ‘n rots nie. En maak nie fout nie, op verdediging was die Leeus soos hoogs mobiele rotse. Onbesonge voorspelers soos Kevin Buys en Nico Luus het nie net teenstaanders raakgevat nie, maar hulle geplant. As Keegan Daniel, byvoorbeeld, ‘n boom was, het daar nou ‘n laning van hom op Kingspark gegroei.

    Agterlangs kon Ruan Pienaar, Juan Hernandez en JP Pietersen geen gleuwe in die verdediging vind nie. Hulle enigste drie was ‘n Bismarck du Plessis-afronding van ‘n rolgemaal teen ‘n Leeuvoorpak wat met ‘n geelkaart uitgedun was.

    Die Leeus het ook net een drie gedruk, maar dit was darem ‘n baie lustiger poging gewees, vroeg in die wedstryd toe Doppies le Grange die Haaie se agterlyn versplinter het om skrumskakel Chris Jonck om te stuur vir ‘n netjiese vyfpunter. Herkie Kruger het die doelskop gemis en dít was uiteindelik die twee punte wat die Leeus vir ‘n gelykopwedstryd nodig gehad  het.

    Vooraf het ek voorspel dat die Leeus kan wen as dit nie was dat hulle deur Earl Rose op heelagter belemmer sou wees nie. Maar Rose is soos ‘n basterbrakkie – dis net as jy iets van hom verwag dat hy hopeloos is. Gister het niemand enige verwagtinge van hom gehad nie en dié keer was hy voortreflik – dapper onder die hoë bal, netjies in posisie, geniepsig op die aanval.

    ‘n Ander speler wat aangenaam verras het, was Ruan Pienaar, meer spesifiek met sy skopwerk pale toe. Hy het skielik ritme gevind, was goed gebalanseer wanneer hy die bal tref en het nie net die bal oor die dwarslat gekry nie – hy het dit reg in die middel tussen die torings deurgeklits.

    Twee Pienaar-strafskoppe en ‘n Hernandez-skepskop het gehelp om die Haaie met halftyd voor te kry met 16-11.

    Die tweede helfte was vol aksie, maar het net 9 punte geproduseer waarvan die Leeus ses gekry het. Hulle het, om presies te wees, met vyftien minute om te gaan, 17-16 voorgeloop. Ruan Pienaar het daarna ‘n kosbare strafskop oorgekry, maar uiteindelik was dit die Haaie wat moes vasbyt om te wen.

    Vanaand kou afrigter John Plumtree sy binnewang. Die Haaie was goed genoeg om die Leeus te klop, maar as hulle nie ‘n paar geheime wapens kry om te ontplooi nie, gaan hulle vasval, indien nie teen die WP nie, dan teen die span uit Pretoria. Hierdie jaar se tuiste van die Curriebeker lyk blou; nie die grysblou van die Indiese oseaan nie, maar Noord-Transvaalse ligblou.

    games onlineОлександр Васильович Фільчаков

  • Kop op die blok: Leeuehart nie goed genoeg in Durban

    Tussen die Haaie en die Leeus het hulle veertien toetsspelers wat die veld vanmiddag in Durban neem – en al veertien speel vir die Haaie. Nogtans sou ek my kop op ‘n blok gesit het dat die Leeus die oordonderende gunsteling vandag op hulle tuisveld sou klop.

    Ek sou geredeneer het dat daar so iets is soos ‘n seisoenale bioritme vir spanne en dat die Leeus nog een goeie wedstryd in hulle oor het en die Haaie reg is om die draad van die verhaal te verloor. Verlede week het die Leeus teen ‘n werklik onindrukwekkende Boland gespeel, maar alles in die Rooibontmasjien het gekliek en hulle het die telbord met meer as 80 punte belas.

    Die Haaie, daarteenoor, het nog net een wedstryd hierdie seisoen gehad waar hulle diep mos uithaal. Dit was teen die WP en hulle het soos nat toiletpapier gevou. Wanneer alles vir hulle werk, is hulle ‘n indrukwekkende span, maar as ‘n ander span húlle patroon op die Haaie afdruk, óf hulle spelpatroon ontwrig, is dit ‘n span wat maklik in 15 rigtings spat.

    Ek kan ook daarop wys dat die Haaie reeds ‘n suksesvolle Doelwit Een – om die halfeindrondte te haal – agter die rug het en gevolglik sal sukkel om die stoomketels op volle druk te kry. Die Leeus, aan die ander kant, sal soos vasgekeerde katte veg vir die skrale kans op oorlewing in die kompetisie.

    Al hierdie dinge is waar, en moenie uit die oog verloor word nie. Al hierdie dinge is uiteindelik ook van min belang. Die Leeus het vir Earl Rose op heelagter gekies –  einde van die argument.

    Die Haaie gaan met meer as tien punte wen.

    Daaroor sit ek my kop op ‘n blok.

    пупсы купитьлобановский харьков

  • Haaie ontglip die Vrystaat

    Haaie ontglip die Vrystaat

    Craig BurdenSoms, as deel van hulle lewensvaardigheidsopleiding, kry klein jagluiperdjies ‘n lewendige bokkie van hulle ma om mee te speel. Hulle sal die bokkie ‘n skynontsnapping toelaat en dan kyk hulle hoe veel van ‘n voorsprong hulle die diertjie kan toelaat voordat hulle dit agterna sit. Maar soms werk hulle berekeninge verkeerd uit, en die bokkie bou ‘n té groot voorsprong op en dan is die katjie hulle ete kwyt én hulle moet aan Ma gaan verduidelik.

    Die Vrystaatse jagluiperdjies wat rugby speel, hou blykbaar deesdae te veel van dié uitdaging. Hulle het ‘n minsame, maar soms selfvernietigende, gewoonte gekweek om hulle teenstaanders toe te laat om goedkoop punte vroeg aan te teken – en dan te kyk of hulle hulle kan inhaal. Verlede week het hulle die WP ‘n stewige voorsprong gegee en toe net-net met ‘n strafdrie na die sirene gevang. Gister teen die Haaie het die patroon homself herhaal. Nadat die Vrystaat die Haaie netjies in hulle kwartgebied ingekamp het, staan hulle skielik terug en BOEM! die Natallers suiker buite om en Waylon Murray rammel oor vir ‘n drie. Minute later en BOEM! Craig Burden kry ‘n drie.

    Dis toe dat die jagtog begin met die Cheetahs wat met gebruiklike sorgeloosheid die veld vol hardloop. ‘n Veldlange strooptog het geëindig met Ashley Johnson, Bevan Fortuyn-spookpophaarstyl en al, wat ‘n drie druk. Jacques-Louis Potgieter, skynbaar toe nog vasbeslote om die uitdaging so taai as moontlik te maak, skop die verdoeling mis maar slaag darem daarna met ‘n strafskop en die halfeindrondte is 15-8 vir die Haaie.

    Potgieter, om presies te wees, was heeltemal te spandabelrig met punte en het in ‘n ommesientjie tien punte op die veld gelos met onindrukwekkende stelskopwerk. As hy sy neus vir skoppe opgetrek het, het hy tog ‘n instink vir drieë getoon en venynig gebreek om vir JW Jonker doellyn toe te stuur.

    Teen hierdie tyd was die bokkie egter te ver voor en die Vrystaatse beste pogings kon nie die regte gleuwe in die Haaie se verdediging vind nie.

    Die Haaie wen die wedstryd met 24-13.

    Nou ja, die jagluiperdjies het hulle pret gehad en ons ook, want dit was ‘n heerlike wedstryd, propvol harde en flinke rugby.

    Die stoffies wat die jagluiperdjies sien, is hulle kans op ‘n halfeindrondte wat al hoe verder buite hulle bereik raak.

    Die Haaie, nou koning van die ligamishoop, moet self die binnelip kou, ten spyte van hulle noue ontkoming. Hulle skrum het swaargetrek en selfs die toevoeging van die wêreld se mees onwaarskynlike vaskopstut, John Smit, het nie verhoed dat die Cheetahs hulle verniel nie. Tog, met spelers soos Ruan Pienaar en Ryan Kankowski, het hulle genoeg sambok om ander spanne seer te maak. Die krulkop Kankowski was met tye iesegrimmig in die vaste los, maar om hom op volle vaart te sien as hy uitbreek, is ‘n voorreg. Sy hantering is seepglad, delikaat en presies.

    So, het die Haaie genoeg wringkrag in die voorpakenjin om, sê nou maar ‘n Blou Bul-span, opgestop met Matfield, Bakkies Botha, Danie Rossouw en Pierre Spies van die voorvoet af te hou?

    Errr… nee, ek dink nie so nie.

    пазлы купить украинаtopcargo отзывы сотрудников

  • Kop op die Blok sê: Brüssouw en sy bende gaan te veel wees vir die Haaie

    Tuisveldvoordeel, meer Springbokke as in die Kalahari en meer selfvertroue as Steve Hofmeyr by ‘n kombuistee – mens sou dink dit is genoeg vir die Haaie om môre se wedstryd teen die Vrystaat op Kingsmead te laat wen… maar dit is nie. Die Cheetahs gaan die Haaie vandag krap waar dit die seerste maak – reg in die ligapunte.

    Die Haaie se spelpatroon is om die skroef in die vaste los stywer en stywer te draai totdat hulle teenstaanders hulle formaat verloor en om dan vinnig en venynig toe te slaan. Vandag gaan die spel besonder vormloos wees by tye – presies die soort vreetfees waarin die Haaie gedy. Hulle probleem is dat daar een span is wat beter toeslaan op aas as hulle – en dit is die Cheetahs.

    ‘n Ernstige Cheetah-span kan by tye skokkend onbeholpe lyk, maar die afgelope ses weke het hulle, onder Adriaan Strauss sorgelose voetbal gespeel. Die partytjie gaan vandag voortgesit word. Voorlangs het die Vrystaat genoeg konstruksiewerkers om ‘n dansvloer op Kingsmead te bou. Wian du Preez, Adriaan Strauss en WP Nel het genoeg domkrag in hulle om die skrum in donkierat te kry en David de Villiers en Nico Breedt het genoeg vuur en veerkrag in voorraad om die Vrystaat hulle kwota lynstaanballe te verseker.

    Die Haaie maak staat op ‘n Cheetah-agterlyn om ongeorganiseerd op die verdediging te bly – ‘n ryk aar wat die WP verlede week vir punte raakgeboor het, veral tussen die senters deur. Naka Drotske en Helgaard Muller is egter gesout genoeg om reg te maak wat verkeerd is. En in Andries Strauss en Waylon Murray het die Haaie nie die vonkelvoetigste senters nie. Die Haaie gaan hulle slaankrag probeer ekstra lading gee deur vir Adi Jacobs op die veld te bring wat hulle kwesbaar gaan maak rondom die punte – presies daar waar die resiesperde, Jongi Nokwe en Lionel Mapoe soos skaduwees gaan omhardloop.

    Die Cheetahs gaan ander vrae vra wat die Haaie sal sukkel om te antwoord. Vernaamste hiervan is: Hoe om die sakkeroller, Heinrich Brüssouw, in aanhouding te kry. Graniethard soos Jean Deysel is, en verbete soos wat Jacques Botes is, hulle gaan nie die jong grypdief verhoed om hulle die Haaie se losballe na die Vrystaatse pandjieswinkel aan te dra nie. Dit sal die Haaie se losvoorspelers dwing om oorywerig en waaghalsig bal toe te werk, ‘n desperaatheid waarvoor hulle in strafskoppe gaan betaal. Met Jacques-Louis Potgieter wat met groter sekerheid pale toe skop, gaan hierdie strafskoppe vir punte gewissel word.

    Kop op die Blok se voorspelling: Vrystaat met agt punte.

    En terloops – die Leeus gaan die Griekwas met tien punte op daardie hoërskoolveld eet.

    pour chatлобановский харьков класс

  • Haaie boelie kalfies op Loftus

    En ja, die Haaie sal darem baie meer manhaftig wees met Smit, Du Plessis, Muller, Kankowski, Pienaar en Frans Steyn in die poel. Die Bulle, dié weet die Haaie, wag vir veel magtiger versterkings, beeste soos Steenkamp, Matfield, die pyniger Bakkies Botha, Pierre Spies, Fourie du Preez en die nuwe Koning van Loftus, Morné Steyn. Die Blou Bulle herinner dan… wagwagwag. Daar’s nog Danie Rossouw ook. Hoe goed ís ‘n span as hulle jou van Danie Rossouw laat vergeet. So, die Blou Bulle herinner dan alteveel aan ‘n span wat onlangs die Super 14 gewen het.

    Gister was dus die laaste maklike wedstryd vir enige Blou Bul-opponent. Vir ‘n maklike wedstryd was dit dan ook nie so danig maklik nie. By tye het die Kalfies darem alteveel na befoeterde brahmane gelyk en met sluitingstyd was dit die Haaie wat gebid het die tyd moet omgaan. Dit was inderwaarheid die Blou Bulle wat in die eerste helfte die Haaie in klein sirkels laat swem het en 12-6 met lemoentyd voor was.

    Na rustyd het die geslepe Haai-veterane met hulle bejaarde, maar uitmuntende, kaptein op heelagter, Stefan Terblanche, wat die Blou Kalfies se koppe laat draai het met presiese grootmensrugby. Hernandez het deurgesypel vir ‘n drie en toe Jacques Botes ook. Die agterstand is uitgewis en ‘n voorsprong opgebou.

    Teen die einde was dit egter die Haaie wat soos Jacob Zuma se regspan moes verdedig. Selfs hulle beste pogings was nie genoeg om Werner Kruger te keer om ‘n stutdrie met die Bulle se handelsmerk daarop te druk nie. In die laaste minuut was die Blou Bulle ‘n aangee daarvan af om die wedstryd uit die Haaie se kake te ruk.

    So, die Haaie het gewen. Hierdie seisoen se Bulletjierugby is nou verby. Volgende week begin die ware Curriebekerstryd.

    Die Haaie het 29 punte gekry. Juan Hernandez het ‘n drie, twee verdoelings, vier strafskoppe en ‘n skepskop aangeteken.

    Die Blou Bulle se 23 punte bestaan uit ‘n drie deur Werner Kruger, vier strafskoppe van Burton Francis en twee deur Francois Brummer.

    ыгри для дивчат кухняФільчаков Олександр Васильович

  • Kop op die blok s?: Haaie gaan vertrap word op Loftus

    Protesteer soos wat Haaie-afrigter John Plumtree wil, sy span neem te veel dinge vanselfsprekend aan. Die vernaamste daarvan is dat die plaasvervangers wat die Pretoriaanse Springbokke se plekke moet warm hou, nie die Blou Bul-rugbyfilosofie mooi ingestudeer het nie. ‘n Mens kan hierdie mistasting verstaan: Die Bulle het deurtrek met stywesiekte gelyk teen die Leeus en die WP. Frans Ludeke is egter ‘n boer wat al hoe meer tuis lyk in die bulkraal en hy weet wat die regte doepa is om slym uit die oë en stramheid uit die spiere te verdryf.

    Vir die Haaie om te wen, moet hulle ‘n voorpak geskoei op ‘n tradisionele voorspelerlees tem, en dit is juis hier waar hulle gaan vasval. Daar is min te kies tussen die voorrye, maar van daar af is die Blou Bulle die ene brahmaan. Dit is veral te betwyfel of die Haaie se basketbaltipe slotte, Albert van den Bergh en Steven Sykes, die brekerbenadering van Wilhelm Steenkamp en Flip van der Merwe sal kan weerstaan. En hoewel die Haaie ‘n gebalanseerde losdrietal, vol flair en werksywer, het, sal Pedrie Wannenburg hulle te gereeld terugdryf, sal Dewald Potgieter se kortpadrugby hulle verskrik en sal Deon Stegmann net te veel balle van hulle af wegbrüssouw.

    Die Haaie floreer as daar bloed in die water is, wanneer die spel losrafel en goedkoop balle rondlê van waar hulle tussen ongeorganiseerde agterspelers kan inkom. Die Blou Bulle se agterlyn het egter te veel struktuur. Burton Francis verstaan die bestanddele van die Blou-Bul-resep al hoe beter en weet hoe om die pap aan te maak. Nie net sal die Pretoorsdorpers se agterlyn nie in die verdediging skiet gee nie, hulle het genoeg karwatskrag om self pak uit te deel, met veral Jaco Pretorius wat nou wys dat hy weer begin verstaan waar die doellyn is.

    Praag se voorspelling: Die Haaie se drie drieë is te min om ‘n Blou-Bul-oorwinning te keer.

    русская народная рубашка для девочкиалександр лобановский харьков класс

  • Groot Vyf nou Sewe

    Image

    Witdoodhaai in Valsbaai

    Suid-Afrika se sogenaamde Groot Vyf sal binnekort as die Groot Sewe bekend staan wanneer die haai en die walvis amptelik by dié toeriste aantreklikheid gevoeg word.

    Volgens die minister van Omgewingsake, Buyelwa Sonjica, het die departement besluit om die twee by die huidige groot vyf te voeg, wat tans uit die leeu, luiperd, renoster, olifant en die buffel bestaan, het SAUK Dinsdagoggend berig.

    Sonjica het die verandering as ’n “hoogs sigbare skuif in ons land se toerisme” beskryf wat beteken dat “Suid-Afrika die enigste land sal wees wat met die Groot Sewe sal spog.”

    “Ons sal toeriste kan aanmoedig om saam met haaie in Gansbaai te gaan duik. Ons gaan hierdie seediere aan die wêreld bemark en dit sal ’n sigbare impak op toerisme hê,” het sy gesê.

    ’n Groot verskeidenheid spesies van walvisse en haaie word aan die Suid-Afrikaanse kusgebied aangetref.

    профессиональное оборудование для автосервисаФільчаков прокурор