Internetadverteerders gewaarsku oor koerierslenter

‘n Inwoner van George het adverteerders gewaarsku dat potensiële “kopers” op die internet wat maak asof hulle belangstel om iets aan te skaf, dalk doodgewone verneukers kan wees.

Johann Troskie sê verkopers moet versigtig wees wanneer hulle op die internet adverteer. Dit lok allerlei belangstelling van heinde en ver – en nie almal is betroubare kopers nie.

Troskie het sy Yamaha-motorfiets op OLX geadverteer waarna ‘n buitelandse swarte, daar word vermoed dat hy van Ghana of Nigerië is, belangstelling getoon het om die motorfiets te koop.

Troskie het in sy eie hoedanigheid navorsing gedoen en uitgevind dat die potensiële koper, nie regtig ‘n Fransman is soos wat sy paspoort sê nie en nie regtig die geld inbetaal het soos wat hy beweer het nie.

Troskie het met PayPal bevestig dat dit ook ‘n valse bewys van betaling is.

“Hy het gesê dat hy die koerier kostes gaan betaal, maar later het hy verwag dat ek dit moet betaal voor ek die geld van die motorfiets kry. Ek sou nooit die geld vir die motorfiets gekry het nie, maar hy kry die koerier kostes, ” het Troskie gesê.

Nota is net ‘n rapliedjie

‘n Vooruitstrewende rap-kunstenaar, wat daarvan beskuldig word dat hy gedreig het om op ‘n wilde skietery te gaan, beweer die nota waarop aanklaers hulle saak baseer slegs die lirieke van ‘n liedjie is.

Volgens hom is hy geïnspireer deur geweldadige lirieke deur Bob Marley en Johnny Cash.

Die hoofbewysstuk in die saak teen Olutosin Oduwole, ‘n Amerikaanse burger met ‘n Nigeriese paspoort, is ‘n nota wat in sy motor gevind is en wat aandring op betaling op ‘n PayPal rekening.

“As hierdie rekening nie $50 000 in die volgende sewe dae bereik nie, gaan ‘n dodelike stormloop, soortgelyk aan die VT skietery, by nog ‘n universiteit met baie mense plaasvind. Dit is nie ‘n grap nie!,” het die brief gelees.

Oduwole se prokureurs dring daarop aan dat die nota eintlik lirieke is en hulle sal Donderdag aan die regter vra om die klagtes op grond van vryheid van spraak te laat vaar.

Moorddadige, eerste-persoon vertellings kom in rock-musiek en reggae, sowel as ander genres voor,” het Jeffrey Urdangen in ‘n opsomming geskryf.

“Die algemeenheid van sulke uitlatings oor verskeie musiek-genres heen beteken dat geen redelike lid van ons gemeenskap die lirieke wat deur mnr. Oduwole geskryf is as ‘n uitdrukking van ‘n bedoeling om dood te maak of te beseer sal interpreteer nie.”

Oduwole was gedurende die tyd ‘n student by die Universiteit van Suid-Illinois.

Volgens amptenare het hulle ammunisie in sy motor gevind en ‘n gelaaide handwapen in sy woonstel op die kampus.

Aanklaers argumenteer dat die nota, wat hulle vier maande nadat ‘n student 32 mense doodgemaak en 25 beseer het voordat hy homself op Virginia Tech se kampus doodgemaak het gevind het, duidelik ‘n uitlating met ‘n doel is.

 

проект банитопкарго кидалы