Die 26-jarige bruin skieter in die massaskietvoorval by die Umpqua Community College in Roseburg in die Amerikaanse deelstaat Oregon het selfmoord gepleeg, volgens Amerikaanse owerhede. “Die mediese ondersoek het bevestig dat selfmoord die oorsaak van die skieter se dood was,” het die Douglas-distrik se polisiehoof, John Hanlin, gesê. Hy het gesê die bruinman, Christopher Harper-Mercer,
China kondig infrastruktuurprojekte in Guinee-Bissau aan
Die aankondiging dat China vier groot infrastruktuurprojekte, insluitend die oprigting van ‘n presidensiële woning, in Guinee-Bissau sal onderneem, kom te midde van nuwe politieke onrus. Dié Wes-Afrika-land het sedert onafhanklikheid van Portugal in 1974 nog nie een president gehad wat sy verkose termyn voltooi het nie en het sedert 1980 onder nege staatsgrepe deurgeloop. Die
Lees verder: China kondig infrastruktuurprojekte in Guinee-Bissau aan
Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval
Die Nigeriese weermag het ontken dat jihadiste ‘n hernude aanval op ‘n stad in die land geloods het. Hulle sê die ontploffings was weermagoefeninge. Veelvuldige ontploffings is Sondag aan die buitewyke van Maiduguri gehoor, het plaaslike inwoners gesê. Dié stad is in die noordooste van Nigerië geleë en word herhaaldelik deur Boko Haram Islamiete aangeval.
Lees verder: Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval
Steenkoolmyners staak
Die getal lede van die NUM wat in die steenkoolbedryf staak, sal na verwagting vandag tot sowat 30 000 styg. Die staking het gister traag begin omdat die meeste myne op Sondae gesluit is. Duisende lede van die NUM sal na verwagting in Witbank in Mpumalanga, nou genoem Emalahleni, aan ‘n optog deelneem. Dit is
‘Vavi en Malema wil regering omver werp’
Cosatu se voormalige sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi en EFF-leier Julius Malema smee glo planne om die regering omver te werp, het Noordwes-premier Supra Mahumapelo Sondag gesê. “Hulle is besig om mense rondom hulle saam te trek, hulle wil mense aanhits om uiteindelik die regering omver te werp,” het hy gesê by die bekendstelling van die jaarlikse
Vrystaatse renosters deur hommeltuie beskerm
Terwyl plaasmoorde en -aanvalle voortwoed, kan renosters darem voortaan rustig slaap. Die department van omgewingsake en natuurbewaring in die Vrystaat gaan die stryd teen renosterstropery met meer gevorderde tegnologie aanpak nadat ‘n toenemende getal renosters die afgelope maande aansienlik in die provinsie gestroop is. Die departement se Coenie Erasmus, wat in beheer is van die
Internetadverteerders gewaarsku oor koerierslenter
‘n Inwoner van George het adverteerders gewaarsku dat potensiële “kopers” op die internet wat maak asof hulle belangstel om iets aan te skaf, dalk doodgewone verneukers kan wees. Johann Troskie sê verkopers moet versigtig wees wanneer hulle op die internet adverteer. Dit lok allerlei belangstelling van heinde en ver – en nie almal is betroubare
Lees verder: Internetadverteerders gewaarsku oor koerierslenter
Taliban ontken berigte dat VSA gebiede herower
Die polisiehoof van die Koendoez-provinsie in Afganistan, Mohammad Qasim Jangalbagh, het in die sentrale deel van die stad Koendoez die inwoners gevra om met hul normale lewe voort te gaan. ’n Inwoner van Koendoez het egter aan die nuusagentskap, Associated Press, gesê hewige gevegte woed nog in die Khoeja Mashhad-gebied van die stad, ongeveer 200
EU-komitee vir minderhede kla oor ‘rassisme’
Europa se komitee vir minderhede het kommer oor toenemende “rassisme” in Duitsland uitgespreek. Voorbeelde is genoem van “verregse, anti-Islam betogings”, wat strydig is met uitsprake deur die land se leierskap dat sy grense vir duisende migrante oop is. “Daar is kommerwekkende verwikkelinge van openbare manifestasies van rassisme en xenofobie,” het die Raad van Europa se
Swart sakeman by Garstfontein-afrit doodgeskiet
Die polisie het niemand nog in hegtenis geneem in verband met die skietdood gister van ‘n swart sakeman van Noordwes nie. Die SABC berig Wandile Bozwana is by die Garstfontein-afrit op die N1-noord in Pretoria geskiet en het kort daarna aan sy wonde beswyk. Volgens die polisie het ‘n groep gewapende mans by die verkeerslig
Lees verder: Swart sakeman by Garstfontein-afrit doodgeskiet
