Waarom die Volksverkiesing belangrik is

In die aspirasies van die Afrikanervolk vir selfbeskikking en vryheid, is dit belangrik dat die pad wat geloop word na daardie ideaal, aanvaarbaar vir die internasionale gemeenskap, en juridies korrek moet wees, anders is dit ‘n doodloopstraat. Dit gaan geensins help as verskillende los groepe Afrikaners elkeen op sy eie probeer vryheid bekom, en as die vraag gevra word, op grond waarvan wil hierdie groepie mense onafhanklikheid eis as daar geen locus standi is op grond van aanvaarde internsionale, en volkereg nie.In die reg beteken locus standi natuurlik die reg om ‘n aksie in te stel of voor die hof te bring, en om aangehoor te word in terme van die saak voor die hof.

Die saak van die Afrikaner kan tegelyk eenvoudig en kompleks wees. Dit is eenvoudig in die sin dat daar ‘n aantal van ons mense is wat nie onder die ANC regering in Suid Afrika wil bly nie, en ‘n behoefte het tot selfbeskikking. Met ander woorde ons is ongelukkig en dink ons kan beter af wees deur onsself te regeer. Maar daardie versugting, gee nog steeds nie vir jou locus standi in die internasionale reg of onder die volkereg nie. Daar is miljoene mense versprei in alle lande van die wêreld, wat oor een of ander rede ongelukkig is met hulle regerings, en eerder hulleself sal wil regeer.

Die meer komplekse kant van ons versugting tot selfregering, is die feit dat daar nog steeds verkillende groepe is, en dat daar nie identifiseerbare verteenwoordigers is nie. ‘n Databasis van mense wat lid is van ‘n organisasie, is nog nie ‘n juridiese belangegroep in terme van die internasionale reg nie. En sou dit gegeld het, sal dit beteken dat daar argumentshalwe tien verskillende groepe is wat elkeen aanspraak maak op selfregering, terwyl hulle ingevolge die volkereg klassifiseerbaar is as een homogene groep – m.a.w. op grond van ras, taal en kultuur.

Sodra een groep homself wil probeer geld nadat daar nie ingevolge die reg locus standi is nie, het so ‘n groep basies een keuse oor, en dit is geweldadige of gewapende verset.En dan is jy in die oë van die internasionale gemeenskap, ‘n terroris, en dus onaanvaarbaar. Selfs die ANC besef hierdie begrip beter as ons eie mense.

Die kort opsomming van die bogenoemde relaas is dus:
1. Jy moet eers ingevolge die reg kan bewys dat jy eengesind is in jou strewe, dat jy demokraties verkose verteenwoordigers het wat namens jou kan praat en onderhandel, en dat daar eensgesindheid is hoekom jy glo jy ‘n saak het, en wat jou behoefte is. Dan is jy beskerm onder die reg.
2. Daardie verteenwoordigers kan dan amptelik met ‘n regering onderhandel vir die eise van die groep of volk, en sal daardie onderhandelings beskerm word deur internasionale en volkereg.
3. Is die onderhandelings suksesvol, gaan die groep of volk dan voort om uitvoering te gee, en kan geen regering dit verhoed of veroordeel nie.
4. Is die onderhandelings nie suksesvol nie, kan die groep of volk hulle saak na die toepaslike howe neem, tot sover as die internasionale howe, of kan hulle met wettige versetaksies begin, soos die weerhouding van belasting ens.
5. Die belangrike aspek is dat jy bewys moet kan lewer dat jy die letter van die aanvaarderegsvoorskrifte gevolg het – dan het jy locus standi.

Dit is belangrik vir die Afrikaner om kredietwaardig te bly voor die internasionale gemeenskap in sy strewe na vryheid en onafhanklikheid. Indien ons slaag, kan ons nie bekostig om met sanksies en boikotte teen ons te begin nie, want dan is die hele droom ‘n skip sonder ‘n aandryfskroef. Hy kan nêrens heen gaan nie.

Die VVK is nie ‘n plan met ‘n beskryfbare pad en einde nie, en is nie tot stand gebring omdat dit die uiteindelike utopia vir ons skets nie. Dit is die begin, waarsonder ons nie kan verder gaan nie.

Dit is lekker om te kla, en te kritiseer, al doen ons dit met reg, maar een of ander tyd moet die pad sinvol geloop word. En elke pad lei na ‘n reis, en elke reis begin met die eerste tree. Die Volksverkiesing is daardie eerste tree – die koop van die wettige en geldige reiskaartjie.

Daardie reis behels dan die onderhandelinge, ens, tot die nuwe staat gevestig is. Die verskille tussen die Afrikanergroepe, word dan die nuwe staat se politiek, en kan die gevegte daarbinne voortgesit word. (Behoede ons)

Natuurlik is daar belangegroepe binne en buite Afrikanerdom wat nie die reis wil loop nie – wat hulle eie agendas het, of sommer net pleinweg dink hulle weet beter. In die verband word daar baie disinformasie en pleinweg kwaadpraatjies versprei, en almal moet baie versigtig wees om goedsmoeds alles te glo wat hulle hoor of lees.

Die feit is: Sonder die Volksverkiesing het ons as volk, of groepe binne daardie volk, geen juridiese gronde om op te staan, om ons vryheidsdroom te verwesenlik nie. As jy jou reg tot vryheid en/of verset wil wettig, gaan registreer by die VVK, en gaan stem as die verkiesing daar is. Dit is die regte ding om te doen.

МильстримАлександр Фильчаков

Die einde van die Westerse beskawing

In hierdie stuk gebruik ek die terme van “beskawing” en “ryk” uitruilbaar. Ek weet dis nie tegnies uitruilbaar nie, maar die twee gaan dikwels hand aan hand. Elke ryk in die geskiedenis het met een of ander vlak van beskawing gepaard gegaan. Verstaan “beskawing” in die konteks van omstandighede toe die ryk in die geskiedenis bestaan het. Die Romeinse Ryk was nie beskaafd soos wat ons dit vandag verstaan nie, maar in die konteks van die wêreld soos die Romeine dit verstaan het, was hulle “beskaafd.”
Alle beskawings het deur die millenia tot ‘n einde gekom. Hierdie beskawings gaan basies deur drie fases: ‘n Bloeitydperk, ‘n tydperk van stagnasie en ‘n tydperk van verval. Die proses duur tipies eeue om te voltooi. Die bloeitydperk gaan gepaard met ‘n oplewing in die kunste, uitbreiding van handel en nuwe uitvindings. Die tydperk van stagnasie tree in wanneer mense sag word. Hulle wil deel hê aan die welvaart van die samelewing sonder om daarvoor te werk. Hulle eien die reg tot ‘n aandeel in die welvaart op, bloot omdat hulle bestaan. Hierdie “slapgat” houding lei onvermydelik tot die verval van die beskawing.
Die Song-Dinastie van Sjina het oorleef van die jaar 960 tot die jaar 1279, ongeveer 300 jaar. In hierdie tyd het Sjina ‘n bloeitydperk beleef. Hulle het ongekende hoogtes bereik in die kunste en tegnologie, soos die gebruik van buskruit in wapens teen die Mongole, en die uitvinding van die eerste kru vorms van proselein. Maar die Sjinese hat sag geword. Die hoeveelheid staatsamptenare wat basies niks produseer nie, maar aanspraak gemaak het op ‘n groot deel van die nasionale welvaart het drasties toegeneem en uiteindelik is Sjina oorweldig deur die Mongole. Sien ons vandag ‘n parallel in die Westerse wêreld? Mense wat niks produseer nie, maar hulle deel opeis van die nasionale welvaart? Sien ons dit spesifiek in Suid-Afrika?
Die Romeinse Ryk het veel langer oorleef. Meeste geskiedkundiges sê dit het begin in die jaar 27 VC toe Augustus keiser geword het, alhoewel sy voorganger, Julius Caesar, ‘n groot aandeel in die totstandkoming van hierdie ryk gehad het. In die Weste het die Romeinse ryk oorleef tot die jaar 476 en in die ooste tot die jaar 1453, toe dit deur die Moslems uit Turkeie oorweldig is. Op sy piek het die Romeinse mense so sag geword, dat hulle verwag het dat die regering hulle moes voed. Kos is gratis op die straathoeke van Rome uitgedeel. Soldate het hulself vermink, deur hulle eie vingers af te kap, sodat hulle nie ‘n swaard kon hanteer nie, en dus nie vir militêre diensplig opgeroep kon word nie. Die uiteinde vir die Romeinse Ryk was onvermydelik!
Die Westerse Beskawing het in Europa begin tydens die Renaissance in die 14de eeu. Dit was weereens gekenmerk deur ‘n geweldige oplewing in die kuste en nuwe uitvindings, wat vandag tot ‘n mate nog voortgaan. Maar vandag beleef ons die piek van hierdie beskawing. Die westerlinge het sag geword. Hulle wil nie meer werk nie. Daar is oproer in Griekeland omdat die mense op 61 jaar wil aftree. Daar is oproer in Frankryk omdat hulle op 60 jaar wil aftree. Mense wat te lui is om vir hulself te sorg, word dwarsdeur die westerse wêreld deur die staat onderhou. Om hierdie sosialistiese programme te finansier, leen die regerings meer geld as wat hulle ooit kan terugbetaal. Amerika se nasionale skuld beloop nou meer as $14 triljoen! Dit is ongeveer R300,000 vir elke man, vrou en kind in die land! Amerika kan nie meer die rente op sy skuld betaal nie. ‘n Groot deel van die geld wat hulle nou leen, gaan om rente op ou lenings te betaal.
Maar waar staan Suid-Afrika in hierdie globale verval wat tot die einde van ons beskawing gaan lei? Ek is bevrees dat u op die voorpunt staan. Kyk na die massiewe hoeveelheid amptenare van die onderskeie vlakke van die regering wat weinig produseer, maar groot salarisse verdien. Kyk na die verval van die Suid-Afrikaanse stede. Kyk na die unies wat mense verteenwoordig wat nie hard wil werk nie, maar steeds meer geld eis. Waar dink u staan Suid-Afrika?
Dit lei tot die volgende vraag: Watter land of groep gaan die volgende beskawing of ryk wees? As ek moet voorspel gaan dit Sjina wees. Sjina besit feitlik reeds Amerika en Europa. Sjina is besig om beheer te bekom oor die wêreld se strategiese minerale. Waarom dink u daar is so ‘n groot toestroming van Sjinese in SA? Suid-Afrika is die bron van vele strategiese minerale vir die wêreld. Die Sjinese werk hard, is intelligent, en daar is baie van hulle! As ons nie wakker skrik nie, gaan ons agter-kleinkinders in fabrieke sweet om skoene vir die ryk Sjinese te maak! Dit geld vir die hele Weste.
Word wakker westerse wêreld! Julle skip lek water. Hou op om op te offer ter wille van die onbevoegtes en luies in jul samelewing. Raak meer selfsugtig en sorg eerste vir die mense wat werk en presteer. Daar is eerbaarheid in sulke selfsug, want jou oorlewing hang daarvan af.

справка в тренажерныйпрокурор Фильчаков

Turkye se aanval op Israel

Die hele fiasko rondom die Israeli aanval op die sogenaamde “humanitêre hulpverleningsflottielje” van Turkye na Gaza verdien nadere ondersoek. Israel het etlike dae voordat hierdie insident plaasgevind het die Turkse owerhede gewaarsku om nie voort te gaan met hulle planne om direk na Gaza te vaar nie.

Dis egter duidelik dat die konvooi meer met Turkye te doen het as wat dit met hulpverlening aan die Palistyne te doen het. Israel was wel bereid om die voorraad deur hulle eie hawens te aanvaar, te ondersoek en dan deur hulle grense na Gaza te vervoer vir die Palistyne. Hiermee kan nie fout gevind word nie want die Moslemse Hamas terroristebeweging hou ‘n daadwerklike gevaar vir Israel en sy bevolking in. dit is bekend dat Hamas wapens van “onskuldige” kommoditeite soos seeppoeier gebruik om plofstof te gebruik. Die beleg waarteen die wêreld so ‘n ophef maak is reeds ingestel omdat die Moslems nie vertrou kan word nie.

Dit is vir Turkye baie belangrik om homself te vestig as ‘n mag in die Moslemwêreld aangesien hulle al ‘n geruime tyd beskuldig word dat hulle “sagkens” met Israel omgaan. Turkye is inderdaad een van die min Moslem lande waar Israelis welkom is om sake te doen en vakansie hou. Turkye wou dus vir die geharde Moslemlande wys dat hy deel van die “senior klub” is.

Hierdie ekspedisie is geborg en gereël deur Turkye met die uitsluitlike doel om Israel te tart en uit te lok om op te tree en dan sodoende te verseker dat Israel deur die hele wêreld te veroordeel kan word. Die organiseerders het vooraf geweet hoe Israel sou reageer en daarom is hierdie bose plan gesmee en uitgevoer. Hulle het duidelik daarop gewag en was ook daarop voorberei. Daarom was daar ook ‘n kameraspan en verslaggewers van Aljazeera op die grootste skip wat ook die konvooi gelei het om oor die gebeurliklikhede te berig. Aljazeera is ‘n Moslem Arabiese televisie kanaal wat geen ooghare vir Israel het nie.

Dit is so dat daar wel gematigdes van oral aan boord van die skepe met die Turkse vlae was. Maar, daar was ook geharde Islamitiese ekstremiste aan boord gewees. Dit is ‘n kenmerk van die Moslem “dapper vegters”. Hulle doen gereeld hulle aanvalle op Israel terwyl hulle omring word deur vroue en kinders en in sommige gevalle, ook moskees. Hierdie wat ook geen uitsondering nie.

‘n Paar interessante dinge het gebeur tydens die besetting van die skepe wat die feit bevestig dat hulle voorbereid was op die soldate van die Israelse weermag.

Lesers moet onthou dat soldate wat met toue vanuit helikopters op ‘n boot gelaat word baie kwesbaar is. Terwyl die Israelse soldate afsak na die skepe vanuit helikopters (“absailing”) hou hulle nie werklik ‘n bedreiging in nie. Hulle was in elk geval slegs met verfbal gewere en pistole gewapen. Hulle doel was slegs om beheer oor die skepe uitoefen en om te keer dat hulle na Gaza vaar.

Die sogenaamde “vredesaktiviste” was duidelik nie baie vreedsaam nie! Hulle het die soldate ingewag en aangeval voordat hulle op die skeepsdek geland het. Die Israeli’s is met ysterstawe, knuppels en kettings aangeval. Op ‘n CNN videogreep kan duidelik gesien word dat daar ook skokgranate na een van die aanvalsbote van die Israeli’s gevuur is. Die groep aan boord van die Turkse boot was daarop uit om hulle te verset. Van die Israel’s is ook met hulle eie wapens geskiet, maar gelukkig is nie een dood nie.

Indien dit die beplanners in Ankara se doelwit was om slegs humanitêre hulp aan die Palistyne te verleen, sou hierdie ongelukkige voorval nie gebeur het nie. Maar dit was ‘n goed beplande publisiteitsfoefie met die doel om Turkye se posisie te versterk in die Moslemwêreld en terselfdertyd om Israel te diskrediteer. Die hulpverlening aan die Palistyne was bloot toevallig. Die Moslems gee nie regtig om om menselewens te offer nie solank as wat hulle hul doel kan bereik. Dit is die uitwissing van die land Israel.

.

ремонт компрессоров воздушныхтопкарго отзыв

Calvyn anderkant die kerk

Die FWI (filosofie van die wetsidee) word soms onregmatig as deel van die neo-Calvinisme geklassifiseer. Onteenseglik is daar lyne wat terugloop na Johannes Calvyn en Abraham Kuyper. Die vader van die gesofistikeerde sistematiek van die FWI is Herman Dooyeweerd. Dooyeweerd het homself van die neo-Calvinistiese tradisies as bydraer daarin onderskei dat hy nie ‘n gekwalifiseerde teoloog is nie, maar ‘n juris en ‘n filosoof. Sy perspektief het dus nie, soos by baie neo-Calviniste, ‘n neiging om uitsonderlike status aan die  teologie en kerklike amptenary te gee nie.

Die implikasie hiervan is dat hy die reformatoriese nalatenskap van Luther en Calvyn besondere nuwe momentum kon gee. Daarmee word bedoel dat hy radikaal weggedoen het met die Roomse “middellaarskap” van die kerk vir die sogenaamde sekulêre instellings van bv. staat en besigheid. Die spirituele eenheid van die gemeenskap is nie meer te sentreer in die kerklike organisasies nie maar in die harte van die mense. Die Koninkryk van God is ook nie meer dieselfde as die kerk nie. Alle samelewingsinstellings kan nou as koninkryksdeelnemers beskou word. Daarteenoor het juis die mees Calvinistiese kerke maar ook vele ander erfgename van die Reformasie daarin volhard om onder etlike lae kosmetiek die posisie van kerk en teologie steeds met etlike voorregte te verskans. Dit het die kinders van die Reformasie baie van hulle vryheid ontneem.

Met hierdie illustrasie is die eerste belangrike bydrae van die FWI te sien: Dit bring as uitgangspunt ‘n neweskikkende verhouding van gelykheid tussen alle samelewingsinstellings. En hierdie uitgangspunt  word ook deurgevoer na die staat.  Die staat het soos die kerke en besighede ook‘n unieke taak. Vir die staat gaan dit eerstens oor die integrasie van die privaat en publieke reg en dan oor die handhawing daarvan. In die tradisies van staatsabsolutisme en t-otalitarisme is die sektorale spesialiteit van die staat as dienende instansie vreemd en word die res van die samelewing as staatsdepartemente beskou. Die FWI het instrumente wat hierdie rigtings kundig ontmasker as net nog ‘n ideologie wat wanneer dit die mag kry die daaglikse bedryf van vrye instellings in ‘n burgerlike samelewing domineer.

Die FWI het ook effektiewe instrumente om die beheersing van die samelewing deur monopolistiese besigheidskomplekse prinsipieel aan die kaak te stel.

Hierdie voorgenoemde drie bydraes van die FWI stoel aldrie op ‘n uitgangspunt dat die mens geneig is om afgode te vorm en sy ganse wese dan daaraan te verkoop. Die FWI se instrumentasie is daarop ingestel om die werkinge van die “fabriek van afgode” (Calvyn) te lokaliseer en normatief te neutraliseer. Sulke modern afgodiese tradisies bring net een resultaat en dit is dat sowel individue as gemeenskappe hulle vryheid verloor of verkoop. Die FWI het ten inslag om menslike vryheid tot hoogbloei te bring sodat die mens die beeldskap van God en rentmeesterlike heerskappy oor die skepping weer kan opneem (Gen 1:26-28). En hierdie vryheid is vreemd aan die fatalisme waaraan sekere interpretasies van die Bybel sigself skuldig maak.

Voorgenoemde laat natuurlik die vraag ontstaan of die strewe na vryheid vir die FWI maar net nog ‘n vorm van die liberalisme is. Eerstens is dit belangrik om te waardeer dat in die Bybel die idee van bevryding reeds lank voor die FWI baie radikaal beskrywe is. Dit is natuurlik ook moontlik dat baie mense in die liberale tradisies direk en indirek deur hierdie gemeenskaplike Bybelse erfenis beïnvloed is. En die FWI erken solidariteit met die probleemkomplekse wat deur alle rigtings aangespreek word, insluitende die verskillende skakerings van die liberalisme.

Dit is egter belangrik dat die kontras tussen die vryheidsidee in die FWI en dié in die liberalisme van nader bekyk word. Die vryheidsidee van die liberalisme het belangrike elemente wat dit vreemd maak aan dié van die FWI. Die eerste is dat die liberalisme ‘n byna oneindige vertroue in die kreatiwiteit van die menslike gees openbaar. Een van die belangrikste uitkomste hiervan is die sosialekontrakidee van Rousseau en andere. Daarvolgens word die staat as sodanig deur die individue geskep. Terwyl die FWI ook erkenning gee aan die reusekreatiwiteit van die mens, is een van die belangrike vertrekpunte in hierdie filosofie die aanvaarding van skeppingsgegewe strukture, ook vir die menslike samelewing. Die FWI se ontwikkelingsfilosofie gebruik die konsep van differensiasie om aan te dui hoedat in die historiese gang van die mensheid die samelewing al meer gedifferensieerd raak. Die stamverband van primitiewe gemeenskappe en die verkerkliking van die samelewing op baie plekke tydens die Middeleeue is voorbeelde van hoe gemeenskappe vasgeketting kan bly weens óf spirituele magte óf onkundigheid óf materiele gebrek.

Is hierdie differensiasie nie maar ‘n mooi woord vir die verbrokkeling van die samelewing nie? Die ander instrument wat die FWI gebruik vir die verstaan van dié komplekse realiteite is dié van kontinuïteit. As beginsel verseker die respektering van kontinuïteit dat die samelewing nie uiteen val nie maar slaag in die ontwikkeling van volhoubare gedifferensieerdheid.

Natuurlik is hierdie twee gegewe beginsels in die geskiedenis dikwels eensydig toegepas. Die liberalisme kan ‘n rewolusionêre pad inslaan deur slegs die differensiasie van die samelewing te propageer. Die konserwatisme is ewe onaanvaarbaar en gevaarlik omdit dit slegs die kontinuïteit in ‘n samelewing beklemtoon. ‘n Politieke beweging wat die FWI se instrumente en beginsels in ag neem sal daarom nooit prinsipieel ingetrek word om ‘n lewenskeuse tussen “links” en “regs” binne die politieke arena te maak nie.

Die vryheid van die liberalisme het natuurlik ook ‘n ander kant en dit is die oorbeklemtoning van die individualiteit soos in die sosialekontrakteorie. Hiervolgens word die individu altyd los gesien van die samelewingsinstellings. Meer oorspronklik: Dikwels hoor ons die stelling dat die individu al is wat werklik bestaan. Dit is natuurlik nie waar nie. Belangrike samelewingsinstellings kontinueer ondanks die kom en gaan van deelnemende individue. Die strukture vir samelewingsinstellings is dus net so werklik en oorspronklik soos die individue. Die individu en samelewing is dus saam gegee.

Om ‘n oorsig te bereik kan ons die volgende sê: Die een been van die humanisme is die liberalisme wat die differensiasie en individualiteit in ‘n vernietigingsorgie verabsoluteer. Die ander been verkondig die staatstotalitarisme en die fascisme. Hierdie wanhoopsopsies is eweneens vernietigend omdat dit die gedifferensieerde ontwikkelings weer platvee deur dit by die staat te integreer en so terug te beweeg na ‘n vroeëre primitiewe toestand.

Staatstotalitarisme word dikwels, maar nie noodwendig nie, gekoppel aan patriotisme en nasionalisme. Tog is dit belangrik dat Christene ‘n verantwoordelike beskouing oor patriotisme en nasionalisme handhaaf. Daar is ‘n sterk stroming uit die romantiese historisme wat die volksgemeenskap ‘n wet in sigself wil maak. Hierdie rigting misbruik die realiteit van tuisomgewings, liefde vir die eiesoortige en die eie. So word die uniekheid van die volkse heeltemaal oordryf in afgodsdrif. In die FWI word hierdie rigtings wat ‘n  sterk Duitse herkoms het eweneens afgewys net soos die individualisme. Die belangrikste rede is dat hierdie uniekheidstrewe die algemene wette wat God vir die samelewing gestel het, probeer relativeer. Die unieke word dus rede gemaak waarom algemene wette nie gehoorsaam hoef te word nie en so word die mens (die volk) sy eie wetgewer. In hierdie konteks verwerf die Latynse slagspreuk Vox populi vox Dei (Die stem van die volk is die stem van God) sinistere ondertone wat weer teruglei na die afgodiese gerigtheid van die menslike hart waarteen Calvyn en ander hulle verset het. In die FWI bereik die verset teen afgodery en die strewe na verantwoordelike vryheid ‘n nuwe fase.

Die sukses van die humanisme was dat die onderskeid tussen godsdienstig en sekulêr allerlei misleidende indrukke moontlik gemaak het. Een sodanige  indruk is dat godsdiens beperk is tot dít wat tradisionele kerke doen. Daarmee word die res van die samelewing kamma sekulêr of neutraal. Maar soos ook die Marxisme aangetoon het, is dit ‘n illusie. Ideologie, sê die FWI, is radikaal religieus net soos die godsdiens van die tradisionele kerke. Die ganse samelewing het altyd ‘n radikaal religieuse momentum en dit is een van die hooffukuspunte van die FWI.

Daar sal in hierdie kort oorsig met die volgende afgesluit word: Die FWI dui eerstens die skeppingsgegewe wetmatighede aan as grondslag vir menslike vryheid. ‘n Egte vrye samelewing munt juis daarin uit dat dit die noodsaaklikheid van ‘n verskeidenheid neweskikkende samelewingsverbande binne ‘n gemeenskaplike gebied verstaan. Tweedens: Die FWI artikuleer sigself duidelik naas ander Christelike benaderings deurdat dit die tradisionele grens tussen sekulêr en heilig op ‘n radikale wyse ontken maar op so ‘n wyse dat a) die spiritualiteit van die mens op ‘n omvattende wyse sigbaar word en b) die teenwoordigheid van Gods skeppingswet in die skepping so wyd soos die skepping self word.

Vir enigeen wat die bydraes van die FWI op ‘n meer tegniese wyse wil ondersoek word die volgende webtuistes as beginpunte aangedui:

Dr Cronje is ‘n konsultant wat as ‘n stokperdjie die gebeure in die FWI-omgewing volg.

86 уЛобановский Харьков

Die rassisme in die diskoers oor rassisme

Daar is min onderwerpe in die huidige, openbare diskoers wat sulke heftige emosies ontlok as rassisme. Rassisme word deur verskillende mense op verskillende maniere omskryf, maar ek dink die basiese idee is dat dit immoreel is om teen iemand te diskrimineer op grond van hul ras, veral as die diskriminasie negatiewe gevolge inhou vir die persoon teen wie gediskrimineer word. Baie is al geskryf oor wat die grond vir die weersin in rassisme is en dit is te breedvoerig om in hierdie artikel weer uiteen te sit. Vir my is die beste verklaring daarvoor te vinde in Francis Fukuyama se seminale werk oor die liberale-demokrasie, The End of History and The Last Man[1]. In hoofstuk 15 getiteld A Vacation to Bulgaria gee hy ‘n uiteensetting van hoekom mense rassisme verafsku. Die rede is elke mens se behoefte aan erkenning wat hy koppel aan die Sokratiese beginsel thumos. Uiteraard is die konsep van thumos nie iets wat Fukuyama uitgedink het nie – dit stam immers uit die antieke Griekse wêreld en kom al ‘n lang pad in die filosofie – maar hy gebruik die beginsel hier binne ‘n moderne konteks. Volgens Sokrates het die mens ‘n geneigdheid om waarde toe te dig aan objekte in sy lewenswêreld. Nie net gee ‘n mens waarde aan dinge nie, ‘n mens gee ook waarde aan homself/haarself en hy/sy verwag dat ander mense hierdie selfwaarde erken. Rassisme is ‘n kwetsing van hierdie gevoel van selfwaarde. In ‘n daad van rassisme word die ander mens se waarde nie erken nie. Fukuyama meen dat die hele beweging om alle vorme van rassisme ten sterkste af te keur hieruit ontstaan het.

Sedert 1994 is die basiese klassiek-liberale regte in ons Grondwet verskans wat dit onwettig maak om enige wetgewing uit te vaardig of regsbeginsel toe te pas wat tot rassediskriminasie lei. Uiteraard is die regte vervat nie onbeperk nie en kan beperk word in terme van artikel 36 indien dit redelik en regverdigbaar is. Baie is al die afgelope maand of so in By geskryf oor die verhouding tussen die Grondwet en morele waardes en my mening is dat dit eventueel sal neerslag vind in die openbare sedes van alle Suid-Afrikaners. Persvryheid is ‘n noodsaaklike deel van ons nuwe grondwetlike instelling, omdat die pers as ‘n soort openbare waghond moet toesien dat die Grondwet eerbiedig word. In hierdie artikel is my probleem met die hoofstroommedia hoe hulle oor rassisme berig en die waghondfunksie vervul.

Twee insidente het die foutlyne van die diskoers vir my duidelik uitgewys.

Die eerste geval was die gru-moord op Kayla Rawstone, haar ma en haar ouma. Ek het die berriggewing noukeurig gevolg soos wat die saak ontvou het van misdaad tot arrestasie tot vervolging tot vonnisoplegging. In The Star het die opskrif van die voorblad een dag gelees ‘I did it because they were white’.

Die tweede geval is die moord op ‘n blanke man deur ‘n swartman nadat dié aan hom gesê het dat hy hom nou gaan wys ‘wat hy met ‘n witman kan doen’.

Is hierdie nie albei teksboekvoorbeelde van rassisme waar die slagoffers die hoogste prys betaal het nie? Dit is uiteraard, maar waarom was daar nie ‘n enkele reaksie van die beskermers van nie-rassigheid hieroor nie? Waar was die media se verwerping van sulke dade? Nie ‘n enkele rubriekskrywer in enige van die koerante het hierdie stories opgetel en verder die rassisme van die gebeurtenisse uitgewys nie. Geen openbare figuur vanuit die hele politieke spektrum het openlik hierdie dade in die media veroordeel nie. Daar is nie ‘n woord gerep nie en dit het verbygegaan. Vergelyk die skrapse berrigewing en afwesigheid van heftige reaksie met die Skierlik-skieter. Hier het moorde op swartmense deur ‘n witman plaasgevind wat skynbaar deur rassehaat gemotiveer is. (Die geestelike ongesteldheid al dan nie van die dader was later ‘n saak vir meningsverskil in die verhoor.) Dit was nie net hier groot nuus nie; daar is selfs in die buiteland daaroor berig. CNN het ‘n paar nuusinsetsels daaroor gehad alhoewel moorde in ons land in ‘n globale konteks nie nuuswaardig is nie.

Hier is nog ‘n interessante punt wat selde opgeneen word in die hoofstroommedia: Die aanklag van rassisme kan opsigself ook op ‘n rassistiese manier gebruik word. Dink maar aan Malema se stelling dat die meeste witmense rassiste is. Dit verbaas my dat niemand die implisiete rassisme van hierdie stelling opgemerk het nie. Gestel nou ek sou net twee naamwoorde verander en die sin soos volg laat lui: die meeste Indiërs is skelm. Hoe sou die stelling deur die publiek ervaar word? Vir seker rassisties. Om ‘n groep mense as rassisties te stereotipeer, is insigself rassisties. Dis sogenaamde racial profiling. ‘n Mens kan nog verder borduur op hierdie punt: hoekom is alle berrigewing oor rassisme net oor wit-op-swart rassisme en nie ander vorme van rassisme nie? Daar vind daagliks insidente plaas van bruin-op-swart rassisme, swart-op-bruin rassisme, Indiër-op-swart rassisme, swart-op-Indiër rassisme en  derglike ander gevalle. Ek het al self baie skrikwekkende insidente van rassisme deur anderskleuriges gesien. ‘n Basiese beginsel van geregtigheid wat in alle resgtelsels erken word, is dat ‘n beginsel universele toepassing moet hê. Met ander woorde, as belastingontduiking ‘n misdryf is, kan nie net Chinese daarvoor vervolg word. Dit is voor die handliggend rassisties. Dit moet ook geld in berriggewing oor misdade. Waarom word dan net blankes in die media en in die howe vir rassisme vervolg? ‘n Mens kan nie anders as om die gevoel kry dat blankes in die algemeen spesifiek uitgesonder word om ondersoek te word oor rassisme nie.

Almal van ons  – blank en swart – weet hoe werklik is swart-op-wit rassisme. Net effens noord van ons land is daar ‘n regime wat hierdie soort rassisme staatsbeleid gemaak het. En soos almal weet: Zimbabwe het nie eensklaps gebeur nie. Dit was ‘n stadige proses waarby swart rassisme op ‘n daaglikse basis gegroei het sonder weerstand van die bevolking tot die slagyster op ‘n dag toegeslaan het. Die enigste twee verwere – naas gewapende stryd – wat burgers in ‘n land teen die regering het, is die howe en die vrye pers. Daarom is dit so noodsaaklik dat daar oor die toenemende swart rassisme in ons land behoorlik berig en, waar nodig, dit verwerp behoort te word. Die euwel moet nou beveg word voordat dit ontaard in ‘n onderdrukkende monster wat sy tentakels orals versprei het en absolute mag het om sy ideologie af te dwing – soos wat in Zimbabwe gebeur het.

Daar is onlangs met die feesviering van oud-president Nelson Mandela se vrylating, baie kritiek teenoor oud-president FW de Klerk uitgespreek, dat hy na bewering nie genoeg gedoen het om Afrikaners in die besonder en witmense in die algemeen se regte te beskerm nie. Vir my is hierdie ongegrond, want die regte in die grondwet is prysenswaardig en vergelyk met dieselfde regte as wat in ander lande, veral Westerse lande, erken word. Die enigste probleem met ons grondwet is dat die gees daarvan nog nie regtig deurgesyfer het na die algemene bevolking en deel geword het van hul morele bewussyn nie. Gegewe, die grondwet is net ‘n stuk papier, maar die verantwoordelikheid lê by die burgerlike samelewing om gestalte te gee aan die waardes daarin deur toegang tot die howe en deur die hoofstroommedia. Witmense moet swartmense en ander rasse in die gelykheidshowe begin daag vir rassistiese optredes. Deur dit te doen sal dit as afskrikmiddel dien en ‘n presedent skep dat daar nie met witmense rassisties omgegaan mag word soos in Zimbabwe nie.

 


[1] Fukuyama, Francis The End of History and the Last Man Penguin: 1993

купить монополию киевtopcargo отзывы сотрудников

Die verduideliking

Die toneel baie jare gelede tydens ‘n opleidings- en begrotingsvergadering in een. Dit was een van my bestuurstegnieke om al die personeel by ‘n begrotingsvergadering te betrek, sodat hulle sommer vroeg die waarheid kan leer van baie behoeftes, en min hulpbronne.

Die een junior het groot, groot planne. Ons moet dit en dat doen, en sommer die ander ding ook.

Hy is pas afgestudeer met ‘n deftige graad, met beide ouers onderwysers. Sy graad by Vista Universiteit verwerf.

“En waar moet die geld vandaan kom?”

“From government. Government has unlimited sources.”

Weer val ek op my geykte modelletjie terug.

“Jy het een bees. Jy leen die bees vir Ntoko, en hy gee jou ‘n I owe you-papiertjie vir daai bees. Hoeveel is daai papiertjie werd?”

“Een bees.”

“En nou gaan Ntoko en hy gee nog so ‘n papiertjie vir Mpusella, met daai selfde bees as surety. Nou hoeveel is daai papiertjie van jou wat jy by Ntoko gekry het werd.”

“’n Halwe bees.”

“En nou gaan Ntoko nog en hy gee sulke papiertjies vir vier ander mense. Wat doen jy?”

“Ek donder vir Ntoko.”

Nou verstaan my pas-gegradueerde kollega van hoekom die destydse goewerment nie die paaie geteer en sommer met robyne ook uitgevoer het nie. Hoekom elke huis nie ‘n spoelêwwie en water verniet gekry het nie.

Hy het miskien verstaan, maar verstaan die ministers? Die LUR’e. Die Uitspattige Burgemeesters – dié weet ons al lankal, hulle het nie die vaagste benul nie.

Die Malema-verduideliking daarvoor dat die nuwe goewerment ook nie by alles kan bykom nie, na eers geld op hom gemors is soos R300 000 per maand vir beskerming, is eenvoudig. Dis oor die wit mense steeds met al die geld sit.

Nasionaliseer die myne, neem die wit mense se werk weg…

So gaan hierdie ontwykende Kruger-triljoene iewers vandaan kom en gaan die regering “unlimited resources” hê.

Al bestaan dit, en kry hulle dit, party hierdie regering dit binne ‘n dag uit.

Of koop vaal ballonne met die punte afgesny sodat dit kan pas.

Ek het al gewonder presies wat in “unlimited resources.”

Neem nou jou kroos na ‘n rugbywedstryd en sê vir hulle jy het “unlimited resources” en hulle kan soveel koeldrank, tjips en pette koop as hulle wil.

Voor die hoofvoorwedstryd, is jy gewaarborg om sonder sent te sit.

Dan wil ‘n mens nie eens praat van ‘n eendag-krieketwedstryd nie.

By geleentheid het ek ook gedink ek is amper by “unlimited.” Ek is met ‘n mediakaart by die rugby in, kleinman is te jonk en stap onder die kaartjieknipper se neus deur, en ouboet het buite ‘n kaartjie persent gekry.

Die uwe sit voor rustyd nog en wonder of hy hom die luukse van ‘n bier kan veroorloof, toe ‘n stemmetjie sê: “Maak net eers seker of daar genoeg bates vir die aanskaf van likiede bates is.”

Toe nou nie. Trouens, ‘n halwe Coke word gekonfiskeer om darem iets te hê om vir die karwag te kan gee – ‘n oulike knaap wat karre oppas om te studeer.

Want toe was die parkeergeld ook al in tjips of iets omgesit.

Iets klop nie, tot ek begin navraag doen wat kos wat by die rugby.

Ag nee man, die borge is ‘n rip off, besef ek. Die pryse wat die mense vir die “borge” se produkte moet betaal maak ver meer as vir die paar rand borgskappe op.

Omtrent, besef ek, soos om belasting en liksensiegeld en petrolheffings vir paaie te betaal, maar dan nog tolgeld ook te moet hoes. En steed nie ordentlike paaie te hê nie.

Ja nee, besef ek bitter. Daar is deesdae darem baie Ntoko’s wat I owe you’s loop en uitdeel. Wys hulle net vir my, ek het skielik ‘n onbedaarlike belusting om vir ‘n paar dinge te gaan verduidelik. So met ‘n opgerolde plat hand.

local business internetтопкарго отзыв

Afrikaners en vryheid

‘n Gesprek oor die toekoms, gelewer by die Diamantvleilandgoed, 15 Januarie 2010

Danie GoosenHieronder word aan die hand van enkele argumente oor die toekoms van ons as Afrikaners nagedink. Alhoewel ons as Afrikaners oor meer as net argumente beskik, moet ons ook argumenteer. Daarsonder sal ons nie ’n toekoms hê nie. Konkrete dade word van ons gevra. Maar dit is nie genoeg nie. Ons het ook denke nodig, nou meer as ooit in ons geskiedenis.

1. Dit is vir my ’n oorweldigende feit dat ons as Afrikaners nog nie deur ’n verbeeldingryke idee aangevuur word wat rigting aan onsself as kultuur-gemeenskap kan gee nie. Inteendeel, Afrikaners is op die gebied van idees en denkbeelde oor die toekoms verdwaal. Ons strompel tussen uiteenlopende toekomsverwagtinge rond. Soms is die enigste gemeenskaplike ding daaraan dat hulle donker van aard is. En dat hulle ’n soort kollektiewe moedeloosheid uitstraal.

Dit was natuurlik nie altyd so nie. In weerwil daarvan dat Afrikaners praktiese mense is wat ’n hand aan ’n ploeg kan slaan, is ons ook idealiste. Dit blyk onder meer uit die feit dat ons ganse geskiedenis eintlik in die teken van ’n dieperliggende idee verstaan kan word. Dit is ’n idee wat ons aangevuur het, wat ons verbeelding aangegryp het, wat ons magneties die toekoms ingetrek het.

Watter idee is dit? Hierdie idee was niks minder as die idee van vryheid nie. As ons ’n wesenlike antwoord op die krisis van Afrikanerskap vandag wil gee, moet ons hierdie ideaal weer ons eie maak. Dit is ook niks minder as dié idee nie wat weer ons verbeelding kan aangryp en wat weer ’n duidelike rigtingsbesef aan ons mense kan gee.

Ons is hartlik moeg van die patologiese vorme van selfvertwyfeling oor ons en ons toekoms, vir die moedeloosheid wat aan ons knaag, vir die penne optrek en padgee. ’n Duidelike beeld van onsself en ons toekoms kan dié antwoord hierop wees. Die wese daarvan lê opgesluit in die woord “vryheid”.

2. Maar wat word met “vryheid” bedoel? Dwarsoor die globale wêreld maar ook onder Afrikaners word die ideaal van vryheid vandag op verskillende wyses verstaan. Ter wille van eenvoud kan ’n mens dit tot twee wyses beperk, naamlik die liberale en die republikeinse idee van vryheid. Daar behoort onder Afrikaners ’n veel groter gesprek hieroor te wees. Onder diegene wat reeds deur die vryheidsideaal aangevuur word, is daar nog te veel deurmekaar praat en te veel deurmekaar doen.  En dit dra by tot ons rigtingloosheid. Wat word met hierdie twee idees van vryheid bedoel?

Die liberale idee van vryheid is vandag die dominante een. Dié idee steun op die gedagte dat vryheid te doen het met die reg van die individu om self te besluit oor hoe hy of sy hulle lewe wil inrig. Dié idee van vryheid gaan uit van die gedagte dat dinge soos my familie, my etniese gemeenskap, my kultuur, my tradisie, maar ook die staat nie aan my mag voorskryf hoe ek my lewe mag inrig nie. Dié reg rus uitsluitlik by myself as individu. (Vandag is ekstreme voorbeelde hiervan die reg wat kinders teenoor hulle ouers opeis om self oor hulle lewe te besluit, maar ’n ander en meer algemeen aanvaarbare voorbeeld hiervan is die reg wat individue vir hulself opeis om enige skool of universiteit – ongeag die tradisie, ideale of waardes wat hierdie skole en universiteite oor geslagte gekultiveer het – by te woon).

Hierdie idee van vryheid is vandag ook onder – ek dink die meerderheid – Afrikaners aanwesig wat vryheid liefhet. Hierdie Afrikaners – en ek betwyfel glad nie hulle motiewe nie, inteendeel – is meestal Afrikaners wat hulle daarvoor beywer om die bestaande grondwetlike bedeling en al die instrumente eie daaraan, soos die grondwetlike hof, die howe en die staatsadministrasie in die algemeen, in beskerming te neem. Diegene wat hierdie idee van vryheid aanhang, gaan uit van die standpunt dat Afrikaners ten minste in beginsel reeds vry is. Daarom, sê hulle, is dit ook nie nodig om na vryheid te strewe nie, want ons is dit reeds. Vanuit dié kringe sal ’n mens daarom ook ’n vraag hoor soos: Waarom karring julle so oor ons vryheid, ons is immers ingevolge die grondwetlike bedeling reeds vry! As daar volgens hierdie definisie van vryheid na iets gestrewe moet word, is dit nie om ’n staat van vryheid in die toekoms waar te maak nie, maar eerder om die bestaande grondwetlike orde in beskerming te neem. Want, sê hulle, as dit sou val, sou die voorwaardes vir ons reeds bestaande vryheid ondermyn word.

Partypolities is die DA, waarin die meerderheid Afrikaners hulself bevind, tot hierdie gedagte van vryheid verbind.

Dit bring ons by die ander idee van vryheid, naamlik die republikeinse idee. Dit is die ideaal waarby ekself aansluit. Volgens die Klassieke republikeinse ideaal van vryheid is ons as mense vry wanneer ons as gemeenskappe deur middel van ons politieke, kulturele en andersoortige instellings in staat gestel word om die hoogste ideale – die hoogste goed – van ons tradisie op ’n voortreflike wyse na te jaag. Laasgenoemde sluit in ideale soos hardwerkendheid, pligsbesef, geregtigheid, vriendskap, wysheid, dapperheid en grootsheid. Wanneer ons hierdie ideale in die praktyk najaag en op ’n voortreflike wyse waarmaak, sê die republikeine, sal ons as gemeenskappe ‘floreer’.  En wanneer dit gebeur, is ons vry.

Hierdie idee van vryheid tree die sterkste na vore onder Afrikaners wat hulle daarop toespits om selfstandige strukture, instellings of forums te skep waarbinne en waarop ’n eie lewe in ooreenstemming met ons hoogste ideale moontlik is. Die mees radikale manifestasie van hierdie vryheidsideeal is onder dié Afrikaners wat óf territoriale selfstandigheid nastrewe óf poog om letterlik ’n staat binne ’n staat tot stand te bring.

Partypolities word die republikeinse ideaal van vryheid nie sterk verteenwoordig nie. Elemente daarvan is in die VF+ aanwesig.

Die twee botsende ideale van vryheid moet aan ’n dwingende gesprek onderwerp word met die oog op ’n meer verstandige verhouding tussen hulle. Want dit skep verwarring. So byvoorbeeld is daar vryheidsliefhebbende Afrikaners wat nie noodwendig die liberale idee van vryheid aanhang nie, maar wat tegelyk hulself op die grondwetlike bedeling en die howe beroep. Wat is die gevolge van hierdie optrede? Knoop dit hierdie Afrikaners, in weerwil van hulle strewe na ’n vrye ruimte, juis willens en wetens aan die bestaande grondwetlike bedeling vas? Of maak hulle optrede juis die ruimtes oop om sterker inhoud aan die republikeinse ideaal te gee?

Dieselfde ongemaklike vraag kan met betrekking tot die republikeinse Afrikaners gevra word. In weerwil van hulle strewe na die skepping van selfstandige ruimtes waar ’n eie en vrye lewe moontlik is, beroep hulle hulself ook dikwels op die grondwetlike orde, die howe, ensovoorts. Maar wat is die gevolge hiervan? Beteken dit onder meer dat die republikeinse strewe na vryheid nie sonder ’n bepaalde afhanklikheid jeens en gebruik van die bestaande orde gestalte gegee kan word nie?

M.i. is hierdie vrae dinge waarop ons ’n antwoord moet gee. As ek ’n suggestie kan waag: Ons moet na ’n toestand strewe waarin hierdie twee benaderings nie ervaar word as vyande van mekaar nie, maar eerder as twee strategieë waarmee ons die saak van die Afrikaner in beskerming kan neem. Ons moet as te ware leer om met twee hande te veg: Met dié hand wat die instrumente van die bestaande orde gebruik, maar ook met dié hand wat vir ons eie ruimtes van vryheid kan oopmaak.

Partypolities beteken dit gewoon dat die geveg tussen die DA en ’n kleiner party soos die VF+ glad nie sin maak nie. Inteendeel, dit verhoed dat ons ’n duidelike fokus kry op wat ons as Afrikaners wil doen.

3. Dit bring my by ’n verwante vraag onder Afrikaners. Dit hou nogmaals met die twee uiteenlopende idees van vryheid verband. Die ondersteuners van die liberale en die republikeinse idees van vryheid dink elkeen anders na oor die politieke en institusionele ruimtes waarbinne hulle onderskeie idees van vryheid op ’n konkrete wyse gestalte gegee moet word. Omdat Afrikaners nie koherent hieroor is nie (maar eerder tussen twee uiteenlopende idees van vryheid rondval), val ons ook in die praktyk tussen twee stoele deur. Ek verduidelik.

Volgens die liberale tradisie kom die vryheid van die individu tot sy reg wanneer hy byvoorbeeld self kan besluit na watter skool of universiteit hy sy kinders wil stuur. Op grond hiervan het ’n Engelssprekende Xhosa in Brooklyn die reg om sy kinders na die Afrikaanse Anton van Wouw-Laerskool naby hom te stuur, dit is nou as hyself so sou verkies. Die vooronderstelling waarop hierdie liberale argument rus, is dat die staat nie ’n verpligting jeens enige gemeenskap het om vir hulle die institusionele ruimtes (soos skole en universiteite) te skep waarbinne hulle hul hoogste ideale op ’n voortreflike wyse kan kultiveer en najaag nie. Inteendeel, die liberale argument rus op die vooronderstelling dat die staat juis volledig neutraal ten opsigte van enige gemeenskap se hoogste ideale moet wees. As enige individu hierdie ideale wil nastrewe, staan dit hom of haar natuurlik vry. Maar, sê die liberale orde, die individu moet hierdie ideale in sy of haar private wêreld kultiveer (min of meer na analogie van ons president wat in sy private lewe die Zoeloe-tradisies met betrekking tot die huwelik kontinueer). Die staat selfs staan egter onder geen die verpligting om hierdie ideale by wyse van instellings soos die skole en universiteite van gemeenskappe in beskerming te neem nie. Inteendeel, die staat is neutraal.

Die bestaande politieke orde rus volledig op hierdie liberale uitgangspunte. Ons verwys weldra na een of twee probleme eie daaraan verbonde.

Nou, die republikeinse tradisie het presies die teenoorgestelde standpunt. Daarvolgens kom ons vryheid as mense nie anders tot sy reg as in en deur gemeenskapsinstellings soos onder meer skole en universiteite nie. Volgens die republikeinse tradisie kan die staat daarom ook nie neutraal ten opsigte van die ideale van gemeenskappe staan nie. Inteendeel, die staat is slegs ’n staat in die mate waarin dit juis die ruimte vir sy gemeenskap of gemeenskappe skep waarbinne hulle hierdie ideale kan najaag en kultiveer. Dit is ook waar van instellings soos skole en universiteite. Die staat moet skole en universiteite voorsien waarin gemeenskappe hulle tradisies as gemeenskappe kan uitbou en beskerm.

Maar hier lê juis ons krisis: Alhoewel die Afrikaners as individue die reg het om hulle kinders na welke skool of universiteit ook al te stuur (en daaraan herinner liberale woordvoerders ons gereeld), het Afrikaners nie die reg om hulle kinders in ’n staatsondersteunde Afrikaner-skool of -universiteit te sit waar die Afrikanerlewe gekultiveer en uitgebou kan word nie. G’n wonder nie dat republikeinse Afrikaner die huidige orde as ’n wesenlike hindernis op die weg na ’n werklik vrye en florerende gemeenskapslewe ervaar nie.

Hierdie toedrag van sake is ’n direkte gevolg van die powere grondwet van 1994/96. Sy powere aard lê opgesluit in die feit dat hy – in weerwil van allerlei patetiese gebare ten gunste van gemeenskappe – juis nie institusioneel vir gemeenskappe voorsiening maak nie. Hy kan nie, want sy fundamentele uitgangspunt is liberale uitgangspunte: Dit is uitgangspunte ingevolge waarvan die individu en sy keusevryheid die kern is waaromheen alles draai.

Die liberale orde word m.i. deur wesenlike kontradiksies gekenmerk. Dit is kontradiksies waarop ons voortdurend moet wys. Alhoewel die liberale staat homself teoreties as neutraal ten opsigte van die ideale van gemeenskappe voorhou, is hy in die praktyk juis nie neutraal nie. Die staat is veral nie neutraal ten opsigte van een spesifieke gemeenskap nie. Terwyl hy homself met ’n beroep op die grondwet as neutraal voorhou, bevorder hy in alle opsigte die wil en wense van die meerderheid. Soveel so dat die wil en wense van die meerderheid as dié wet van die land geld. Niks mag voor sy gesag en wil standhou nie. Op alle terreine van die lewe. So byvoorbeeld word die wil van die meerderheid – nogal in naam van die individu – reeds demografies op alles afgedwing! Wat met Afrikaanse skole die afgelope dekade gebeur het, skreeu hierdie feit uit. In naam van individuele regte het die meerderheid eenvoudig hulle wil as meerderheid op Afrikaanse skole afgedwing.

Daarby, en dit is waarskynlik sy skreiendste kontradiksie, is hierdie staat – in weerwil van sy pretensie om neutraal te wees – freneties tot die ‘swart’ meerderheid verbind. ‘Swart’ is sonder twyfel sy voorkeur kleur, ‘wit’ iets wat veel laer in die rangorde van sy voorkeure beweeg. Om die waarheid te sê, in die hande van sy Malemas is ‘wit’ juis iets wat – sagkens gestel – maar opsy geskuif moet word. Nou, ekself reageer nie op ’n liberale wyse hierop nie. Inteendeel, dit is vir my as republikein met my republikeinse klem op gemeenskappe die staat se reg om homself tot die belange van die swart meerderheid te verbind, maar dan a. Moet hy nie voorgee dat hy neutraal is nie, en b. Dan wil die Afrikaners dieselfde reg op dié instellings hê waarop hulle hul eie vryheid kan kultiveer.

4. Die vierde en laaste punt hou verband met die vraag na die “hoe”. Hoe kan Afrikaners vandag weer inhoud aan die republikeinse ideaal op ’n oortuigende wyse gee? Ek los slegs enkele wenke:

a. Ons sal die gesprek oor Afrikaner-vryheid op ’n veel dwingender wyse moet voer. Met onsself, maar ook met die meerderheid, met die regering, met die buiteland. Dit sal ’n gesprek moet wees wat nie deur intellektuele luiheid nie, maar deur intelligente, verbeeldingryke en prakties werkbare denke gekenmerk word. Tegelyk moet dit deur geen sweempie van hunkering na ’n sogenaamde goeie verlede gekenmerk wees nie. As dit die geval is, gaan ons niemand se verbeelding aangryp nie, veral nie ons eie verbeelding nie. Dit moet ’n gesprek wees wat vanuit die republikeinse tradisie toekomsgerig is.

Ons sal in die besonder die grondwetlike gesprek – of die gesprek oor ons grondwetlike toekoms – moet opneem, met krag en verbeelding. Die vraag na die Afrikaners se grondwetlike stand is nog nie beantwoord nie. Inteendeel, die antwoord daarop lê nog in die toekoms. Om te praat van ’n andersoortige staatkundige bedeling vir Afrikaners klink op die eerste oogopslag onmoontlik. Maar ek dink die omstandighede waarbinne ons nuut oor die toekoms kan dink, is nou gunstiger as tydens enige tydperk vanaf die 1994-oorgang. Vanweë die onwrikbaar falende staat – onwrikbaar, omdat daar geen einde in sig is vir die faal van die staat nie – word daar onder Afrikaners m.i. vir die eerste keer op ’n redelik dwingende wyse na grondwetlike alternatiewe gevra. Uiters betekenisvolle bakens in hierdie gesprek is redelik onlangse uitlatings in die media van wyd uiteenlopende figure soos wyle Chris Louw, Breyten Breytenbach, Lawrie Schlemmer, Koos Malan en – interessant genoeg – Pik Botha. Hierdie figure het met verskillende grade van intensiteit en teen die agtergrond van die falende staat te kenne gegee dat die grondwetlike gesprek hervat moet word.

b. Die punt hou verband met die verhouding tussen die idee en die praktyk. Nou, ’n mens kan natuurlik baie geleerde dinge daaroor sê. Laat ek volstaan met die gedagte dat daar ’n baie verwikkelde verhouding tussen hierdie twee dinge is. Sonder idees is ons praktyke leeg, maar sonder praktyke is ons idees ook leeg. Hulle impliseer mekaar, het mekaar nodig.

Maar wat beteken dit? As ’n mens dit in baie konkrete terme kan formuleer, kan ons sê dat dit belangrik is om sowel die idee van vryheid as die praktyk van vryheid uit te dra. Enersyds moet ons die idee-gesprek oor vryheid voer, onophoudelik, met intensiteit. Maar dit is nie waar dit ophou nie. Ons moet tegelyk ook die praktyk/e van vryheid beoefen, met intensiteit en oorgawe. Hoe? Deur praktyke van selfstandigheid onder ons mense te vestig, dit wil sê praktyke ingevolge waarvan ons beheer oor ons eie gemeenskaplike sake neem. Ek verwys na praktyke soos selfstandige skole, selfstandige universiteite, selfstandige hospitale en howe, selfstandige veiligheidsinstansies, ensovoorts, maar ook – om effens groter te formuleer – selfstandige strate en woonbuurtes, selfstandige dorpe, selfstandige stede en selfstandige gebiede.

As ons die stryd rondom idees knoop aan die stig van selfstandige praktyke, sal ons reeds ’n ver pad geloop het in die verwesenliking van die republikeinse vryheidsideaal. Om die waarheid te sê, wanneer ons dié dinge doen, is die republiek van vryheid reeds tussen ons.

детские куклыФильчаков прокурор

Apartheid het sin gemaak

Ludolf du ToitEk wil ‘n aanhaling gee wat deur niemand anders nie as dr. Anton Rupert gemaak is as spreker op ‘n vergadering van die “The African Affairs Society of America” in New York, in 1962. ( Verwys: I plead for my country and all its peoples.)

“What then has enabled South Africa to outstrip its African brother states in performance?

Firstly: The fact that South Africa has more educated citizens than any of the other states…

Secondly: We have not given one man one vote.

Lord Hailey, one of the greatest living authorities on Africa, said: ‘May it never be said that the African had asked bread and was given the vote …’

May it never be said of us that when the peoples of the world sought ‘freedom from want’ we gave them the ‘bondage of the vote …’

Thirdly: The white South African has a philosophy of economic activity…

Fourthly: The fact that the Whites have kept themselves separate and maintained a certain standard of living has caused them to set a standard to which the non-whites aspire. In the process the latter are being helped up, whereas the whites are not being pulled down.”

Baie interessant. Toets sy woorde en insig en meet dit aan die status quo tans in Suid-Afrika. Waar staan die Afrikaner ná segregrasie afgeskaf is?

Ek merk reeds die afgelope 15 jaar op hoedat baie mense – en dan verwys ek spesifiek na die Afrikaners en/of blankes van hierdie land – met ‘n selfvernietigende skuldgevoel sit oor die sogenaamde “verlede”. Soveel mense wat hulleself belas met ‘n nimmereindigende gevoel van skaamte en minderwaardigheid oor die vorige bedeling se toepassing van ‘n politieke beleid wat na bewering gemeenskappe blatant verontreg het.

Daar word tot satwordens toe gepleit, gesmeek, gebieg, knieë toe gegaan, voete gewas, aanhoudend om verskoning gevra oor die sogenaamde “verlede”. Beskuldigings in die pers word heen en weer geslinger en vingers word gewys na enige-iemand wat behoudend is in sy politieke sienswyse en lewensbeskouing.

Diegene wat ‘n voorkeur toon vir sy eie kultuur, en trots verwys na pres-tasies in die verlede deur mense van sy eie kultuurgroep (meer spesifiek die Afrikaner) word voortdurend uit verskeie oorde gekritiseer en gebombardeer met verwysings na die sogenaamde mislukkings van die verlede en byna gekruisig oor die “onmenslikheid” van die beleid van “apartheid”.

Hierdie gefabriseerde gewetenspropaganda word gekenmerk deur subtiele beïnvloeding en indoktrinasie deur ‘n verskeidenheid van drukgroepe wat die media as voertuig uiters effektief aanwend.

Bygesê, onkunde en ‘n gebrek aan insig onder die oningeligtes tussen ons gee waarskynlik ook aanleiding tot hierdie skuldgevoelens.

Dis egter verstommend hoe beïnvloedbaar die mens is en hoe maklik jy mense kan manipuleer. (Ou nuus − “Battle of the mind”)


‘Reg’ en ‘verkeerd’ is ‘n relatiewe begrip, spesifiek met verwysing na die fenomeen van ‘apartheid’

Dis tog ‘n bekende feit dat nie alle gemeenskappe, volke, stamme, en etniese groeperinge dieselfde basis gebruik waarop hulle waardestelsels gegrond is nie. Om die waarheid te sê, daar is geen universele waardestelsel tans in die wêreld waarvolgens alle mense leef nie. Die liberale drukgroepe en menseregteorganisasies beywer hulle wel daarvoor, maar dis nog in sy kinderskoene.

Tans beywer hierdie denkskool hulle om alle kulture, tale en godsdienste gelyk te maak en ‘n “gemene deler” te vind. Jy kan dit op vele terreine reeds waarneem; ons leef mos in ‘n sogenaamde global village. Dit gaan egter jare neem om hierdie doelwit te bereik. (‘n Senior lid in die Amerikaanse militêre opset het op ‘n stadium in my teenwoordigheid gesê “We’re goin to Americanize the whole damn world”, wat dit ook al mag beteken.)

Om reg te laat geskied aan die  audi alteram partem-reël moet die hele kwessie van “the evil system of apartheid” binne konteks beoordeel word  en teen die agtergrond van gebeure hier in Suider-Afrika sedert 1652.

‘n Praktiese oefening

Gooi ‘n paar murgbene op die grond neer tussen ‘n klomp honger honde, ongeag die tipe hond. Jy sal opmerk hoedat elkeen onmiddellik vorentoe storm en probeer om gulsig alles vir homself toe te eien. Hoedat die sterkste hond wydsbeen oor die vleis gaan staan en grom, tande wys en hap na die naaste hond of opponent wat hom wil teengaan.

Dit veg, skeur en ruk totdat die dominante een d.m.v. “intimidasie” basies beheer van die situasie neem en homself help aan die meeste van die vleis. Dié wat kan, gryp ‘n stukkie en skarrel weg om dan in relatiewe vrede sy eie vleis eenkant in afsondering te vreet.

Ek het dit prakties beleef met my eie honde vir baie jare, ook vreemde honde se gedrag in dié verband dopgehou. Ook honde in ander lande (snaaks genoeg) tree so op, nie net hier in S.A. nie !?

Selfs by klein kinders sal jy min of meer dieselfde ding sien. Daar is ‘n ooreenkoms tussen die mens en dier se gedrag. Noem dit oerinstink.

Hierdie gedrag het direk te make met selfhandhawing

Sit ‘n klomp karretjies neer voor ‘n groep seuntjies en jy sien hoe gryp elkeen soveel as wat hy in sy hande kan hou. Sit jy ‘n bak lekkers neer en sê “vat vir julle” (sonder om uit te deel) dan gebeur dieselfde ding… hande vol word gegryp.

Jare gelede gedurende die sestigerjare, op die Swazi-grens waar ek groot geword het, het ek dieselfde fenomeen waargeneem. Ek en my broer het soms ‘n hele papiersak vol “Chappies” by die enigste kafee op die dorp gaan koop en dan vir dae lank loop kou aan die goed. (Jy kon 400 kry vir net R 1,00 daardie tyd.) Hier by 200 was jou kake lam gekou en het ons dan besluit om die goed eerder weg te gee vir die Swazi-klonkies met wie ons gereeld saam loop kettie skiet het, en wat dit meer sou waardeer.

Ons huis het reg teen die grensdraad tussen Swaziland en die RSA gelê met ‘n 6 voet hoë “split pole”-houtheining wat ons effens privaatheid ge-bied het. Terwyl ek en my broer dan bo-op die houtheining gesit het, het ons een of twee van die mannetjies wat ons ouderdom gehad het nader geroep en gevra of hulle kougom wou hê.

Binne enkele oomblikke was daar ‘n hele klomp (aan die Swazi-kant) wat in ‘n bondel gestaan en wag het vir die kougom wat ons in die lug sou opgooi. Die lekkers het nog nie grond gevat nie of die mannetjies slaat al vuis terwyl elke knaap probeer om soveel as moontlik van die lekkers in die hande te kry. Die hele groep van 12−15 swart seuns het vuisgeslaan sonder diplomatiese beredenering of eweredige verdeling van “eiendom” in ‘n poging om elkeen soveel van die lekkers as moontlik te kry.

Jy het seker ook al beleef (dalk in jou eie kinderjare en selfs nou nog?!) hoe jy die grootste stukkie koek of biltong sal uithaal tussen die res as jy die geleentheid het. Jy soek die beste uit vir jouself. Daar is nie ‘n mens wat dit nie doen nie.

Jy kies wat vir jou die beste of mooiste of grootste is.

Wie doen dit nie ?

Gooi jy ‘n paar mieliepitte voor ‘n klomp tarentale, duik almal tegelyk na elke pit wat val in ‘n poging om soveel as moontlik daarvan te kry, sonder inagneming van die ander.

Sogenaamde “apartheid” het direk en indirek te make met doodnormale menslike gedrag en simboliseer eintlik maar net die pitte wat val waarvoor elke hoender hardloop.


Apartheid is universeel

Die hele ideologie van “apartheid” manifesteer reeds vir eeue op allerlei maniere in baie lande van die wêreld (nie net in Suid-Afrika nie) as ten minste ‘n komponent van landsbestuur en alles wat daarmee saamhang.

Die burgers uit die onderskeie Europese stamlande, as jy wil, het ten spyte van verskille hier en daar, ‘n ooreenstemmende benadering gehad wat lewenswaardes betref. (Verwys na die aankoms van die witman uit Europa hier aan die suidpunt van Afrika.) Die Christelike godsdiens was die basis vir alles in stamlande soos Frankryk, Duitsland, Holland, asook selfs in Brittanje.

Vanuit hierdie Christelike, Calvinistiese en Lutherse perspektief is “reg” en “verkeerd” dan ook beoordeel.

In teenstelling hiermee het die Afrika-volkere ‘n totaal ander waardestelsel aangehang. Tussen die twee pole wat mettertyd ontmoet het hier op die suidpunt van Afrika was grondige verskille (letterlik en figuurlik) duidelik waarneembaar wat meegebring het dat die een groep in ‘n totaal ander maat gemeet het as die ander groep.

Dit was dus logies dat konflik sou ontstaan. Gewelddadige skermutselings, wedersydse aanvalle, klopjagte, bloedige gevegte en veldslae het dan ook sporadies opgevlam.

Kon nie anders nie… normale menslike gedrag regdeur die wêreld reeds vir eeue lank.

Op die boom van die beker beskou was die oorsprong hiervan ‘n botsing van eiesoortige waardes en belange!

Die pioniers wat die binneland in is, het hulle nie vasgeloop in beeskampe, wilddrade, teerpaaie, wingerde, hospitale, skole, kerke, navorsingstasies, dorpe, lughawens en stede nie.

Die pioniers het wel met kaart, kompas, geweer, Bybel, pik, graaf, knyptang, stewel en skoolboeke die land wat hulle bewoon het, begin ontwikkel; natuurlik met die fisiese hulp van die inheemse gemeenskappe.

Nou is dit so dat, toe die eerste skole opgerig is, geen handboek bestaan het in Zoeloe, Xhosa, Tswana, Sotho, Venda, Shangaan of Ndebele nie.  (Verwys: Geskiedenis, Aardrykskunde, Wetenskap, Biologie, Houtwerk, Wiskunde, ens.)

Wie se skuld was dit ?

Kan jy hierdie leemte voor die voete lê van die Europese groepering wat nooit enige kontak met die inheemse rasse gehad het voor hulle aan die Kaap nie geland het nie?

Waarom die groot verskil tussen die twee groepe met die ontmoetslag?

Wie was verantwoordelik vir die ongelykheid?

Wat was die noodwendige gevolg van hierdie ongelykheid?

Die hond kyk na homself… die tarentaal doen dit… die mens ook.

Die pioniers het aanvanklik eers met Duits, Frans en Hollands as voertaal en later met Afrikaans wat mettertyd ontwikkel het, hulle skole opgerig en met hulle eie kinders se opvoeding aangegaan. Engelse pioniers (1820) het later ook aangegaan met onderrig in hulle eie taal.

Logiese menslike gedrag, om na jou eie om te sien.

In hierdie tyd het die swart stamme ook aangegaan met wat hulle vir honderde jare gedoen het, nl. hulle eiesoortige manier van leef, opvoed, kultuur, jag, veg, ens.… ook na hulle eie omgesien. Hulle het ook nie die Europese nasaat/pionier probeer betrek by hulle aktiwiteite en leefwyse nie.

Logiese menslike gedrag… om na jou eie om te sien.

Die blote feit dat daar so ‘n verskeidenheid van swart stamme was wat elk sy eie grondgebied bewoon het, ‘n eie taal gebesig het, kenmerkende kleredrag, hooftooisels en huisversierings gehad het en nie met mekaar wou meng nie is ook maar ten diepste ‘n manifestasie van “apartheid”.

Die Zoeloes wat uit ‘n magdom van kleiner stamme bestaan het, het dan ook mettertyd ervaar aan die hand van Shaka (wat ‘n imperialistiese strewe gehad het) hoedat die kleiner groeperinge bymekaar gedwing is d.m.v. moord en doodslag, ten einde sy heerskappy te vergroot.

Duisende wat nie wou buig voor die “kolonialisering” van hulle eiesoortige belange (want dis ten diepste wat dit was) nie, het gevlug.

Hulle weiering om te meng of te integreer verteenwoordig ‘n vorm van segregrasie of afsonderlike ontwikkeling, of “apartheid” as jy wil. Hulle wou hulle eiesoortige belange, kultuur en tradisies handhaaf, ten alle koste. Hulle was selfs bereid om te veg daarvoor… soos die Afrikaner!

Dis algemeen bekend dat daar baie min verdraagsaamheid is tussen sekere swart stamme of volke hier in Suider-Afrika. Ook elders in Afrika. In Zimbabwe word onmenslike geweld deur die dominante etniese groepering waaraan Robert Mugabe behoort, toegepas op die opponerende groepering/stam. Etniese konflik bars voordurend los in Afrika (Bv. Hoetoes en Tutsi’s met by die 800 000 mense wat in ‘n kort tyd brutaal vermoor is… sekere instansies koppel graag ander redes aan die konflik.)

Die natuurlike seleksieproses wat redelik ongehinderd sy gang gegaan het in Suider-Afrika vir 300 jaar het uitgeloop op een kultuur wat dominant was en sterker was as die ander, en wat die gang van sake bepaal het. (Kompetisie tussen lewende organismes, mense en kulture is ‘n doodnormale natuurverskynsel en vind spontaan plaas. Die een met die grootste selfhandhawingsvermoë word die dominante faktor.)

Die kultuur van die pioniers of Europese nasate as jy wil, het die lewe op die vasteland verander en het vooruitgang gebring, en nie andersom nie. Logies en feitelik korrek. Die Afrikakultuur het dit nie gedoen nie.

Waarom skuldig voel hieroor… oor jou voorgangers se vermoëns en  positiewe insette?

In die proses het die pioniers die inheemse groepering probeer betrek. Hulle het skole, kerke en ‘n magdom van instellings gebou en tot stand gebring, om die mense blootstelling te gee aan die Westerse manier van doen. ‘n Uiters prysenswaardige stap. Dit was die sterker kultuur wat die pas aangegee het.

Dis feitelik korrek en nie andersom nie.

Daar was uiteraard teenstand. Om skielik jou kinders in skole saam te gooi met mense wat totaal ander waardes aangehang het, sou mos wrywing bring. Dood logies. Wie kan dit nie insien nie?

Net so moeilik as wat dit vir die Europese nasaat/ Afrikaner was om onder die Britse bewind sy “eie” af te sterf, afstand te doen van sekere bekende kultuurgoete en tradisies, en dit onder dwang te ruil vir ‘n ander kultuur met vreemde tradisies en gewoontes, was dit baie gevra van die swart inheemse gemeenskappe om ook van hulle “eie” op te offer en bv. in ‘n ander taal as sy eie skool te gaan.

Interessantheidshalwe, ek het self jare gelede met ‘n ou swartman op ‘n plaas in ‘n afgeleë gebied gepraat wat vir my gesê het dat hy nie wil hê sy seuns moet die Westerse manier van doen aanleer wat in ons skole gedoseer word nie. Volgens hom moes hulle in die veld bees oppas en die leefwyse van sy eie mense aanleer. Sy weerstand en kritiek het nie soseer oor die onderrigtaal gegaan nie, maar eerder oor vakinhoud.

Ek het dit heeltemal verstaan… en ek verstaan dit nou nog. Ek respekteer ander kulture se manier van leef en doen. Ek verwag egter presies dieselfde begrip vir wat “myne” is.

Feit is, die inheemse volke sou nog verder agtergebly het as hulle totaal geïgnoreer was weens hierdie gesindheid van weerstand bied teen “die manier van die witman” en moes hulle net eenvoudig skool toe met Westerse leerplanne, noodgedwonge.

As iemand ‘n probleem hiermee het, antwoord dan net die volgende vraag. Waar was die leermateriaal van die inheemse groepe op daardie tydstip, en wie is verantwoordelik dat dit nie bestaan het nie?

Waarom het die inheemse etniese groepe nie die vertalings gedoen en die totale natuur-, regs-, mediese- en geesteswetenskap oorgeskryf en alle vakrigtings vir hulle kinders in hulle eie moedertale aangebied nie? Waarom moes dit vir hulle gedoen word; waar was hulle akademici ?

(Hier verwys ek na die Afrikaner wat met die ontwikkeling van sy taal byna alle tersaaklike vakinhoud uit Engels, Hollands, Duits en Frans na Afrikaans oorvertaal het, ook nuwe begrippe, definisies en woorde gevorm het, die Bybel vertaal het… te veel om op te noem.)

Geen geskrewe literatuur van enige aard met inheemse oorsprong is ooit in die inheemse groepe se besit gevind sover my kennis strek nie. (Die Boesman het wel baie interessante rotstekeninge agtergelaat.)

Die rede vir gebrek aan parallelle ontwikkeling met dié van die Europese nasate daardie tyd was eenvoudig − inheemse groepe/gemeenskappe het nie die kapasiteit gehad om dit te doen nie. Punt.

Dis feitelik korrek.


Apartheid volg op waarde- en ontwikkelingsverskille

Die logiese gevolg was dat waardeverskille en onewe ontwikkelingsvlakke aanleiding gegee het tot ‘n beleid wat skeiding, segregasie, en afsonderlike ontwikkeling tussen die twee strome of pole voorgestaan het, in alle fasette van die lewe hier in S.A.

Die ontwikkeling en vordering van die verskillende etniese en kultuurgroepe in dié verband was aanvanklik ‘n natuurlike proses wat redelik ongestoord sy gang gegaan het. Die Afrikaan, of nie-blanke dan, het grotendeels sy eie ding gedoen op sy manier, en dieselfde het gegeld vir die Europese nasaat, Afrikaner of blanke dan.

Uiteindelik het mense, tye en persepsies verander en het druk toegeneem om dinge aan te pas. Soos ‘n beskawing ontwikkel, so neem wetgewing toe en word al hoe meer aksies, gedrag en optredes van mense gereguleer ten einde die gemeenskap en sy handelinge te orden. Dieselfde het hier gebeur.

So het wetgewing ook mettertyd die leefwyse van alle mense in Suid-Afrika meer en meer begin reguleer. Voortspruitend uit die verlede en definitiewe verskille wat uitkyk en benadering betref, het ‘n sekere bestuurstyl ontstaan.

Ten diepste het dit vir die Europese nasaat gegaan om selfhandhawing van die blanke en/of Afrikanergroepering en alles wat laasgenoemde verteenwoordig of voor staan, en het “apartheid” uiteindelik die voertuig geword waarmee hierdie doelwit nagejaag is.

Die hond/tarentaal/mens/etniese groepering beywer hom vir sy eie welstand. Niks vreemds daaraan nie.

Belangrik: Dis duidelik uit my skrywe dat ek nie na die een groepering verwys as “reg” en die ander een as “verkeerd” nie,  aangesien “reg” en “verkeerd” ‘n subjektiewe interpretasie van gebeure is. Jou verwysingsraamwerk beïnvloed jou persepsie.

Ek vereenselwig my egter weens my verbintenis tot die Europese of Hugenotenasate, met die belange van my eie (Afrikaner of Boer as jy wil) voor ek my vereenselwig met ‘n ander groepering bv. Britte of Pommies, Amerikaners of Yanks, Chinees, Eskimo of Tswana, ens.

Dis tog duidelik dat die Europese nasaat en/of Afrikaner hulle kultuur/ mense/godsdiens/tradisies sou beskerm en uitbou hier in Afrika en nie sommer net afstand sou doen daarvan nie.

Oerinstink… selfhandhawing!

Niks vreemds daaraan nie. Shaka en Dingaan het bv. hulle eie sienswyse oor ‘n reusegebied afgedwing tydens hulle heerskappy. Duisende wat hierdie twee here se siening geopponeer het, is in die proses vermoor (difeqane). Hope voorbeelde van “apartheid” oral oor die planeet, nie net hier nie. Die Amerikaners en die Rooi Indiane is ‘n goeie voorbeeld.

In die lig van die situasie soos geskets, en met inagneming van die grondige verskille in waardes, leefwyse, werksetiek, opvattings ens., het hierdie wesenlike verskille bygedra tot die feit dat die inheemse groepe in Suid-Afrika nie betrek was op politieke terrein om te help regeer oor die Europese nasaat/Afrikaner/Boer se doen en late nie.

Hier volg ‘n paar opvattings van die Afrikaner se kant af wat hom weerhou het daarvan om mag te deel in die politieke stelsel van daardie tyd.


‘Belaglike’ vrese uit die apartheidtyd

Dis algemeen bekend dat die mening gehuldig was dat geweld en misdaad hande sou uitruk as die inheemse groepering die landsbestuur sou oorneem.

Die bloedige rewolusies van Afrika het dit toe reeds vir jare gewys.

Wat het toe gebeur na verandering van regering wel plaasgevind het?

Was die verwagting ‘n geldige verwagting?

Maak jou eie afleiding.

Wat is jou persoonlike ervaring in dié verband?

Hier by ons in Suid-Afrika het geweldsmisdaad skrikwekkende afmetings aangeneem die afgelope 15 jaar. Tussen 25 000 en 30 000 mense per jaar word vermoor. (Verwys: Medical Reasearch Council/ Interpol/ Nedcore Project-statistieke die afgelope paar jaar. Reeds bykans 3000 blanke boere/vroue/kinders op plase is brutaal vermoor. (Verwys: TLU-statistieke.) Ons word gereken as een van die 3 gewelddadigste lande ter wêreld. En dan word ‘n oplossingsyfer van ongeveer 7% m.b.t. ge-weldsmisdaad genoem. Die verkragtingsyfer is die hoogste ter wêreld.

Verder was die vrees dat standaarde sou afneem weens ‘n ander waardestelsel.

Was dié verwagting toe gegrond… wat is jou persoonlike ervaring?

Hoe gaan dit daar waar jy woon en werk?

Wat is die status van mediese dienste, onderwys, elektrisiteitsvoorsiening, wet en orde, plaaslike bestuur, instandhouding van infrastruktuur?

Dis onnodig om uit te brei hierop… ons almal weet dat standaarde en werksprestasie sodanig verval het dat dit gereken word as een van die primêre faktore waarom honderde duisende Europese nasate/Afrikaners die land verlaat het. Korrupsie onder staatsamptenare en politici, en plundering van staatsgeld woed voort soos ‘n orkaan in ons land.

Moraliteit sou mettertyd verval weens liberalisering. Verder is die mening gehuldig dat kommunisme/sosialisme sou volg as die Afrikaan die land bestuur.

Dit het dan ook oor groot dele van Afrika plaasgevind. Ook hier by ons is dit besig om te realiseer. Die ANC en die Kommunistiese faksie binne eie geledere is tans in ‘n magstryd gewikkel. Ons jeug beleef ‘n enorme moraliteitskrisis, jeugmisdaad ruk hande uit, leerlinge en onderwysers word op die skoolterrein geskiet, verkrag of doodgesteek…

Die geskiedenis het die Afrikaner se verwagtinge, weerstand en vrese dus korrek bewys. Hierdie stelling van my is nie ‘n subjektiewe mening nie, maar eerder ‘n feit wat sigbaar vergestalt word deur die harde werklikheid vandag in Suider-Afrika. Kyk om jou en oordeel self.

In die lig van bogenoemde feite is die sogenaamde beleid van “apartheid” wat mettertyd oor die jare ontwikkel het vanweë die besondere omstandighede hier in Suid-Afrika, glad nie vreemd of onverstaanbaar nie. En dan moet ek byvoeg: ook nie so ongeldig as wat dit afgemaak word nie.

Die nuwe diskriminasie teen blankes

Tans is dieselfde ding (growwe diskriminasie) besig om plaas te vind.

“Gelyke behandeling van alle mense…” een van die slagspreuke van die “struggle”, het in ‘n groot mate betrekking op sommige gelykes, nie op almal nie, en die verwagte utopie waarvoor die ANC hom beywer het, het nooit gerealiseer nie… die situasie is basies nou net omgedraai.

(Onthou jy my voorbeeld… die hoender pik soveel pitte op as wat hy kan… elke hond (wit of swart) vergryp hom aan soveel vleis as wat hy kan?)

Ek sluit af − ‘n prominente swart politieke figuur het ‘n paar jaar gelede in reaksie op ‘n stelling van my dat die huidige regering in praktyk homself skuldig maak aan ernstige diskriminasie, gesê: “You are right… we do practice discrimination through certain policies, strategies and legislation, but there are valid reasons for it”.

Ek het daarop gereageer en soos volg geantwoord: “You are also right with your accusation that the previous government’s policy of apartheid discriminated against a section of society… but there were valid reasons for it.”

Die geldigheid van die vrese, weerstand en verwagtinge daardie tyd onder Afrikaners dat eiesoortige waardes en belange nie gehandhaaf sou kon word onder ‘n swart regering nie, verkry geloofwaardigheid as jy kyk na die emigrasiepatroon wat ontwikkel het die laaste klompie jare sedert die verandering van regering plaasgevind het.

Meer as ‘n miljoen Europese nasate/Afrikaners het die land verlaat na state waar hulle wel hulle lewensbeskouing kan handhaaf. Belangrik om daarop te let dat hierdie 1,5 miljoen mense nie na state in Afrika, of na China, Roemenië of Iran geëmigreer het nie, maar pertinent na plekke waar hulle eiesoortige waardes en belange min of meer geakkommodeer word.

Hierdie gebeure bevestig die geldigheid van die redes vir ‘n beleid van “apartheid”, vanuit ‘n bepaalde hoek bekyk.

Die hele kwessie van “padgee” is in wese ‘n manifestasie van “apartheid”, m.a.w. ek verkies om te gaan as om te bly, as om te integreer met dit wat die swart regering bied. Dis simplisties gestel maar met behoorlike ontleding van die situasie sal jy uiteindelik by dieselfde gevolgtrekking uitkom. Die “padgee”-proses is spontaan… niemand word gedwing nie.

Daar was geldige redes vir die beleid van sogenaamde “apartheid”.

Die konsep is verdedigbaar.

Die uitvoering het plek-plek skeefgeloop.

Sekere reëls, bepalings, regulasies en wette het nie sin gemaak, net soos sekere dinge vandag nie sin maak in die huidige bestel nie.

Vreemd genoeg het die verwerplike “apartheidstaat” die toppresteerder van alle state op die kontinent geword… miljoene Afrikane uit Afrika stroom steeds hierheen… weg van hulle onderskeie lande, bankrot ekonomieë en eenpartyregerings waar onmenslike omstandighede heers wat ironies genoeg, die resultaat is van lande waar ‘n beleid van “apartheid” nooit toegepas is nie, en waar die Afrikaner of Boer nooit regeer het nie!

5 pound freeФильчаков прокурор харькова

Hoe ry die trein…

Oom Sarel was ‘n treindrywer uit die ou dae toe daar nog meer treine as soustreine te siene was. Nou, afgetree, bou hy en ‘n destydse kollega nostalgies modelle van die treine van destyds.

Dis egter die staaltjies van toet wat fassineer, en meestal verlore sal gaan want oom Sarel se hande staan vir niks verkeerd nie, behalwe skryf.

“Destyds” vertel oom Sarel, “het dit nog dikwels gebeur dat lyke met die trein vervoer is. Die kis het in die pakruimte naas die kondukteur se kompartement gereis.

“Soms het die oorledene se familie ‘n begeleier afgevaardig, wat die lyk na sy bestemming moes vergesel.”

Oom Sarel se verhaal speel hom in die bitter hoëveldse winterkoue af. Iewers, onderweg in die middernagtelike ure, los ‘n kondukteur by ‘n stasie die een af wat die lyk aan boord geneem het. Die kondukteur wat blaaskans kry, lig sy maat in oor die lyk wat saamry. Dié is vreeslik bang vir lyke, maar sy werk is sy werk.

Die trein vertrek weer, en nie lank nie, of die nuwe kondukteur besluit hy gaan sy fles koffie inspan en toebroodjies eet om die koue te verdryf.

Die geur van warm koffie versprei na die pakruimte langsaan, waar die begeleier self erg verkluim op die kis sit. En hy raak net erg lus.

Die kondukteur het net begin suie aan die vuurwarm koffie, toe die deur na die lyk oopgaan, en iemand beleef vra: “Goeie naand, kan ek dalk ook asseblief koffie teen die koue kry?”

Die kondukteur is wel oor die lyk wat saamry ingelig, maar nie oor die begeleier nie. Toe hy dus nou stemme hoor, keer hy die warm koffie op homself om, en sonder sy toebroodjies is hy met een duikslag deur die toe venster die nag in.

Synde ‘n goederetrein, is daar net mooi niks wat die begeleier kon doen om die drywer en stoker oor die ongeval ingelig te kry nie. Eers by die volgende halte, gaan breek hy die vreeslike nuus.

Die lokomotief word afgehaak, en so agteruit loop soek hulle die kondukteur. Uiteindelik kry hulle hom toe sleg beseer in die donker.

Pa Jan het self ‘n interessante storie vertel. Treine uit die binneland wat kus toe kom by George, het gewoonlik bo-op die berg vir oulaas water ingeneem. Heel dikwels het daar water gemors, en dus het daar ‘n plaat veldblommetjies om die tenk gegroei.

Met so ‘n water innemery, besluit die kondukteur om blommetjies te pluk, en so ingedagte raak hy, dat hy nooit bemerk die wag trek hom ‘n streep, en waai die vlag dat die trein kan vertrek nie. Die masjinis speel saam, en die trein begin byna geluidloos wegrol af na George toe.

Teen die tyd dat die kondukteur iets agterkom, is die trein al effe op spoed, en die masjinis trek al die ketels oop. Net-net haal die kondukteur dit nie.

Die spoor krink heen en weer af George toe, en die kondukteur kies kortpad, reg af see se kant toe. Kort voor lank sal hy die spoor kruis, en dan sal hy die spulletjie die leviete voorlees!

Maar toe hy die spoor kruis, is die trein net flussies verby, en hy moet verder af. Maar ook daar verpas hy die trein net-net.

Of daar nou ‘n haltetjie voor George se stasie is, en of die trein op George se stasie self ingetrek het, dié kan ek nou nie uit Pa-Jan se vertelling onthou nie, maar toe die trein die eerste stasie onder die berg intrek, kom die brieskende kwaad kondukteur kort op sy hakke aangehardloop.

 

аккумулятора сварочнымДанильченео

Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering

Afrikaners word nou reeds vir ’n geruime tyd deur ’n klein groepie bruin woordvoerders aan ’n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies – soos die voortbestaan van ons moedertaal – op ’n sinvolle wyse saam te werk.

In die hart van hierdie politiek van beskimping staan die idee van “identiteit”. En hoe dodelik voorspelbaar het die argumente nou nie reeds geword nie! Elke aanspraak wat Afrikaners (hoe genuanseerd ook al) op ’n eie identiteit maak, word sonder uitsondering as “rassisties”, “etnosentries” en “angs vir die onbekende” afgemaak. As dit nie so skadelik vir onderlinge verhoudinge was nie kon ’n mens dit soos met Chuene se leuenagtige gebruik van die woord “rassisme” as absurd afgelag het.

Die jongste voorbeeld hiervan kom van Hein Willemse, wat op die onlangse Roots-konferensie aan die Universiteit van Wes-Kaapland slegs met die grootste moeite sy ressentiment en afsku jeens Afrikaners se aanspraak op ’n eie identiteit in bedwang kon bring. Volgens Willemse word diegene (bedoel: Afrikaners) wat hulle op die “saak van ‘die minderheid’, ‘taalregte’ en ‘ons eie’ stel” deur niks minder nie as deur “vrees en angste vir die onbekende oorheers”.

Ten grondslag van Willemse se argument lê ’n erg simplistiese beeld op die geskiedenis. Daarvolgens moet die geskiedenis as ’n soort reglynige proses verstaan word. Aan die begin van sy geskiedenis heers daar ’n angsvallige, vreesagtige en daarom ook patologiese gryp na ’n eie identiteit. Aan die einde van hierdie proses sal ons almal egter uit die kloue van laasgenoemde bevry word. Wanneer dit gebeur, sal ons ons ware menslikheid ontdek. Die feit dat hierdie droombeeld op die geskiedenis nie met die geskiedenis self strook nie, is klaarblyklik nie iets wat Willemse tot enige vorm van nadenke stem nie.

Die geskiedenis lyk inderdaad anders as wat Willemse wil voorgee. Jerry Z. Muller skryf daarom ook in ’n onlangse uitgawe van die gesaghebbende Foreign Affairs dat identiteitspolitiek as die mees dominante politieke verskynsel van die 20ste en 21ste eeu beskou moet word. In weerwil van Willemse se beeld op die geskiedenis word ons tyd eenvoudig gekenmerk deur die een na die ander kultuurgemeenskap wat op die erkenning van hul eie identiteite aanspraak maak. Is dit slegs Afrikaners wat te midde van honderde ander kultuurgemeenskappe nie op sodanige erkenning mag aanspraak maak nie?

Ingevolge sy eie vertrekpunte sou Willemse slegs vir Muller gelyk kon gee as hy tegelyk sou aanvaar dat die tydperk waarna laasgenoemde verwys juis vanweë sy identiteitspolitiek as “patologies” afgemaak moet word. Maar dit is tog gewoon absurd. Genoemde tydperk mag om verskeie redes as patologies beskryf word, maar geen regdenkende mens kan dit sonder meer aan sy identiteitspolitiek toeskryf nie. Inteendeel, daar kan met reg aangevoer word dat die identiteitspolitiek van hierdie tyd in vele opsigte juis ’n bolwerk teen sy moontlike patologieë (soos sy totalitêre bewinde, sy eenvormige massas, sy sosiale ontbinding, ensovoorts) vorm.

Willemse laat hom egter nie deur hierdie soort argumente van stryk bring nie. Inteendeel, volgens hom bestaan daar op grond van sy droombeeld op die geskiedenis ten minste twee redes waarom Afrikaners se dae as ’n identifiseerbare gemeenskap getel is (’n feit waaroor hy skaars sy opgewondenheid kan verberg):

Eerstens, vanweë demografiese faktore (“geboorte, dood en migrasie”) sal die rol en invloed van Afrikaners “met verdrag minder word”. Die Afrikaners se demografiese verdwyning sal volgens Willemse gepaard gaan met die verdwyning van dié soort Afrikaans wat Afrikaners vroeër as nastrewenswaardig beskou het, naamlik goeie Standaardafrikaans.

Tweedens, vanweë die “onomkeerbare” aard van die geskiedenis stuur ons in Suid-Afrika onvermydelik op “kreolisering” af, dit wil sê op ’n toestand waarin die veelheid van tale en kulture uiteindelik hulle gewaande puurheid sal afskud en in ’n soort Suid-Afrikaanse weergawe van die “melting pot”-ideaal deurmekaar geklits sal word. Dit is ’n toestand waarin ons einde ten laaste van die “behoudende dwang van vorme van eng nasionalisme” wat die stiksienige Afrikaners op almal afgedwing het, bevry sal wees.

Ten minste die volgende kritiese notas moet aan die adres van Willemse en sy Afrikaner-vyandige geesgenote gerig word:

  1. Willemse se beeld op die geskiedenis is so oud soos die moderne wêreld self. Vanaf die vroeë modernisme is die geskiedenis voorgestel as ’n reglynige beweging uit die primitiewe sug na identiteit na groter vorme van rasionaliteit en bevryding. Willemse sluit hierby aan, maar met die een verskil: Anders as in die modernisme is dit nie die rede van die verligte mens wat ons van die primitiewe verlede sal bevry nie, maar eerder die toestand van kreolisering. Die geskiedenis weerspreek egter beide moderne beelde op die geskiedenis, dit wil sê sowel die rasionele as die kreoolse opvatting daarvan. Anders as wat die modernisme en sy kreoolse napraters verwag het, gaan die toenemende rasionalisering van ons wêreld juis met ’n groter aandrang op ’n eie identiteit gepaard! Dit is ’n ironie wat Willemse volledig ontgaan.
  2. Willemse se toestand van kreolisering verteenwoordig nie bevryding nie, maar ten diepste ’n totalitêre benadering jeens verskille. In naam van sy idee van veelheid (kreolisering) word juis ’n verstikkende eenheid op almal afgedwing. Dit is ’n eenheid waarin daar geen ruimte vir die kultuurgemeenskappe gelaat word om hulself te bevestig of maar net gewoon te wees nie. “Kreolisering” word nou ’n hoogste plig. Enigeen wat nie aan sy eise voldoen nie, sal met die dodelike oordeel van “rassis” en “etnosentris” getref word.
  3. Willemse en sy geesgenote lewer deurgaans ’n apologie vir ’n sogenaamde “oper, ruimer” Afrikaans. Hierdie apologie het egter niks met werklike openheid uit te waai nie. ’n Oop en skeppende Afrikaans kan slegs binne die ruimte van omskrewe grense bestaan, net soos wat ’n skaakspel slegs binne die ruimte van bepaalde reëls gespeel kan word. (Of ’n Mozart-simfonie slegs binne die – buigbare – beperkinge van die musikale reëls geskryf en opgevoer kan word). Willemse se kreoolse voorspraak beteken nie groter openheid nie, maar eerder die opheffing van Afrikaans.
  4. Willemse se pleidooi vir kreolisering gaan gepaard met ’n protes teen die “behoudende dwang van vorme” en in die besonder teen die “gegermaniseerde, ‘wit’ vorme van Afrikaans” wat in die verlede op alles afgedwing is. Kreolisering daarenteen beteken om met die begrensing wat vorm oplê, weg te doen. Hierdie pleidooi staan egter in die teken van die postmoderne (’n ander woord vir ‘kreolisering’) onvermoë om grense aan te lê. Grense is daarvolgens per definisie verdag. Maar kan hierdie keuse sonder meer gehandhaaf word? Die feit van die saak is dat die postmoderne, kreoolse onvermoë om grense neer te lê met ’n onmiskenbare tendens tot die platvoerse, die onestetiese en die banale gepaardgaan. Vorm en begrensing is dít wat ons nog altyd van die banale afgeskerm het. In die mate waarin Willemse met vorm en begrensing wil wegdoen, lewer hy juis ’n apologie vir die kontemporêre heerskappy van banaliteit. Hierby moet nog die ironiese feit gevoeg word dat Willemse met sy apologie vir kreolisering self weer nuwe vorme van grense aan andere oplê. Sy beroep op die oënskynlik grenslose kreolisering weerhou hom egter daarvan om sy verbintenis tot nuwe grense openlik uit te spreek.
  5. Die kreoolse afkeer van vorm en begrensing gaan (en in weerwil van heftige gebare tot die teendeel) gepaard met ’n afkeer jeens enige vorm van taalpolitiek. Taalpolitiek wêreldwyd beteken immers om grense te bepaal of tussen verskillende grense te bemiddel. In die mate waarin Willemse homself egter van enige vorm en begrensing wil losmaak, in daardie mate stel hy homself juis buite die taalpolitiek.

Omdat Willemse nie die noodsaak van taalpolitiek in bogenoemde sin raaksien nie, word elke sodanige politiek deur hom aan vorme van delegitimering (rassisme, apartheid, ensovoorts) onderwerp. Maar so word verlamming en selfs spanning tussen Afrikaanssprekendes in die hand gewerk – juis nou terwyl daar groter vorme van inspanning, samewerking en bondgenootskap behoort te heers.

Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) en die skrywer van Die nihilisme – notas oor ons tyd.

free no deposit pokerФильчаков прокурор

Afrikaans kan in die nuwe RSA bestaan, mits…

Dit is opmerklik dat die debat rondom die posisie van die Afrikaner, sy taal en ander grondwetlike regte al meer aandag geniet. So begin die afgelope jare se debat oor die behoud van Afrikaans op alle vlakke polariseer rondom twee standpunte naamlik:

  • Die mees populistiese, aan die een kant, as die proses van onderhandel, deel en leef saam. Dit het al die elemente vir mededeelsaamheid en vreedsame naasbestaan terwyl jy jou eie behou. Dit maak voorsiening vir 'n breë algemene stelsel. Dit is ook 'n argument wat maklik verdedigbaar en sonder potensiële konflik is. Hierdie siening lê klem op die argument dat Afrikaans lewendig is en van krag tot krag gaan. As voorbeeld word die geweldige gewildheid van nuwe Afrikaanse sangnommers, konserte, gedigte en literêre werke vooropgestel. Hierdie siening is gemaklik met die deel van alle opvoedkundige instellings met 'n tweede taal binne parallel- of dubbelmediuminstellings.
  • Die tweede siening is die moeiliker een om te verdedig. Dit het dieselfde potensiaal vir vreedsame naasbestaan met veel wyer beskerming. Dit moet egter bereik word deur wedersydse respek vir die taal, kultuur en godsdienstige verskille tussen etniese, taal-, kulturele en godsdienstige minderhede. Minderhede is die werklike realiteit binne die RSA en dit stel minderheidsregte aan die orde. Alhoewel dit nie in omvang binne die RSA-grondwet beskrywe word nie, is daar genoegsame artikels wat juis hierdie uitgangspunt ondersteun. Hierdie omskrywings dui op die begrip minderheidsregte en kan daar gerus na artikels 6, 9(3), 18, 29(2) (3) en (4), 31(1), 235 en enkele ander binne die RSA-grondwet gekyk word.

Artikel 39(1)b van die RSA-grondwet maak voorsiening daarvoor dat die volkereg in ag geneem moet word by die vertolking van die grondwet. Hierdie bepaling maak die internasionale reg en internasionale resolusies soos "Declaration on the Rights of Persons belonging to National or Ethnic Religious and Linguistic minorities adopted by the General assembly Resolution 47/135 of 18 December 1992" asook die bepalings van konvensies soos "The Provision of Article 27 of the International Convenant on Civil and Political Rights concerning the rights of persons belonging to ethnic, religious and linguistic minorities", van toepassing. Resolusies kan nie, maar konvensionele bepalings kan wel internasionaal binne die internasionale regstelsel afgedwing word. Beide die vorige NP-regering sowel as die huidige ANC regering, het hierdie bepalings onderteken.

Hierdie regte is reeds verskeie kere in die internasionale howe in Genève getoets en is daar reeds 'n verskeidenheid uitsprake hieroor. So het die Rehoboth Bastergemeenskap hulle onlangs op hierdie bepalings, ter beskerming van hulle kulturele regte en skole, teen die Namibiese regering in die internasionale howe beroep.

So lê die populistiese benadering groot klem op die deel van onderwysgeriewe wat net op Afrikaanse skole deur die onderwysdepartement afgedwing word. Dit word amalgamasie of transformasie genoem. Hierdie transformasieproses op Afrikaanse skole het die Afrikaanse enkelmediumskole van meer as ±1,600 in 1993 na net sowat 640 in 2009 verminder, waarvan daar waarskynlik minder as 300 vir Afrikanerstudente oor is. Met die huidige amalgamasieprosesse in die Limpopo- en Noordwesprovinsies in volle swang, sal die Afrikaanse skole binne die volgende jaar heelwat verminder en behoort 2015 die doodsklok vir die laaste van die Afrikaanse enkelmediumskole vir Afrikaners te lui.

Dit het dalk belangrik geword om te kyk waarna ons verwys wanneer ons oor die behoud van ons taal praat.

Afrikaans kan as bloot 'n kommunikasiemiddel gebruik word en dan is die populistiese benadering reg en aanvaarbaar want Afrikaans sal waarskynlik met spesiale maatreëls binne die parallel- en dubbelmediumstelsel tot 'n mate behoue kan bly.

Naas kommunikasiemiddel is daar egter 'n tweede vlak naamlik dat Afrikaans, as taal, ook as die goue draad binne 'n bepaalde etos bestaande uit taal, kultuur en godsdienstige waardes dien. Dit gaan dus oor baie meer as net die behoud van ons pragtige taal as kommunikasiemiddel en word hier 'n vlak van digkuns, sang, literêre werke binne die skatkamer van kultuur betree en bedryf. Dit gee aanleiding tot 'n bepaalde woordeskat en taalgebruik wat Afrikaans meer as net 'n kommunikasiemiddel maak. Beide die Afrikaner en die kleurling het elk 'n besondere etos wat deur Afrikaans as taal aanmekaar geweef is. Binne skole en tersiêre instellings gaan dit juis oor die volhoubare oordra van hierdie totale etos aan die nageslagte van beide groepe.

Derdens het Afrikaans die hoogste vlak van ontwikkeling bereik toe dit uitgebou is tot 'n wetenskaps- en akademiese taal. Die eerste hart is spreekwoordelik in Afrikaans oorgeplant. Ses atoombomme is in Afrikaans gemaak. Sasols is in Afrikaans gebou. Wêrelderkende ontwikkelings van allerlei soorte is in Afrikaans geskep. Afrikaans is uitgebou tot 'n wetenskapstaal met 'n eie omvangryke woordeskat wat in doktorale proefskrifte en gepubliseerde navorsing gebruik is. Grade se voorgeskrewe literatuur en eksamens is op skole en tersiêre vlak in Afrikaans afgelê en op die hoogste vlak gebesig.

Die populistiese benadering doen juis aan die hand dat die wetenskapstaalfase van Afrikaans in totaal bedreig word. In die howe word Afrikaans as spreektaal en vir verslaggewing deur Engels vervang. Februarie 2009 se register vir Hofverwysings het slegs een Afrikaanse gerapporteerde uitspraak bevat wat in die Hoërhof van Appèl gelewer is. Dertien jaar terug was dit meer as 75%. Dieselfde gebeure herhaal hom op al meer terreine en in die besonder in skole en spesifiek binne universiteite waar Engels as wetenskapstaal besig is om Afrikaans vervang.

Navorsing deur dr Bertie du Plessis oor die toestand in skole wat hierdie transformasie ondergaan, toon uitdruklik dat die etos van die bestaande taal-, kultuur- en godsdienstige waardes van sodanige skool binne enkele jare deur die meerderheid se taalgebruik en kultuur verdring word. Te meer as die nuwe taal 'n wêreldtaal is en die uiteindelike meerderheid binne die skool dit besig en aandring op onderrig daarin. By C R Swart-hoërskool het dit 8 jaar geduur en by Laerskool Doringfontein slegs ses weke.

Dr Bertie du Plessis het met onlangse studies en ander navorsing juis die gevolgtrekking gemaak dat terwyl almal die afgelope jare geglo het dat die wit Afrikaanse studente te veel skole en universiteite gehad het vanuit die ou bedeling, die teenoorgestelde juis waar is. Die Afrikaanse skole het sowat 9% van alle skole in 1993 uitgemaak en dit was ook die persentasie van Afrikaanse leerders. In 2008 het die Afrikaanse enkelmediumskole verminder na slegs 5,9% van die aantal skole in die land terwyl die Afrikaanse leerders steeds die sowat 9% peil handhaaf. Hierteenoor het ander bevolkingsgroepe ruim genoeg skole in hulle tale wat proporsioneel vir hulle beskikbaar is.

Du Plessis se bevindige word op onstellende wyse deur dr Kathleen Heugh, voorheen van die RGN, in haar navorsing " Implications of the Stocktaking of Mother tongue and Billingual education in Sub-Sharan Africa" bevestig. Benewens die bevestiging, bevind sy dat sodanige transformasie, binne kulturele verband, 'n totaal negatiewe inslag het met gepaardgaande daling in prestasie en uitkomste. Dit geld vir die hele skoolloopbaan sowel as tersiêr daarna. Hierdie tendens is juis deel van die basis van die nuwe kurrikulum van die onderwysdepartement, wat daartoe bydra dat standaarde in duie stort.

Voeg daarby dat die totale aantal skole in die RSA van ± 28 000 in 1994 na minder as 25 000 in 2008 gedaal het, terwyl die bevolkingsgroei en invloei van vreemdelinge waarskynlik ten minste 1 500 addisionele skole teenoor 1994 se getal nodig maak. Ons het dus maklik met 4 500 skole in totaal agteruit geboer en was die grootste slagoffer hiervan die Afrikaanse enkelmediumskole en universiteite wat die oorwig van getalle moes help absorbeer. Dit is benewens die beleid van verdringing van Afrikaans binne onderwysinstellings wat klaarblyklik deur die onderwysdepartement voorgestaan word, hetsy doelbewus, hetsy dalk verskonend sonder bybedoelings. Hoe sal ons dit weet? Wanneer word Engelse skole verplig om Afrikaanse leerders by hulle in te skakel binne 'n parallel- en/of dubbelmediumstelsel? Of word Indiërskole ook aan transformasie onderwerp? Dit is kwelvrae wat dringende antwoorde soek.

Een van die wesentlike vrae wat egter gevra moet word, is: Mag etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgroepe binne die nuwe RSA wel aanspraak maak op hierdie minderheidsregte soos 'n eie onderwysministerie met eie onderwysinstellings en wie moet daarvoor betaal? Mag die Afrikaner, die kleurling en Indiërs, as sodanige minderheidsgroepe, hierdie reg binne 'n eie struktuur opeis?

Dit is belangrik om daarop te let dat die hoofmannestelsel wat as die tradisionele leiers binne CONTRALESA bedryf word, juis 'n erkenning van minderheidsregte vir die swart bevolkings verteenwoodig. Hierdie begrip, wat aanvanklik deur die NP-regering ingestel is, word tans deur die politieke partye onderhou terwille van stemme in die verkiesing en politieke beheer oor die landelike swart bevolkings.

Daar is ook ander swart minderheidsgroepe wat vrylik binne die nuwe grondwet erken word en minderheidsregte beoefen. Van hulle is die Black Accountants; die Black Officers Forum in SAPD; die Black Layers Association; die Black Schools Sport Association en vele meer.

Mnr Jacob Zuma se onlangse uitspraak dat die Afrikaner Afrika se wit stam is, word heelhartig ondersteun want die Afrikaner het oor 350 jaar gegroei tot 'n eie etnies-kulturele, taale en godsdienstige minderheid wat, ook as 'n volk, op hierdie minderheidsregte binne die nuwe RSA mag aanspraak maak. Die verdere vraag is of die Afrikaner dit op eie koste, dus uit sy eie sak, moet herbou of was sy bydrae as een van die boupilare van die RSA genoegsaam dat hy hierop binne die erfreg mag aanspraak maak?

Minderheidsregte sluit naas eie onderwysinstellings ook gesondheidsorg, sosiale, kulturele, sport- sowel as godsdienstige strukture in.

Dit het dringend tyd geword dat ons eerlik na die verskeidenheid van ander moontlike oplossings binne die grondwet begin kyk, eerder as om polities korrekte en populistiese uitsprake na te jaag. Uitsprake wat tot praktyke lei wat die etos van die Afrikaner se eie taal-, kultuur- en godsdienstige waardes bedreig.

Die Afrikaner is geregtig op sy eie strukture binne die nuwe RSA en dit hang slegs van die Afrikaner self as groep af of hy dit gaan behou of afskryf. Niemand anders kan dit namens die Afrikaner opeis nie of so het die Afrikaner ook niemand se toestemming nodig nie. Een groep kan dit ook nie namens 'n ander groep opeis nie en die samevoeging van groepe kompliseer die omskrywing en betekenis van die begrip "etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderhede", soos dit in die internasionale reg verwoord word, sowel as die betekenis van die begrip minderheidsregte.

Louis Smuts is direkteur van TABOK en bogaande is op GRA-dag, 14 Augustus 2009, as 'n toespraak gelewer in 'n debat oor die voortbestaan van Afrikaans, aldan nie.

каталог строительных товаровФильчаков прокурор харькова

Afrikaans mag binne twee of drie geslagte uitsterf

Vrydagaand 14 Augustus (GRA-dag) het ek die onderstaande toespraak gelewer tydens 'n debat oor die toekoms van Afrikaans wat deur die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans gereël is. Mnre. Louis Smuts van Tabok en Cornelius Janse van Rensburg van die Vryheidsfront Plus se jeugbeweging het die saak vir die voortbestaan van Afrikaans verdedig, terwyl mnr. Henk van de Graaf van Radio Pretoria ook my pessimistiese prognose vir Afrikaans ondersteun het. Op pad na die Hervormde Kerksaal in Du Toitstraat in die middestad van Pretoria, het ons die indruk gekry dat ons vreemdelinge in die stad was. Terwyl die strate van Pretoria op 'n Vrydagaand wemel van mense, is daar geen blankes of Afrikaners te sien nie. 'n Mens wonder wat Paul Kruger en die oorspronklike stadsvaders daarvan sou gedink het, maar die demografiese transformasie – om 'n gepaste term te gebruik – van Pretoria ondersteun insgelyks my argument, dat Afrikaans sonder een of ander groot poging deur Afrikaners of 'n radikale staatkundige verandering in Suid-Afrika, bestem is om algaande te kwyn en dan uit te sterf.

Sedert Brittanje onder aanvoering van Lord Craig vir die eerste keer die Kaap in 1795 binnegeval het, het Nederlands, of dan die latere Afrikaans, byna konstant verliese van sprekers teenoor Engels getoon. Vandag bestaan daar vele mense in die land met Afrikaanse vanne wat nie Afrikaans magtig is nie. Hulle gaan nooit ‘n Afrikaanse boek lees nie, ‘n Afrikaanse film of TV-program kyk nie en natuurlik sal so ‘n persoon net in buitengewone omstandighede sy of haar kind na ‘n Afrikaanse skool stuur.

Van die groot aantal Afrikaner-emigrante wat sedert 1994 die land verlaat het, kan mens gerieflik sê dat slegs ‘n minderheid se kinders wat in die buiteland gebore is, nog Afrikaans praat. My beste vriend op skool – ek was aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg – se kinders verstaan geen woord Afrikaans nie, want hy is met ‘n Engelse vrou uit Natal getroud en agterna het hulle in Londen gaan woon waar hy sedertdien as advokaat praktiseer. Op een van my rare besoek aan hul woning het ek en hy oudergewoonte met mekaar Afrikaans gepraat.

"Daddy, what language is that?" het sy oudste seun in die geselskap gevra. "Dis Afrikaans," het sy pa geantwoord.

Net so hoor mens vele Afrikanerkinders wat binne enkele jare in Australië verengels aan hul Australiese maats sê: "My dad speaks Afrikaans." Maar self het hulle die taal verloor.

Een van die punte wat ek hier gaan benadruk, spreek uit dié voorbeelde: 'n ouer kan moeilik sy eie taal aan sy kind oordra indien die kind in 'n geheel en al anderstalige omgewing grootword. Onlangse studies wat in Kanada gedoen is, het bevind dat 'n groot persentasie kinders van Franssprekende ouers wat buite hul tuisprovinsie Québec grootword, eenvoudig verengels omdat sulke kinders in 'n sogenaamde "see van Engels" opgroei. Kanada, wat tweetaligheid ernstig opneem, anders as die huidige Suid-Afrika wat slegs lippediens aan sogenaamde "meertaligheid" bewys en in wese reeds 'n Engelse staat is, neem tweetaligheid ernstig op. Die staat stel selfs spesiale hulpmiddele en Franstalige skole in Engelse gebiede aan ouers beskikbaar en die bevordering en beskerming van Frans word as 'n belangrike aspek van staatsbeleid beskou.

Franstalige Kanadese of Québecois voel nasionalisties oor hul taal en is oor die algemeen baie taalgetrou, waarskynlik baie meer as Afrikaners. Desnieteenstaande en nieteenstaande tweetalige kommunikasie deur die staat en genoegsame Franstalige skole en amptelike steun vir die Franse kultuur, ondervind ouers buite die Franse gebied van Québec dit toenemend moeilik om hul moedertaal aan hul eie kinders oor te dra, net soos die Afrikaners in Australië, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en elders. Daar word verwys na "die see van Engels" wat hierdie kinders omring en wat uiteindelik sterker is as die ouerhuis se invloed om die eie kultuur te handhaaf.

Die meeste Afrikaners is trots op hul Dietse of Nederlandse afkoms. Maar as ons praat van taalgetrouheid is Nederlanders wêreldwyd die immigrantegroep wat die vinnigste hul taal verloor. In sowel Australië as Kanada verloor 87% van Nederlandse immigrante in dié lande binne een geslag hul taal!

Redelik gou ná 1994 het ons agtergekom dat die politieke revolusie wat mnr. F.W. de Klerk in sy wysheid ontketen het ook 'n taalrevolusie was. Die ou tweetalige Suid-Afrika, wat ook vir die ontwikkeling van swart streekstale in die ou tuislande voorsiening gemaak het, het 'n Engelse land geword. Binne enkele jare het die grondwetlike illusie dat Afrikaans gelyke status teenoor Engels in die staatsdiens en in die openbaar sou geniet, so te sê soos mis voor die son verdwyn. Die staat doen nie eens moeite om simboliese fieterjasies te handhaaf wat selfs die indruk sou skep dat Afrikaans nog enige amptelike status sou geniet nie.

Duisende jare gelede kon 'n taal oorleef al is hy deur slegs enkele honderde mense gepraat wat aan dieselfde stam behoort het. Afrikaans is egter 'n moderne, ontwikkelde kultuurtaal wat grootliks in die twintigste eeu gestandaardiseer en gevorm is. As sodanig, het Afrikaans – soos enige ander taal ter wêreld – bepaalde elemente nodig wat die werking en voortbestaan daarvan verseker. Ek wil nou poog om sulke elemente te identifiseer:

  1. 'n Taal het sprekers nodig. Afrikaans beskik sekerlik steeds oor sprekers, maar van ons mees opgevoede en geskoolde mense word deur regstellende aksie landuit gedryf. Na raming het reeds 'n miljoen Afrikaners die land verlaat en waarskynlik gaan hulle kinders en kleinkinders hoofsaaklik Engels praat en deel van die 87% Dietse taalsprekers word wat binne een geslag hul taal verloor.
  2. 'n Taal het instellings soos skole, kleuterskole, universiteite, 'n akademie wat die taalreëls vasstel, asook biblioteke, museums en ander bewaringsinstansies nodig. Ná 1994 is feitlik alle staatshulp aan die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns onttrek. Afrikaanse universiteite is deur Kader Asmal saamgesmelt met die uitsluitlike doel om die Engelstalige studente aan die meeste Afrikaanse universiteite in die meerderheid te stel sodat hulle gouer kan verengels. Die Hoërskool Ermelo en vele ander laer- en hoërskole is onderwerp aan dikwels hardhandige maatreëls om hulle op die pad van tweetaligheid en verengelsing te plaas.
  3. Elke taal ter wêreld, selfs groot tale soos Frans, Duits en Spaans wat elkeen oor honderde miljoene sprekers beskik, ontvang staatshulp as dit kom by die befondsing van vertalings, die publikasie van tegniese en literêre boeke, 'n eie film- en TV-bedryf, asook die bevordering van daardie taal in die eie land en internasionaal. Danksy die de facto-status van staatlose taal wat Afrikaans sedert 1994 beklee, ontvang ons geen staatsondersteuning nie en sal enige Suid-Afrikaanse ambassade in die buiteland ons waarskynlik uitlag indien ons vra dat ons taal, letterkunde en kultuur ook elders ter wêreld bevorder moet word, veral onder die groot aantal Afrikaner-emigrante, maar ook onder sprekers van verwante tale soos Nederlanders, Vlaminge en Duitsers.
  4. 'n Taal moet 'n nuttigheids- of handelsfunksie hê, anders sien nóg moedertaalsprekers, nóg vreemdetaalsprekers enige nut in die handhawing of aanleer van die taal. Weereens, in ander tweetalige lande soos België en Kanada, bestaan streng wetgewing wat die swakker ekonomiese taal teen mededinging beskerm. In Vlaandere, die Nederlandstalige gebied van België, word geen Franse reklameborde of ander tekens toegelaat nie. In Québec weer, beskerm die Franssprekendes hulself teen mededinging van Engels en bestaan daar 'n spesiale staatsliggaam wat algemeen as die "taalpolisie" bekendstaan wat sorg dat Frans die heersende handelstaal bly en ook dat geen maatskappy in Québec 'n webwerf aanhou waarop Frans nie voorrang teenoor Engels geniet nie. Hoeveel Afrikanersakemanne in Suid-Afrika adverteer hul produkte of dienste in Afrikaans, wonder ek? Maar ons beskik oor geen taalpolisie of ander staatsinisiatiewe wat die gebruik van Afrikaans in die handel bevorder nie.
  5. 'n Taal het behoefte aan wat ek 'n "regverdige bestel" sou noem. In 'n meertalige land sou dit beteken dat daar 'n behoorlike grondwet en taalwette bestaan wat die staat, die administrasie en die burgers ernstig opneem. Ons het nou al male sonder tal gesien dat ons Engelse staat hom glad nie aan enige reëls steur wat die de facto-hegemonie van Engels sou belemmer nie.
  6. Uiteindelik – en dit is my eie oortuiging ook – is daar 'n verband tussen taal en grondgebied. Die internasionale voorbeelde, soos Vlaandere en Québec, vertel ons dat 'n situasie van taalongelykheid en konstante taalverskuiwing van die ondergeskikte taal na die dominante taal slegs gestabiliseer kan word deur 'n bepaalde gebied aan die taal toe te ken. Selfs kleiner tale of dialekte kan baat by of gered word deur 'n sogenaamde Sprachinsel of "taaleiland", 'n eie gebied wat binne die meerderheidstaalgebied aan so 'n taal of dialek toegeken word. Vir alle praktiese doeleindes beskik Afrikaans oor geen gebied in die land nie, hoewel daar vele dorpe, stede en streke bestaan waar ons taal deur die meerderheid inwoners gepraat word. In dié opsig handhaaf die RSA die ou Sowjetbeginsel waarop Hermann Giliomee reeds gewys het. Russies het in die ou Sowjetunie die "reg van toegang" tot die gebiede van ander tale gehad, maar die omgekeerde het nie gegeld nie. Engels in Suid-Afrika beskik oor die "reg van toegang" tot Afrikaanse gebiede of instellings, maar die omgekeerde geld nie. Waarskynlik is dit 'n biologiese beginsel, maar sonder grondgebied of een of ander vorm van territorium wat op sy eenvoudigste 'n Afrikaanse skool kan wees, kan geen taal oorleef nie. As ons eerlik is, moet ons erken dat Afrikaans hom tans binne Engels-verowerde gebied bevind en kan ons nie eens permanente aanspraak maak op die mees basiese instellings wat vir ons 'n vorm van territorium sou kon bied nie.
  7. In die moderne samelewing speel media natuurlik 'n geweldig belangrike rol. Een van die voordele van 'n eie land, volkstaat of gebied is dat jy nie net die grondgebied beheer nie, maar ook die luggolwe waar jy vrylik uitsaailisensies aan radiostasies en televisiekanale in jou taal kan toeken. Helaas, by gebrek aan 'n gebied, beskik Afrikaners of Afrikaanssprekendes glad nie oor dié voorreg wat vir baie ander taalgemeenskappe wêreldwyd 'n reg is nie. Radio Pretoria, 'n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie, moes op eie koste 'n tienjaarlange hofstryd voer vir die reg om in Afrikaans uit te saai. Enige nuwe Afrikaanse stasie of kanaal moet 'n magdom Engelse vorms vir Okosa invul en sal waarskynlik deur die Engelstalige owerheid afgekeur word omdat 'n Afrikaanse medium nie sogenaamd "inklusief" genoeg is nie.
  8. 'n Laaste element waarsonder geen taal kan oorleef nie, is die taalgetrouheid of die taalnasionalisme van sy sprekers. Afrikaans het in die verlede die hindernisse van 'n tweetalige staatsbestel en Engelse oorheersing oorkom omdat die taal deur 'n baie sterk nasionalistiese beweging onder skrywers, taalkundiges, historici, omroepers, dramaturge, filmmakers, onderwysers, predikante en die gewone man op straat gedra is. Tans leef ons in die sogenaamde "globale tydvak" in 'n land wat hom as deel van die internasionale Engelse kultuur sien en daarom per definisie vyandig staan teenoor enigiets wat die staat of sy apologete as "etniese nasionalisme" sou tipeer. Afrikaans of dan Standaardafrikaans of die Afrikaanse kultuurtaal, is die gevolg van 'n nasionalistiese beweging. By gebrek aan so 'n taalnasionalisme, binne 'n reeds Afrikaansvyandige staatsbestel, is dit feitlik 'n uitgemaakte saak dat Afrikaans gaan uitsterf.

Tot dusver het ek agt elemente geïdentifiseer waarsonder geen taal op die duur kan oorleef nie. Ons het gesien dat Afrikaans oor geen van dié elemente wat ander, groter tale onderskraag, beskik nie.

Volgens taalkundiges is daar tans omtrent 5500 tale in die wêreld oor, waarvan sommige Indianetale is wat deur slegs enkele stamme gepraat word. Dieselfde taalkundiges beweer dat 90% van daardie tale in hierdie eeu gaan uitsterf teen die tempo vaon ongeveer een per week. Indien die huidige toestand in Suid-Afrika voortduur, gaan iemand beslis vir Afrikaans tydens een van daardie weke 'n grafsteen oprig, daarvan is ek oortuig.

Afrikaans is op die oomblik soos 'n pasiënt in die vroeë stadium van terminale kanker; hy lyk nog gesond, maar as die dokter – of in dié geval die taalkundige – hom bietjie ondersoek, is al die tekens daar dat ons taal ernstig siek is.

'n Mens hoef maar net Sewendelaan of Villa Rosa op die televisie aan te skakel, of te luister hoe hoërskoolkinders praat, om agter te kom dat baie sprekers van Afrikaans reeds 'n stadium bereik het wat as "oorgangstweetaligheid" bekendstaan.

Konstante taalverskuiwing van een taal na 'n ander lei uiteindelik tot die dood van die taal wat al die sprekers afstaan. Die proses waardeur 'n individu of gesin hul taal verloor, is eintlik baie dieselfde as die manier waarop die taalgemeenskap in sy geheel sy taal prysgee.

Wanneer die kind van 'n Nederlandse immigrant in Australië of Kanada – onthou 87% van hulle verloor hul moedertaal – in die sogenaamde Engelse see grootword, mag hy nog enkele Nederlandse woorde praat wat hy van sy ouers geleer het. Alles in die samelewing rondom hom is egter Engels en hy gaan in Engels skool. Alle komplekse begrippe kan hy slegs op Engels uitdruk. Selfs al praat so 'n kind sy moedertaal, gaan dit gemeng wees want vir 'n groot aantal begrippe, name of uitdrukkings in sy omgewing beskik hy gewoon oor geen terme in sy moedertaal nie. Uiteindelik kwyn die moedertaal en op die ou end bly feitlik niks oor nie. Natuurlik gaan enige kind van die volgende geslag geheel en al die oorspronklike taal verloor het.

Vele sprekers van Afrikaans bevind hulself reeds in 'n toestand van oorgangstweetaligheid. Hulle ken of gebruik nie meer alledaagse Afrikaanse woorde soos "loodgieter", "pragtig" of "polisiestasie" nie. Hulle praat van "plumber", "awesome" of "police station", bloot omdat dit die woorde is wat hulle in hul omgewing – hulle 100% Engelse omgewing – aantref.

Terwyl daar 'n polities korrekte argument bestaan dat die gekleurde sprekers van Afrikaans, veral in die Wes-Kaap, die "toekoms van Afrikaans" verteenwoordig vanweë hul relatief hoë bevolkingsaanwas, is die taalverskuiwing onder Afrikaakssprekende kleurlinge in die groter Kaapstadgebied nog veel erger as onder Afrikaners. In 'n redelik onlangse studie wat deur plaaslike en internasionale taalkundiges word die volgende kommentaar op bl. 95 aangetref:

"English has replaced Afrikaans as the most widely-used home language amongst primary school children in the metropolis, something that could indicate the beginnings of a language shift from Afrikaans." *

Terwyl die meerderheid kleurlingoupas en -oumas in die Kaapstadomgewing Afrikaans-eentalig was, is hul kinders tweetalig. Die huidige geslag kinders het egter nou die oorgang na Engels gemaak. Die proses van taalverskuiwing is reeds aan die gang en terwyl dit onder blanke Afrikaners minder opmerklik is, gaan die huidige verlies aan Afrikaans se hoër funksies in die staatsdiens, die howe, universiteite, banke en ander groot maatskappye en uiteindelik ook die skole verreikende implikasies vir die voortbestaan van Afrikaans hê.

Sonder om alarmisties te wees, moet ons besef: die krisis is baie groter as wat ons dink. Indien die status quo voortduur, gaan Afrikaans binne twee of drie geslagte vir alle praktiese doeleindes uitsterf.

Die skrif is aan die muur vir Afrikaans. Indien ons nie 'n baie groot poging aanwend nie, is dit feitlik onomkeerbaar.

 * Language policy implementation and language vitality in WesternCape primary schools deur Peter Plüddemann, Daryl Braam, Peter Broeder, Guus Extra, Michellé October. Praese Occasional Papers nr. 15, Universiteit van Kaapstad, 2004.

ролики детскиепрокурор Фильчаков

Afrikaans gaan uit die howe verdwyn

deur JMT Labuschagne
Almal wat al skaak gespeel het, weet hoe dit werk: Jy skuif eers stil-stil jou stukke in plek voordat jy die finale skuif maak en jou opponent die nekslag toedien.Sulke stadige skuiwe van pionne sien ek tans in die ANC se planne vir die regswese. Voordat Afrikaners dit weet, gaan die ANC ons skaakmat om Engels as enigste voertaal in ons howe te aanvaar.

Twee onlangse voorvalle het my aan hierdie “onsigbare” strategie herinner. In die een het ’n swart advokaat in die Kaapse hooggeregshof daarop aangedring om sy kruisondervraging in Zoeloe te doen.

Op die oog af lyk dit of hy ’n slag vir veeltaligheid in ons land geslaan het, maar eintlik is die teendeel waar. Sy versoek was uit verset omdat die advokaat van die ander party in die saak sy ondervraging in Afrikaans gedoen het.

Ek het al telkens gesien dat swart prokureurs dié tegniek gebruik om hulle te verset teen die gebruik van Afrikaans in die howe. Die agenda agter dié optrede is om Afrikaners te dwing om ’n kompromie te tref.

Almal wat al litigasie gedoen het, weet dit is erg frustrerend om deur middel van ’n tolk kruisondervraging te moet doen. Die meeste mense sien nie daarvoor kans nie, met die gevolg dat Afrikaanse regslui maar liewers oorslaan na Engels om die gesukkel te vermy.

In die tweede voorval wat my laat dink het aan dié skaakspel met taal, het ek na ’n uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria geluister. ’n Wit, Afrikaanse prokureur het voor ’n swart regter en ’n assessor verskyn oor die skrapping van ’n prokureur van die rol van prokureurs.

Die verrigtinge en die stukke was in Engels, soos maar deesdae die geval in Suid-Afrikaanse howe is. In ’n stadium het die prokureur versoek om ’n dokument aan die hof voor te lees en het om verskoning gevra dat dit in Afrikaans is.

Die regter het toe ’n lang toespraak afgesteek oor hoe hy hoop mense sal mekaar nou tegemoet kom in Suid-Afrika en ’n pragmatiese antwoord op die taalprobleem vind. Hy het ná die aandrang op die gebruik van moedertaal in die howe as “politiekery” verwys. Sy uitdruklike woorde was dat mense Engels in die howe moet gebruik om politiekery oor taal te oorkom.

Wat tans gebeur, is dat swart regslui eenvoudig nie Afrikaans in die howe gebruik nie – trouens, hulle maak dikwels beswaar teen ander se gebruik daarvan. Die enigste geval waar die gebruik van Afrikaans nie in die gedrang kom nie, is waar al die partye Afrikaans is.

Die realiteit is dat die meeste Afrikaanse prokureurs nie kans sien vir konfrontasie oor die gebruik van Afrikaans en vir die probleme met tolking nie, en dan volg hulle maar die maklike weg deur Engels te gebruik.

Daar is nog ’n probleem vir Afrikaans in die howe: dit is gemene saak dat die nuwe regters in die hooggeregshowe net nie meer regsartikels en ander regsbronne in Afrikaans lees nie. Die gevolg is dat dit vir ’n akademikus nie meer sin maak om in Afrikaans te skryf nie omdat dit nie neerslag sal vind in die regspraktyk nie.

En ongeag wat enigiemand dalk tot die teendeel beweer: ’n Skrywer skryf om gelees te word.

My wyse ou vader, ’n professor in die regte, het gedurende sy redelik kort leeftyd van 62 jaar ’n enorme uitset van regsnavorsing gehad. Hy het nougeset net in Afrikaans geskryf en sou alleen op spesiale versoek in Engels skryf.

Die oorgrote meerderheid van sy regsbronne was uit Nederland, Duitsland en die Skandinawiese lande. (Dit is terloops een enorme voordeel van Afrikaans: die Germaanse taal maak dit maklik om Duits aan te leer en Nederlands te verstaan – iets waarop die enkeltalige Engelse glad nie aanspraak kan maak nie.)

Die regstelsels op die Europese vasteland, veral dié van Nederland en Duitsland, is hoogs ontwikkeld en baie verlig in teenstelling met die regspraak in die Engelssprekende wêreld, wat maar nog op ’n baie agterlike vlak funksioneer. Só het sommige Amerikaanse state nog ’n verbod op sodomie tussen toestemmende volwassenes, en dit in die 21ste eeu!

My pa het altyd gesê – en dit maak goed sin – dat hy alles kan lees wat die Engelssprekende regsgeleerdes in Suid-Afrika kan lees plus hy kan Nederlands en Duits lees – wat hulle nie kan lees nie. Gevolglik is sy kenniswêreld soveel wyer as die Engelssprekende s’n.

As ons Afrikaans in die howe verloor, verloor ons hierdie voordeel.

Dit bring my by ’n verdere probleem vir die regspleging in Suid-Afrika: die verengelsing van ons regsdenke. Omdat so baie van die nuwe regstudente net Engels verstaan, gaan studeer hulle ook net aan Engelse universiteite oorsee. Die Germaanse, kontinentale wêreld bly vir hulle ’n vreemde wêreld, met die gevolg dat die Engelssprekende wêreld se idees maar net so oorgeneem word in ons land.

Die groot vraag is: Is die Engelssprekende wêreld dan so prysenswaardig dat ons dit net so wil oorneem?

Ek dink nie so nie. Die Britte is die gewelddadigste gemeenskap in Europa, terwyl die Amerikaners op daardie gebied sommer nommer een in die hele Westerse wêreld is. Hoekom sou ons hulle wil na-aap?

Die ANC se strategie is eenvoudig: Hy gaan die argument van “dit is bloot prakties” gebruik om ons howe te verengels. Dit gaan ’n “praktiese” kompromie wees om die reg eerder in Engels te bedryf as om aan al die ander landstale gelyke status te gee.

Pro-Afrikaanse aksies vanuit ons gemeenskap is meestal toegespits op ’n strategie wat eenvoudig nie kan werk nie: Hulle probeer polities-korrek wees deur kampvegters te wees vir die reg van alle amptelike landstale om in die howe gebruik te word. Maar dié strategie speel in die hande van die ANC, want die praktiese werklikheid is dat dit onmoontlik is om elf tale in die howe te gebruik. Dit sal net tot gevolg hê dat almal “uit praktiese oorwegings” Engels as die enigste hoftaal sal aanvaar.

Wat stel ek dan voor? Dat ons moet veg vir die status quo soos dit nog altyd bestaan het. Hou ons howe Afrikaans en Engels.

Ek kan onmiddellik die koor van verontwaardiging uit linkse kringe oor dié voorstel hoor opklink, want hoe durf ek immers Afrikaans erkenning in die howe wil gee maar nie die ander inheemse tale nie? Daar is egter goeie, rasionele argumente vir hierdie plan. In die eerste plek kan ’n mens nie byvoorbeeld Zoeloe en Afrikaans op dieselde voet plaas nie. Zoeloe het geen geskrewe regsbronne nie en dit was ook nog nooit ’n amptelike taal van ’n moderne staat nie.

Zoeloe-regspraak is beperk tot stamadministrasie. Uitsprake is egter nooit genotuleer nie en kan dus nie ’n betroubare bron vir regspleging wees nie.

Afrikaans daarenteen (via Nederlands) word sedert 1652 al in howe gebruik. Die Afrikaanse regspraak het ’n ryke tradisie wat teruggevoer kan word na Nederlandse skrywers soos Voet, Grotius en andere wat weer húl geskiedenis kan terugvoer na die Romeinse ryk. Die Romeine het ’n formidabele regstelsel gehad waarmee weinig ander regstelsels kan vergelyk.

Suid-Afrika se ander landstale (uitgesluit Engels) kan eenvoudig nie dieselfde aanspraak maak nie.

Daarbenewens verbind Afrikaans ons met die groot regstelsels van Nederland en Duitsland (soos wat ek hierbo verduidelik het), wat ’n ryke toevoeging tot die Suid-Afrikaanse regspraak kan wees. Die insette van sulke verligte, gesofistikeerde gemeenskappe kan net tot ons voordeel wees.

Die inheemse regstelsels, daarenteen, is onderontwikkeld, patriargaal en outoritêr. Dit sal nie tot voordeel van ontwikkeling in Suid-Afrika wees om byvoorbeeld lobola deel van ons reg te maak nie. Dit kan nie inpas in ons handves van menseregte nie.

Hierdie pleidooi vir die ou tweetaligheidsbedeling in ons howe gaan ongelukkig op dowe ore val. As ek my mag verstout om waarsêer te speel,voorspel ek dat Afrikaans binne die volgende jaar amptelik in ons howe afgeskaf gaan word.

Die proses kom al van 1994 af. Stil-stil word die stukke so geskuif sodat die skaakmat onafwendbaar word.

Dit het begin met die verengelsing van De Rebus – prokureurs landwyd se regstydskrif – en die onsuksesvolle veldtog van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans om dit te keer.

Die amptelike nekslag vir Afrikaans as hoftaal sal binnekort toegedien word. En wat gaan die gewone Afrikaner daaromtrent doen? Niks.

video slotФильчаков прокурор харькова

Bestaan middele om die Afrikaanse taal en kultuur te red?

Dit is opmerklik dat die debat rondom die posisie van die Afrikaner, sy taal en ander grondwetlike regte al meer aandag geniet. So begin die afgelope jare se debat oor die behoud van Afrikaans op alle vlakke polariseer rondom twee standpunte naamlik: deel sonder weerstand of handhawing deur minderheidsregte.

Die meer populistiese benadering hou die proses van onderhandel, deel en saamleef as ideaal voor. Dit het al die elemente vir mededeelsaamheid en vreedsame naasbestaan terwyl jy jou eie behou. Dit maak voorsiening vir 'n breë algemene stelsel. Dit is ook 'n argument wat maklik verdedigbaar en sonder potensiële konflik is. Hierdie siening lê klem op die argument dat Afrikaans lewendig is en van krag tot krag gaan. As voorbeeld word die geweldige gewildheid van nuwe Afrikaanse sangnommers, -konserte en -gedigte en literêre werke vooropgestel. Hierdie siening is gemaklik met die deel van alle opvoedkundige instellings met 'n tweede taal binne parallel- dubbelmediuminstellings.

Die tweede siening is die moeiliker een om te verdedig. Dit het dieselfde potensiaal vir vreedsame naasbestaan met veel wyer beskerming. Dit moet egter bereik word deur wedersydse respek vir die taal, kultuur en godsdienstige verskille tussen etniese, taal-, kulturele en godsdienstige minderhede. Minderhede is die werklike realiteit binne die RSA en dit stel minderheidsregte aan die orde. Alhoewel dit nie in omvang binne die RSA-rondwet beskrywe word nie, is daar genoegsame artikels wat juis hierdie uitgangspunt ondersteun. Hierdie omskrywings dui op die begrip minderheidsregte en kan daar gerus na artikels 6, 9(3), 18, 29(2) (3) en (4), 31(1), 235 en enkele ander binne die RSA-grondwet gekyk word.

Artikel 39(1)b van die RSA-grondwet maak voorsiening daarvoor dat die volkereg in ag geneem moet word by die vertolking van die hierdie grondwet. Hierdie bepaling maak die internasionale reg en internasionale resolusies soos "Declaration on the Rights of Persons belonging to National or Ethnic Religious and Linguistic minorities adopted by the General assembly Resolution 47/135 of 18 December 1992" asook die bepalings van konvensies soos "The Provision of Article 27 of the International Convenant on Civil and Political Rights concerning the rights of persons belonging to ethnic, religious and linguistic minorities", van toepassing. Nie resolusies nie, maar konvensionele bepalings kan wel internasionaal afgedwing word binne die internasionale regstelsel. Sowel die vorige NP-regering as die huidige ANC-regering het hierdie bepalings onderteken. 

Hierdie regte is reeds verskeie kere in die Internasionale howe in Geneve getoets en is daar reeds 'n verskeidenheid uitsprake hieroor. So het die Rehoboth-Bastergemeenskap hulle onlangs op hierdie bepalings, ter beskerming van hulle kulturele regte en skole, teen die Namibiese regering in die internasionale howe beroep.

So lê die populistiese benadering groot klem op die deel van onderwysgeriewe wat dan ook in sy volle omvang deur die onderwysdepartement net op Afrikaanse skole afgedwing word. Dit word Amalgamering of Transformasie genoem. Hierdie transformasieproses op Afrikaanse skole het die Afrikaanse enkelmediumskole van meer as ±1 600 in 1993 na net sowat 640 in 2009 verminder, waarvan daar waarskynlik minder as 300 vir Afrikanerstudente oor is. Met die huidige amalgameringsprosesse in Limpopo en die Noordwesprovinsies in volle swang, sal die Afrikaanse skole binne die volgende jaar heelwat verminder en behoort 2015 die doodsklokke vir die laaste van die Afrikaanse enkelmediumskole vir Afrikaners te lui.

Dit het dalk belangrik geword om te kyk waarna ons verwys wanneer ons oor die behoud van ons taal praat.

Afrikaans kan as bloot 'n kommunikasiemiddel gebruik word en dan is die populistiese benadering reg en aanvaarbaar want Afrikaans sal waarskynlik met spesiale maatreëls binne die parallel- en dubbelmediumstelsel in 'n mate behoue kan bly.

Naas kommunikasiemiddel is daar egter 'n tweede vlak: Afrikaans as taal dien as die goue draad binne 'n bepaalde etos wat uit taal, kultuur en godsdienstige waardes bestaan. Dit gaan dus oor baie meer as net die behoud van ons pragtige taal as kommunikasiemiddel en op hierdie tweede vlak word die digkuns, sang en literêre werke, kortom, die skatkis van die totale Afrikaanse kultuur geskep en bedryf. Dit gee aanleiding tot 'n bepaalde woordeskat en taalgebruik wat Afrikaans meer as net 'n kommunikasiemiddel maak. Beide die Afrikaner en die kleurlinge beskik elk oor 'n besondere etos wat deur Afrikaans as taal gedra word. Binne skole en tersiêre instellings gaan dit juis oor die volhoubare oordra van hierdie totale etos aan die nageslagte vir beide groepe.

Derdens het Afrikaans die hoogste vlak van ontwikkeling bereik toe dit uitgebou is tot 'n wetenskaps-/akademiese taal. Die eerste hart is spreekwoordelik in Afrikaans oorgeplant. Ses atoombomme is in Afrikaans gemaak. Sasols is in Afrikaans gebou. Wêrelderkende ontwikkelings van allerlei soorte is in Afrikaans geskep. Afrikaans is uitgebou tot 'n wetenskapstaal met 'n eie omvangryke woordeskat wat in doktorsgrade, professerate en navorsing gebruik is Voorgeskrewe literatuur en eksamens is op skole en universiteite in Afrikaans geproduseer en die taal is op die hoogste vlak gebesig.

Die populistiese benadering van mededeelsaamheid veroorsaak juis dat die wetenskaptaalsaspek van Afrikaans wesentlik bedreig word. In die howe word Afrikaans as spreektaal en vir verslaggewing deur Engels vervang. Februarie se register vir hofverwysings het slegs een aangetekende uitspraak in Afrikaans bevat wat in die hoërhof van appél gelewer is. Dertien jaar terug was dit meer as 75%. Dieselfde gebeure herhaal hom op al meer terreine en veral in skole en spesifiek binne universiteite waar Engels as wetenskapstaal besig is om Afrikaans te vervang of reeds vervang het.


Navorsing deur dr Bertie du Plessis oor die toestand in skole wat hierdie transformasie ondergaan, toon uitdruklik dat die bepaalde etos van die bestaande, taal, kultuur en godsdienstige waardes van sodanige skole, binne enkele jare deur die meerderheid se taalgebruik verdring word. Te meer as die nuwe taal 'n wêreldtaal is en die uiteindelike meerderheid binne die skool dit besig en aandring op onderrig daarin. By C R Swart-hoërskool het dit 8 jaar geduur en by Laerskool Doringfontein slegs ses weke.

Dr Bertie het met onlangse studies en ander navorsing juis die gevolgtrekking gemaak dat terwyl almal die afgelope jare geglo het dat die wit Afrikaanse studente te veel skole en universiteite gehad het vanuit die ou bedeling, die teenoorgestelde juis waar is. Die Afrikaanse skole het sowat 9% van alle skole in 1993 uitgemaak en dit was ook die persentasie van Afrikaanse leerders. In 2008 het die Afrikaanse enkelmediumskole verminder na slegs 5,9% van die aantal skole in die land terwyl die Afrikaanse leerders steeds sowat die 9%-peil handhaaf. Hierteenoor het ander bevolkingsgroepe ruim genoeg skole in hulle tale wat proporsioneel vir hulle beskikbaar is.

Dr Du Plessis se bevindinge word op onstellende wyse deur Dr Kathleen Heugh, voorheen van die RGN, in haar navorsing " Implications of the Stocktaking of Mother tongue and Billingual education in Sub-Saharan Africa" bevestig. Benewens die bevestiging bevind sy dat sodanige transformasie, binne kulturele verband, 'n totaal negatiewe inslag het met gepaardgaande daling in prestasie en uitkomste. Dit geld vir die hele skoolloopbaan sowel as tersiêre studie daarna. Hierdie neiging verteenwoordig die basis van die onderwysdepartement se nuw kurrikulum wat daartoe bydra dat standaarde in duie stort. 

Voeg daarby dat die totale aantal skole in die RSA van ± 28,000 in 1994 na minder as 25,000 in 2008 gedaal het, terwyl die bevolkingsgroei en invloei van vreemdelinge waarskynlik ten minste 1 500 addisionele skole benodig teenoor 1994 se getal. Ons het dus maklik met 4 500 skole in totaal agteruit geboer. Die grootste slagoffer van hierdie afname was die Afrikaanse enkelmediumskole en -universiteite wat die oorwig van getalle moes help absorbeer. Dit is benewens die beleid van die verdringing van Afrikaans binne onderwysinstellings wat klaarblyklik deur die onderwysdepartement as algemene beleid toegepas word. Hetsy doelbewus of dalk verskonend, sonder bybedoelings. Hoe sal ons dit weet? Wanneer word Engelse skole verplig om Afrikaanse leerders by hulle in te skakel binne parallel- en/of dubbelmediumskole? Of word Indiërskole ook aan Transformasie onderwerp? Dit is kwelvrae wat dringend antwoorde soek.

Een van die wesentlike vrae wat egter gevra moet word, is: Mag etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheidsgroepe binne die nuwe RSA wel aanspraak maak op hierdie minderheidsregte soos 'n eie onderwysministerie met eie onderwysinstellings en wie moet daarvoor betaal? Mag die Afrikaner, die kleurling en Indiërs, as sodanige minderheidsgroepe, hierdie reg opeis binne 'n eie struktuur?

Dit is belangrik om daarop te let dat die hoofmanstelsel van die sogenaamde tradisionele leiers binne CONTRALESA bedryf word, juis 'n erkenning van minderheidsregte vir die swart bevolkings verteenwoordig. Hierdie instelling, wat aanvanklik deur die NP-regering ingestel is, word tans vrylik deur die politieke partye gepamperlang ter wille van stemme in verkiesings en veral om stemme onder die landelike swart bevolkings te werf.

Daar is ook ander swart minderheidsgroepe wat vrylik binne die nuwe grondwet werksaam is en minderheidsregte beoefen. Van hulle is die Black Accountants; die Black Officers Forum in SARP; die Black Lawyers Association; Black Schools Sport Association en vele meer.

Mnr Jacob Zuma se onlangse uitspraak dat die Afrikaner Afrika se wit stam is, word heelhartig ondersteun want die Afrikaner het oor 350 jaar gegroei tot 'n eie etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderheid wat, ook as 'n volk, op hierdie minderheidsregte, binne die nuwe RSA, mag aanspraak maak. Die verdere vraag is of die Afrikaner dit op eie koste, dus uit sy eie sak moet herbou of was sy bydrae as een van die boumeesters van die RSA genoegsaam dat hy hierop binne die erfreg mag aanspraak maak?

Minderheidsregte sluit naas eie onderwysinstellings ook eie gesondheidsorg, sosiale, kulturele, sport sowel as godsdienstige strukture in.

Dit het dalk tyd geword dat ons eerlik na die verskeidenheid van ander moontlike oplossings binne die grondwet behoort te kyk, eerder as om polities korrekte en populistiese uitsprake na te jaag. Uitsprake wat tot praktyke lei wat die etos van die Afrikaner se eie taal, kultuur en godsdienstige waardes bedreig. Die Afrikaner is geregtig op sy eie strukture binne die nuwe RSA en dit hang slegs van die Afrikaner self as groep af of hy dit gaan behou of daarvan afstand gaan doen. Niemand anders kan dit namens die Afrikaner opeis nie, maar teselfdertyd het die Afrikaner ook niemand se toestemming nodig nie. Een groep kan dit ook nie namens 'n ander groep opeis nie en die samevoeging van groepe kompliseer die omskrywing en betekenis van die begrip etniese, kulturele, taal- en godsdienstige minderhede, soos dit in die internasionale reg verwoord word, sowel as die betekenis van die begrip "minderheidsregte".

Louis Smuts is direkteur van Tabok. 

бак вФільчаков Олександр Васильович