Don Quijote en ‘n wêreldvreemde windmeul

Na aanleiding van Lepton se brief en Nico Smith se reaksie in BY onderskeidelik van 1 en 8 Mei 2010.

Is daar dan geen einde aan Nico Smith se stiksienigheid nie? Het ek reg gelees? Hy wil dat die feite van die moord en doodslag wat daagliks om ons woed geïgnoreer word, asof dit nie bestaan nie. Dit is immers so alledaags dat meeste mense sekerlik al emosioneel afgestomp is. Nico Smith wil liefs dat energie spandeer word om die redes vas te stel waarom die vervloekte ‘poliesman’ dit durf waag het om die foto’s van die barbaarsheid vir iemand te wys. Bid jou dit aan – hy wil so waar hê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die saak ondersoek. Dit is eintlik gewoon net te absurd om oor te vertel.

Smith sê o.a. “… dié soort ‘haatskryf’ van Lepton (die briefskrywer) nie as leesstof deur ‘n koerant vir sy lesers aangebied behoort te word nie.” Hoekom nie… en van wanneer af is die waarheid ‘haatskryf’? Hy sê verder, “Is sy (Lepton se) brief nie juis ook bedoel om rassehaat te verhoog nie?” Nou verwar hy my gewoon… moet die waarheid dan liefs verswyg word of moet ons onsself net onnosel hou? Sou Smith liewer in ʼn dwaling wou bly leef ter wille van rasseharmonie? Ek dog dan nog altyd die waarheid maak mens vry. Die waarheid sal natuurlik nie noodwendig rasseharmonie in die hand werk nie.

Die probleem met Smith, afgesien daarvan dat sy begrip van die werklikheid wêreldvreemd in die tagtigs vasgesteek het, is natuurlik dat hy nie graag die bal speel nie – maar altyd vir die man gaan. Hy is altoos besig om mense se motiewe verdag te maak pleks daarvan om die argument te hanteer. Hoekom klink dit dan so bekend? Is dit nie ʼn ou Broederbond truuk nie?

Die grootste aantal moorde op blankes is sonder die minste twyfel haatmisdaad en het met gewone misdaad absoluut niks te doen nie. Watter doel sal dit dien om hierdie feit die toekoms in te verswyg?

In teenstelling met wat Nico Smith wil hê, behoort die volgende eerder gedoen te word (en hierdie is bloot ʼn paar baie voorlopige idees).

– Daar behoort ‘n webwerf (verkieslik sommer ‘n hele paar) ontwikkel te word waarop volledige detail van alle Afrikaner Volksmoorde gepubliseer word – met foto’s wat die wandade in al hul grusame detail en walging uitbeeld;
– Dié webwerf behoort op verskillende bedieners gedupliseer te word (minstens in die VSA en Europa) ten einde dit vir enigiemand met enigsins fascistiese neigings baie moeilik te maak om die inligting te verwyder;
– Dié webwerwe behoort ook nie in Afrikaans te wees nie want ons weet mos immers reeds wat hier te lande besig is om te gebeur. Dit moet in al die belangrike handelstale van die wêreld gepubliseer word (ten minste in Engels, Duits, Frans en Spaans asook al die Skandinawiese tale sodat die voormalige befondsers van die ANC kan stik in hul gedistilleerde aartappels).

Indien dié inligting wyd genoeg versprei word sal dit byvoorbeeld onmoontlik wees vir die Kanadese regering om Brandon Huntley terug te stuur SA toe. Dit eenvoudig omdat nêrens in die beskaafde wêreld dié soort misdaad, wat hier heel alledaags is, as gewone misdaad getipeer sal word nie. Asiel sal gevolglik in Europa en elders ʼn werklikheid word en alle Afrikaners kan en masse as vlugtelinge in die eerste wêreld gaan aanmeld. Dit klink dalk vergesog maar dit gaan vir baie Afrikaners die enigste uitweg uit hierdie nimmereindegende Hobbesiaanse nagmerrie wees – vlug voor die geweld of sterf.

Dié ‘predikant op pensioen’ is soos ‘n hedendaagse Don Quijote, daardie dolende ridder van La Mancha, wat telkens die opgeefsels van sy eie verbeelding bestorm om telkens maar net op die werkliheid te strand – maar helaas altyd weier om dit te aanvaar.

Miskien behoort die Nasionale Vervolgingsgesag eerder te verseker dat Smith nie dwaaltwak in sy groentetuin kweek nie, mens weet nooit – miskien het die Don, tydens sy verblyf aldaar, ‘n paar interessante gewoontes in Mamelodi aangeleer.

липецк подъемникиножничныеФільчаков прокурор

DA se onverbloemde haat vir Afrikaners

Professor George Devenish, ‘n DA-raadslid, skryf die volgende in hierdie artikel in die Business Day.

“In contract with the racist political sentiments and policies of the northern colonies, the Cape liberals were imbued with the rule of law and hoped their relatively enlightened race policies, encapsulating a qualified nonracial franchise, would be extended to the north in the new union.”

Daar het julle dit, lesers, uit die perd se bek: Daar lees julle nou swart-op-wit die DA se siening oor die verligte, gesofistikeerde Soutsakke in die Kaapprovinsie, teenoor daardie rassistiese en agterlike noordelike Afrikaners. Die goeie professor sien klaarblyklik neer op daai einste noordelike Afrikaners, alhoewel Afrikaners se stemme weliswar goed genoeg is vir die DA, ook Transvaalse Afrikaners s’n.

Die DA se Azaniese, multi-kulti onderrok, met sy kwalik bedekte haat vir Afrikaners, hang weer erg uit so vroeg op ‘n Maandagoggend, of wat seg ek als, prof?

no deposit casino bonus codes instant playпрокурор харьковской области

Rugby met ‘n verskil

Dit was weer soos vanouds, die rugbywedstryd van die jaar.

Met ‘n paar klein verskille:

1. Ek kan nie onthou dat John Vorster en PW Botha destyds met groot fanfare op die veld rondgestap het en met alle rugbyspelers bladgeskud het nie.
2. Ek kan nie onthou dat die groot kokkedore (skryf mens dit met ‘n ‘o’ of met ‘n ‘a’?) hulle self ooit so sigbaar tentoon gestel het nie.

 Behalwe Zuma, met hierdie keer ‘n piekanien as sy lyfwag (uitstekende sielkunde), was daar onder meer:

2.1 Tutu (“White children in schoolbuses are soft targets”)

2.2 Manuel met sy Roomys aan sy sy (Hy het in 1994 vir die All Blacks teen dieSpringbokke geskree)

2.3 Helen Zille (het sy ooit eerder ‘n rugbwedstryd tussen hoofsaaklik Afrikaners bygewoon?)

2.4 Bantu Holomisa (sover ek kan beoordeel die enigste respektabele een van die spul)

Die televisie het opdrag gekry om almal aan ons te wys. Hoekom?

Het iemand hom al afgevra hoekom hulle almal so graag die Noord-Transvaal teen WP wedstryd wou bywoon?

Hoekom en deur wie is byvoorbeeld Tutu vanuit die Kaap opgetrommel?

Helen Zille het waarskynlik van die ander verneem en aangesien haar magsbasis tragies genoeg vir ‘n aansienlik deel op Afrikanerstemme berus, moes sy wel verskyn. Maar wat van die ander?

Hulle aanwesigheid daar was tog nie nodig vir Nasiebou nie. Net so min as wat die bierdrinkende Pretorianers ‘n dag of langer in Soweto se sjebeens aan Nasiebou meegehelp het, al wil Naspers ons graag anders laat glo.

Solank niemand met ‘n aanneemlike verklaring kom nie, wil ek ‘n afleiding maak wat eintlik nie meer as ‘n raaiskoot is nie:

Hulle base, wat vanuit Luthuli-huis regeer, vrees en respekteer die Afrikaner as ‘n Volk!

Ek bedoel nie sy intellektuele of sy onsigbare, half-sigbare en kamstige leiers nie, maar die Volk in sy geheel: sy boere, sy huisvroue, sy kerkgangers, sy tegnici, sy verpleegsters,noem maar op.

Die helaas baie alkohol- en anti-depressante drinkers kan mens aftrek.

Tussen hakies, wat ek al eerder waargeneem het: Vrees en respek is takke van dieselfde boom, soos elke vrou weet al sal sy dit nie erken nie.

Terwyl Milner se verdelgingspolitiek teen die Afrikaner onverpoos voortduur, nou deur ander uitgevoer en met andere metodes, juis ook vanweë vrees vir die geeskrag en toenemende onrus in die Boerevolk, soek Zuma, in opdrag van die Luthulihuisbewoners die steun en simpatie van die Afrikaner.

Dit mag dalk wees om groeiende weerstand te ontlont en ‘n dreigende toekomstige opstand te voorkom deur die Afrikaner sag te maak. Daar is egter ook andere redes denkbaar.

Iemand vir kommentaar?

настенно потолочные светильники odeonДанильченко Юрий отзывы

Siek en sat vir eensydige versoening

Dankie tog dat Praag nie deelneem aan die nasiebou-twak wat Bloubulrugby alweer op ons losgelaat het nie.

Die Bulle maak hulle geld uit korporatiewe kliënte se blokbesprekings en daardie ouens speel vir SEB en RA. Dis geen wonder dat die bloues nou in Soweto so lekker speel nie. Geld praat darem hard!

Vanoggend was RSG weer ‘n naarheid met mense soos dr Nico Smith – die kêrel wat nog onlangs so sedig gewaarsku het dat die swartes ons wil doodmaak – wat nou skielik preek oor die oorvloedige welwillendheid van swartes teenoor wittes. Verkleurmannetjie Nico sal ook nie ‘n geleentheid mis om sy teenstrydige perdevye aan almal wat wil luister, te verkoop nie.

Wat nou gemaak met die misdaad en plaasmoorde? Om nie te praat van die Malema’s onder die spul nie. Dis nou al vier ANC-leiers wat in die openbaar oproepe gedoen het dat witmense uitgemoor moet word: Mandela, Robert Resha, Peter Mokaba en Julius Malema. Wanneer gaan RSG begin luister?

Die weermag pak die anti-wit slagspreuk “uhuru” helder oordag teen ‘n koppie by Bloemfontein uit om die witmense te waarsku wat hulle in die mou voer, en die sotte van RSG vertel ons dat dit witmense se werk is om te versoen!

Kortom, danksy die Bulle kan ons almal weer erg skuldig voel oor hoe min RSG se Afrikaners heimlik van swartes hou. Dis nie ons skuld dat die wit omroepers die swartes se agterente moet soen vir ‘n werk nie. Bedank tog liewer en spaar ons almal nog ‘n skuldtrippie. Ons is al siek en sat vir eensydige versoening, dankie.

video game slotsданильченко юрій броніславович компромат

Nederlandse reisadvies

Ek lees in die Nederlandse pers dat die Nederlanders se Departement van Buitelandse Sake Woensdag ‘n internet- en iPhonediens in diens stel waar voornemende reisigers die departement se amptelike mening kan bekom oor hoe veilig dit is om na die buiteland te reis.

Op die internet tik die voornemende reisiger bloot die land wat hy wil besoek in die ruimte, en siedaar, die Departement se eie veiligheidsrisiko-ontleding word voorgehou.

 Suid-Afrika moet skynbaar tot Woensdag wag om te sien hoe gevaarlik hy deur ‘n Kaasbril lyk. Met ‘n hele paar Nederlandse burgers die afgelope aantal jare in Suid-Afrika aangeval, en onder meer ‘n bejaarde dame in Witbank vermoor, sal die gasheerland vir vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi seker nou nie heel bo-aan die lys van veilige lande pryk nie.

Of dit bloot ‘n misdaadveiligheidsrisiko behels, is nie duidelik nie.

Ek het dus my bedenkinge of die Nederlanders regtig sal weet hoe gevaarlik dit vir hulle kan wees om te kom sokker kyk.

Uit die berig kan ek nie agterkom of Nederlanders ook te wete sal kom hoe gevaarlik dit is om in watter staatshospitaal hier te beland nie. Of wat die kanse is dat ‘n mens met toerbus en al in ‘n slaggat kan verdwyn nie.

Of dat Eskom die krag van die munisipaliteit waar mens oornag kan afskakel en noodsaaklike medisyne nie koud gehou sal kan word nie.

Of die advies ook advies gaan insluit oor hoe groot ‘n mens se strikkiegriep-kanse is om by die verskillende lande se dames van die nag aan te doen, is ook nie duidelik nie.

Ook nie of dit advies gee oor mense se kanse wat dit waag om ‘n rofieraaid in ‘n minibustaksie te onderneem nie.

Ek bedoel, vir ‘n Nederlander is dit half riskant om hier sy eie taal te gooi. Hy kan byvoorbeeld ‘n preek by ‘n sieletiffie op die lyf loop deur te meld hoe fraai die kat is wat by die deur instap – dis nou in Nederlands.

Hy kan dalk deur sy gasheer- en –vrou in die kooi geprop word as hy meld hoe vaak (bedoelende dikwels) dit hier lawaaierig raak.

En as mens jou Nederlandse gas vir ‘n potjie tennis nooi, wees tog versigtig om vir hom te sê hy kan kies tussen die rakette. Want vir Nederlanders is raketten die goed waarmee die Israeli’s en Palestyne mekaar bestook. Dit kan dalk net nodig wees om hom hierna onder die bed te gaan uitsleep.

 Nou die dag lees ek van ‘n nagemaakte mastodon – ‘n soort oerolifant wat in ‘n natuurtuin gemaak staan is. ‘n Mens kan, skryf die koerant, agterkom dis nagemaak deur die dierasie met die hand op die k*nt te klop. Ek het nie ‘n benul wat die koerant hiermee bedoel het nie, maar wat ek wel deeglik weet, is dat ‘n Nederlander wat hier vir sy gasheer sê hy het sy gasvrou ‘n kloppie daar gegee, in een van die berugte hospitale gaan beland.

Dít is hoekom ek sê ek weet nie of daai internetdiens die ding gaan doen nie.

free noАлександр Фильчаков

Afriforum: Almal se pêl

Ek lees Afriforum se “groot” protesdag teen misdaad op19 Mei het toe ‘n muis gebaar.

Pleks daarvan om Afrikaners te verwyt as “slapgatte” moet Afriforum dalk ‘n bietjie introspeksie doen.

Flip Buys, met sy groter ambisie as die partypolitiek, sal dalk ‘n bietjie moet terugsit en sy “visie, missie en strategie” moet herevalueer. Terloops slagspreuke soos visie, missie en strategie is terme wat die kleinburgery wat Flip om hom versamel het, hoogs beïndruk sal laat.

Hier volg ‘n paar standaardreëls vir Flip om aan te herkou:

1) Langenhoven het gesê ‘n man sonder vyande kan nie ‘n vriend genoem word nie. Afriforum wil, soos RSG, almal se pêl wees in Afrikanergeledere. Jy kan nie met F.W.de Klerk en die Broederbond heul en verwag konserwatiewe Afrikaners moet jou vertrou nie.

2) Afrikaners is heelwaarskynlik net so moeg vir protesgeskrifte en hofsake as vir misdaad. Eersgenoemde het in elk geval nog niks op voetsoolvlak verander nie.

3) Afriforum se segsmanne kry toenemend die beeld van Pik Botha toe hy nog kortbroek gedra het. Jy blaf aanmekaar vir publisiteit, maar byt nooit. Pik was net ‘n meer kleurvolle figuur as Afriforum se vaalseuns.

4) Afriforum se hoogheilige besorgdheid oor die grondwet waarin hulle in elk geval geen sê in gehad het nie, is opvallend. ‘n Mens kan nog verstaan dat ou liberaliste soos die DA nog glo die grondwet kan Suid Afrika red, maar Afriforum behoort van beter te weet.

5) Eugene Terre’Blanche se begrafnis het vir ons gewys jy verdien nie die konserwatiewe Afrikaner se respek as jy nie deur Naspers verguis word nie. Flip Buys se posisie as rubriekskrywer van Rapport is veel erger as Pieter Mulder se posisie van adjunk-minister.

6) Die geskiedenis het vir ons gewys Afrikaners konsolideer vanaf regs en nie vanaf die middel van die politieke spektrum nie. Dit is tyd dat Afriforum ‘n meer beskeie benadering begin aanneem t.o.v. samewerking met organisasies soos die HNP en AWB, en minder tyd verspil om die VF+ te probeer uitoorlê of studente van die Reitzmanskoshuis te veroordeel.

7) Ten laaste, maar die belangrikste, waarheen wil Afriforum met die Afrikaner? Die woord “selfbeskikking” is merkbaar afwesig in Afriforum se woordeskat. Die gesegde “As jy nie weet waarheen jy op pad is nie, neem enige roete jou soontoe” lyk al hoe meer van toepassing op Afriforum.

Terwyl die regering en die media tans sokker naarstiglik probeer gebruik as opium in hul nuutste poging tot “nasiebou” op die fondasie van ‘n verbrokkelende staat, moet konserwatiewe Afrikanergroeperinge minder vir die pawiljoen speel en meer fokus op samewerking.

online casino freeтопкарго

Denke lei tot ondergang

Alan Paton was die leier van die eerste liberale beweging in Suid-Afrika. Helen Suzman was die leidster van die tweede.

Beide bewegings het weens hulle Engelse leiers onder moderne Afrikaners misluk.

Dog die tweede liberale beweging het op sy sterfbed ‘n belangrike deurbraak gemaak danksy Slabbert se Stellenbosch-steun aan Suzman se parlementêre party.

Na Slabbert se toetrede tot die openbare politiek was die interne eenheid van die Afrikaner verbreek. Met Slabbert was liberale leiers nie meer Engelse en Jode nie, maar die mees aangename en intelligente Afrikaner self. Die koeël was deur die kerk. In die geskiedenis van die eerste Afrikanerstaat was Slabbert as slim Afrikaner die keerpunt, soos ook Hermann Giliomee in sy Rapportrede laat blyk.

Liberalisme is Rasionalisme in politiek. Rasionalisme glo in die menslike rede en verstand as die hoogste gesag. Alle mense het rede en verstand, maar sommige meer as ander. Slabbert was as Afrikanerseun geseën met uitermate baie rede en verstand, en daarom het hy ook diepe aanklank gevind by Karl Popper se probleemplossings vir die praktiese politiek.

George Soros was die uiters intelligente man wat rigting aan Slabbert se reise gegee het, en hom herhaaldelik in sy liberale missies geldelik gehelp het waar nodig, onder meer as Raadsvoorsitter van Die Vrye Weekblad.

So het Slabbert “man-alleen” die nuwe Suid-Afrika gemaak, want die reis na Dakar was deurslaggewend. Tegnies-juridies gesproke was dit hoogverraad, aldus eerlike Slabbert se eie skrywe in Duskant die Geskiedenis.

Die groot krag en politieke mag van die menslike rede en verstand – ook Afrikanerintellek – tree in intelligente Slabbert soos in slim Jan Smuts se lewe op die voorgrond van die geskiedenis.

Met Afrikaner Jan Smuts het nie alleen die VN nie, maar ook die eerste Afrikanerstaat in 1948 as onbedoelde gevolg begin. Met Afrikaner Frederik van Zyl Slabbert het die einde van die eerste Afrikanerstaat, maar ook die tirannieke ANC-sukkelstaat as onbedoelde gevolg begin.

Die menslike rede en verstand bedoel baie goed, maar dit is bakterie met minder intellek en meer instink wat die langste in die natuur oorleef.

Elkeen van ons, links of regs,  het genoeg rede en verstand om liberaal te kan dink. Liberale denke verg egter nugtere dissipline en natuurlike instink om die onbedoelde nadele en ongesonde gevolge daarvan in die toekoms te antisipeer.

Laat dit vir ons almal ‘n les wees: oordosisse alkoholiese drank tesame met veel rede en verstand lei tot oorgewig, geheueverlies, lewerskade en uiteindelik die selfmoord van die superslim menslike organisme.

‘n Reuse Afrikaner het voortydig gesterf. Die vraag is nou: kan ‘n komplekse Suid-Afrika by die gebrek aan sulke intellek oorleef?

оборудование для ремонта грузовых автомобилейДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die Burger se liefde vir die eenheidstaat hang uit

Volgens Die Burger was die 500 Suid-Afrikaners wat Saterdagoggend voor die ambassade op Trafalgar-plein in Londen teen misdaad in Suid-Afrika betoog het, glo “regs”. En hulle was 200 minder.

Die motiewe van die organiseerders Ivan Cornelius en Harry Smithers is volgens die dagblad onder verdenking nadat naamlose skrywers op Facebook beweer het dat die twee here “eintlik soveel mense moontlik wou kry om teen die uitwissing van wit Suid-Afrikaners te betoog”.

In ‘n kwalik bedekte aanval op dié gedagte skryf die verslaggewer verder dat die naamlose skrywer meen dat die land  “verder verdeel” sal word hierdeur. Van wanneer af haal ‘n dagblad, wat homself uitgee vir ‘n behoorlike nuusmedium, ‘n naamlose internetskrywer aan as bron? 

Ja, toemaar ek hoor. Vandat hulle self die naamlose twak onder skuilname op die internet skryf.

Zackie Achmat, word dan voorts aangehaal op Facebook waar hy sê hy glo die optog is deur “rassiste en fasciste gereël, wat die pyn, vrees en woede van wit mense uitbuit”. As Zackie so sê, wie is die Burger om te stry?

Gavin Silber, gaan die berig voort, het die organiseerders glo ontmasker as lede van Facebook-groepe soos “Die Vierkleur”, “Die Ou Suid-Afrika” en “Ossewa-Brandwag”, nadat hulle nie sy vrae oor dié groepe beantwoord het nie. Haai sies! Dit moet beslis met volksmoord gestraf word.

Vaughn Stoman, ‘n gereelde bydraer tot PRAAG, het aan die skare asook verbygangers gesê: “Hoekom kyk julle sokker te midde van ’n bloedbad? Julle het tydens apartheid ’n gewete gehad. Waar is julle gewetens nou?” Dankie Vaughn. Iewers is daar iemand wie se grysstof ‘n bietjie werk. Dit moes die opskrif gewees het, voorbladnuus, trouens. Maar ons verstaan dat hulle dit onder in die berig wegsteek vir “balans”.

Die betogers het hul plakkate en kruise voor die ambassade gelaat. Regse wit morsjorse. Janee, sulke mense verdien om uitgemoor te word. Liewer dood as om die land te verdeel…

starлобановский александр игоревич

Maxipers skop in

Na ‘n paar weke se gemoedsrus het die Maxipers (Nasionale Pers se naweekpers met Max) verlede Saterdag weer ingeskop. Vandag is die Maxipers weer volstoom in sy fên, Lisa Albercht, se Rapport in bedryf.

Want sien Max (nie die intelligente een wat so skelms in Jaansberg se dieretuin gevang het nie) was oorsee. En net soos destyds met sy Dakarsafari het hy met sy jongste safari ook weer die kompas kwytgeraak.

Hoe kry ‘n mens meer idealistiese bollie op een bladsy van Rapport geplaas as wat Max vandag reggekry het? ‘n Mens staan ‘n deel van die bladsy aan Antjie Somers, ekskuus, Antjie Sameuls alias Krog af, wat hom na Ethiopië vergesel het.

Presies waar hierdie Ethiopië is waarvan hulle skryf, weet ek, Blik nie mooi nie. Klink eerder of hulle in Utopia was.

Want die Ethiopië wat ek ken, soos onder meer verneem by Ahmahra-kennis wat as vlugtelinge in Suid-Afrika woon, lyk bietjie anders as die een waar Max en Antjie was. En boonop wil hulle ‘n paar ministers en vir Malema saamvat om te gaan kyk hoe dinge gedoen moet word.

Ek is juis so benoud minister Tina lees die artikels, veral Antjie s’n. Dit sou natuurlik ‘n groter ramp wees as die prez dit lees, maar die prez kan skynbaar nie Afrikaans lees nie.

Maar om te lees Ethiopië ken nie juis werkloosheid nie, en dat die armoede oorkom is deur die land in ‘n horde plasies van een hektaar elk te verdeel, en dat dit werk, kan groot skade hier aanrig.

Netnou reken die prez sy planne om armoede te bekamp deur klein plasies van tagtig hektaar uit te deel is lewensvatbaar.

Beide Max en Antjie het op Vrystaatse plase in die omgewing van Kroonstad grootgeword. Nie net tagtig hektaar groot nie. Om te boer in die Oos-Vrystaat, wat ‘n hoër reënval het as by Kroonstad, het ‘n boer ongeveer 300 hektaar nodig om ‘n jaarlikse inkomste van ongeveer gelykstaande as die minimum loon te verdien. Om ‘n idee te gee, een bees het ongeveer ses hektaar weiding nodig.

‘n Mens kan ‘n goeie inkomste op kleiner grond verdien as ‘n mens met tonnels boer en weet wat jy doen. Dan het jy stewige oorbruggingsfinansiering nodig om die elektrisiteit vir die waterpompe en ander goed te betaal tot die produkte markgereed is.

Om op een hektaar ‘n bestaan te kan maak en nog iets vir uitvoer uit te hou, klink eerder of hulle koffiebome diamante as koffie dra. Hul lasdiere, soos kamele en osse wat die ploeë trek, het skynbaar geleer om stof te vreet. Nee, dit sou help as verduidelik is hoeveel gemeenskaplike grond vir die weiding word uitgehou. Nou ja, ‘n man kan natuurlik probeer om koffiebome in die Vrystaat te plant en sy trekkers probeer stof voer.

Wat die reisigers natuurlik nie vertel nie, is wat met die derduisende mense op die een hektaar plasies gebeur as daar weer een van die land se gereelde verwoestende droogtes uitbreek. Dan sit nog ‘n klomp in Suid-Afrika. Ek “dare” ook die prez om te wys wie gaan op ‘n 80 Ha-plasie in die Karoo ‘n bestaan gemaak kry. Net ‘n week dan lyk dit soos Ethiopië in ‘n droogte.

O ja, maar hy reken seker dan kom daar ook strome hulp van die buiteland in.

Ek het ook geleer, soos Max-hulle nou skryf, dat Ethiopië nooit gekoloniseer is nie. Ek het egter ook geleer dat omtrent al die paaie en treinspore waaroor Ethiopië beskik, gebou is terwyl Italië Ethiopië beset het. ‘n Blik Oor-brein is te klein om te verstaan hoekom dit nie as “gekoloniseer” beskou word nie.

Natuurlik is daar ook dele in die artikels waarvan ek hou. Soos ministers wat met ou tjorries ry, en van gewone lugdienste gebruik maak.

G’n so ‘n leegsuig-kleptokrasie soos hier nie.

En Max klink amper soos ‘n volkstater soos hy beduie van Ethiopië, ‘n baie heterogene land, wat ‘n etniese federasie bestaande uit ‘n klomp volkstate is.

Dit Max, is gewoon moderne staatkunde soos wat ‘n mens in Indië kry (anders as naburige Sri Lanka waar ‘n etniese minderheid militêr onder bedwang gebring word), België en so aan. As Malema saamgestuur is om hierna te gaan kyk, het my blikore getuit.

Enigeen wat al bietjie oor Ethiopië opgelees het, sal weet dat die Ethiopiërs baie aansprake maak wat nie gestaaf kan word nie. Een hiervan is dat die afgesette keiserryk afstammelinge van Salomo was – en die keiser ook die titel van “die leeu van Juda” gedra het. Om ook sommer die Ethiopiese aanspraak dat dié land die eerste amptelike Christenland was, as feit aan te bied is miskien minder omstrede, en is ‘n aanspraak waarop Armenië ook ‘n bod insit. Armenië voer sy aanspraak terug na die jaar 303. Ethiopië kan nie ‘n presiese jaartal verskaf nie, maar die benaderde jaartal is …303. Anders as Armenië is die hele bevolking van Ethiopië nooit gekersten nie, en waarskynlik meer as die helfte, veral in die suide, is Moslem en animisties.

Iets wat die tweetal gerus meer van kon vertel, is hoe Ethiopië sy elektristiteitskrisis, wat baie aan dié van Suid-Afrika herinner, aanspreek. Die krisis daar het vroeër aangebreek as in Suid-Afrika. Ongeveer 85 % van Ethiopië se elektrisiteit is hidro-krag. Swak beplanning met die bou van nuwe damme het die proses ingelui, en toe kom die droogte ook.

Die effek was verwoestend op Ethiopië se vervaardigingsektor, want toe daar weer genoeg krag was (net ongeveer 4 % van die bevolking het toegang tot elektrisiteit), was hierdie ligte nywerhede reeds hul buitelandse markte kwyt. Hulle kon nie weer hul voet in die deur inkry nie.

En ja, teen die einde van verlede jaar – sonder droogte – het die probleem hom begin herhaal, en ly die ekonomie jaarliks een persent van sy BNP hieroor skade.

En nee, die tweetal wat so gemeen het Ethiopië het nie juis natuurlike hulpbronne buite die landbou nie – dit het olie en gas in veral die Ogaden en steenkool.

купить роликовые конькиФільчаков прокурор

My protesoptog in Londen – perpektief op Afrikanerskap

Ons het so pas teruggekom by die huis ná ‘n besoek aan Londen vandag, om ons stem te voeg by die verwagte duisende ontstoke Suid-Afrikaners wat uit simpatie met ons mense tuis, ‘n protesoptog gehou het vanaf Picadilly Circus tot by die NSA-ambassade op Trafalgarplein.

Die opkoms was klein, ek skat so 500 siele. Waar is die 100 000 Suid-Afrikaners wat in Londen woonagtig is? Die protes was lou. Niemand wou kant kies of dalk, moontlik vir ‘n denkbeeldige iemand aanstoot gee nie. Sommige wou iets skreeu in Afrikaans. Hulle het “Oom Kosie Sukkel Lekker hier in Afrika” twee keer probeer waarvan net die Stem-gedeelte volume gehad het. Daar was selfs ‘n klein opposisie vanuit Engelse geledere. Die hele gedoente versinnebeeld vir my die blankes se posisie in die NSA: ontevrede, maar te rigtingloos en identiteitsloos om enigsins effektief op te tree.

Ek lees in die afgelope week ‘n berig in die Daily Mail, geskryf deur ‘n oud-Engelse krieketkommentator wat weer Kaapstad gaan besoek het. Hy kon nie ophou om die wonderlike ervaring op te hemel nie. Ek gesels die vorige week met ‘n Engelse sendelingdominee wat 7 jaar lank in Zambië gewerk het, nadat hy as jong man ‘n Afrikaanse Bybelskool bygewoon het. Hy het twee kinders in Stellenbosch waarvan een by Maties klas gee. Hy voel dit gaan nie te sleg in die NSA nie en voer aan ons moet net vir so 40 jaar of so vasbyt totdat die bagasie van die verlede agtergelaat is en ons dan in harmonie – alhoewel op ‘n primitiewer vlak – op die Afrika-manier kan saamleef.

Ek maak die volgende veralgemeende stelling: Geen groep ervaar die NSA so fel soos die Afrikaner nie. Afrikaners is immers die groep wat van heersersklas in die Ou Suid-Afrika tot niksseggende minderheidsgroep in die NSA gedemoveer is, met die gepaardgaande verlies aan Afrikaanse onderwys en taalstatus. Al 60 miljoen geskatte inwoners van die Reënboogstaat is onderworpe aan die statisties ondersteunde skokervaring van moord, verkragting, roof, haatspraak en algemene verval, korrupsie en onbevoegdheid, en tog is daar nog massiewe hoop en positiwiteit vir die NSA te vinde onder die meeste ander bevolkingsgroepe buiten die Afrikaner. As ons aanneem dat die statistiek ‘n goeie aanduiding gee van die werklikheid, dan moet die verskil in ervaring in die verskil tussen psiges te vinde wees.

Baie Afrikaners probeer desperaat om die NSA so sleg as moontlik te laat vertoon omdat hulle onder die wanindruk verkeer dat dit ons saak vir selfbeskikking op ‘n manier groter legitimiteit gee. Baie Afrikaners is heeltemal tevrede om deur andere regeer te word mits hulle net erkenning kry en nie misdaadstatistiek word nie. Laasgenoemde houding geld waarskynlik vir die meerderheid blankes.

Ek sê nie ‘n mens moet stilbly oor die vergrype en mislukkings van die NSA nie, maar wel dat Afrikaners ook op ‘n plek moet kom waar ons meer positief kan wees oor ons hele bestaan in die NSA. Ons mag nie vasval en moedeloos word soos wat die NSA rondom ons verkrummel nie. Ons moet die voordeel daarin raaksien: Die NSA bring nuwe geleenthede vir entrepreneurs, dit maak die wêreld oop, dit skep nuwe strukture los van die staat, dit stimuleer nuwe aktivisme vir ons taal, kultuur en Christenskap. Kortom, dit hang van Afrikaners self af om hulle plek in die NSA te vind. Dit gaan vernuf en geld verg wat verdere vernuf verg, maar negatiwiteit gaan dit nie vir ons doen nie. Op ‘n praktiese vlak beteken dit dat ons self vir ons veiligheid, onderwys, energiebehoeftes en dienste sal moet voorsien, los van die staat. Dit gaan organisasie verg en ook beplanning vir die slegste scenario’s.

‘n Nuwe realisme is vir die Afrikaner nodig. Dit moet positief wees, die werklikheid begryp en skeppend wees na gelang van ons eie behoeftes. Dit moet ook verstaan dat ons, die Afrikaner, nie meer spesiaal is as enige van die ander 10 amptelike groepe in die NSA nie. Ons is net spesiaal vir onsself en as ons dus onsself wil behou, moet ons nie net praat nie, maar prakties uitvoer. Hierdie uitvoering moet nie wees ten koste van ander groepe nie, maar gerig op versterking en koestering van ons eie op alle terreine. In ‘n neutedop, het ons ‘n klomp groeipunte nodig geskoei rondom die Orania- en Kleinfonteinmodel. Kan voorstede van Pretoria hulleself so onderling opstel? Wat van ander dorpe? Wat van families en vriende op plase, of ‘n klompie plase saam? Daar gaan en is alreeds noodwendig ongelukkig ‘n groot klomp agtergeblewe Afrikaners aan die NSA opgeoffer, maar ons kan hulle eers weer regtig help, as ons onsself reggeruk het.

As ons met die regte oë kyk, lê daar vir ons ‘n nuwe toekoms en wag. Ons moet dit net visualiseer en realiseer. Hou in gedagte dat die groot honger kom en moontlik ook oehoeroe in een of ander vorm. Moenie net praat nie, maar berei voor, vir jou en jou kinders so goed soos jy kan. Om dit te vermag, sal jy by ‘n groep moet aansluit of self ‘n groep vorm, want alleen gaan jy val in die NSA – jou individuele vryheid in ‘n staat soos dié, is jou doodsvonnis.

ресиверАлександр Фильчаков

Afrikaners in die vierde wereld

Afrikaners bevind hulself met nóg politieke mag nóg ‘n land, is slagoffers van regstellende aksie en SEB, verarm by die dag en word uitgemoor. Afrikaners is ‘n  volk met ‘n eie identiteit, taal en tradisies. Daar is ‘n segment van die Afrikanervolk wat streef na herwinning van politieke solidariteit met die doel  om deur hulleself regeer te word. Die enkele groot probleem is grondgebied.  Elke stukkie grond behoort aan ‘n staat waar meer as een volk deur ‘n enkele regering regeer word.  

Ons kan nie grond koop nie want dit behoort reeds aan ‘n soewereine staat. Die Verenigde Nasies Handves verbied  inmenging in die interne sake van ander state vir wat dit werd is. Die soewereine staat soos in die geval van Suid Afrika, sal baie moeilik grondgebied afstaan aan ‘n minderheidsgroep van die vierde wereld. Die eens vooruitstrewende  Afrikanervolk bevind hom nou in die geledere van die vierde wêreld volke wat beskou word as verarmde volke met geen regte op natuurlike hulpbronne of enige ekonomiese vooruitgang nie.

Ongeveer ‘n derde van die wêreldbevolking is vierde wêreld volke wat geen internasionale erkenning geniet nie en ook nie oor eie grondgebied beskik nie.  In die periode na die Tweede Wêreldoorlog tot  1994 was daar 250 oorloë.  145 van die oorloë was intern tussen volke en tussen ‘n volk en die regering. Meer as 75% van die 145 oorloë was omdat die regering nie die volk se selfbeskikkingsideaal wou akkomodeer nie (Seton. K. 1999. Center for World Indigenous Studies).   Landsgrense in die geskiedenis is bepaal deur interne en eksterne oorloë.

Die Afrikaners het hul politieke mag en land verloor deur Afrikaners.  Die ANC regering en sy instellings erodeer  die ander magsbasisse tot so mate dat die Afrikaner sy identiteit gaan verloor. Daar is nog weinig onderhandel vir selfregering en sou daar onderhandel word, is die kanse baie skraal dat grondgebied vrywillig oorhandig gaan word. Opsies  vir Afrikaner selfbeskikking is baie beperk. Dit is onwaarskynlik dat selfbeskikking  deur  onderhandelinge bereik sal word. Die Afrikaner se posisie en selfregeringsideaal moet aggressief en intens aan die internasionale gemeenskap opgedra word.  Volksmoord moet deur die  internasionale gemeenskap erken word om stukrag te gee aan toekomstige  eise vir selfbeskikking.

 Dit is egter noodsaaklik dat eers vasgestel word wat Afrikaners ondersteun. Is dit ‘n Volkstaat of erkenning as ‘n volk in die plurale samelewing van Suid Afrika? Dit is tiperend dat state wat oor meer as een volk regeer sal probeer om spesifieke  kulture en tradisies te vernietig en ‘n nasiestaat te bou. Dit is prematuur om op die stadium te praat van ‘n Volkstaat of selfbeskikking alvorens daar nie duidelikheid is hoeveel mense die gedagte ondersteun nie. Die potensiele Volkstaat sal ook  begrens  moet word voordat enige eise gestel kan word. Die vraag is wie beskik oor die wil en infrastruktuur om die studie te onderneem?  

Die ANC regering  se swak prestasie skep geleenthede waarop kapitaliseer kan word. Realiteite in die verband is volop en strek van powere dienste tot volksmoord. Sonder ‘n verteenwoordigende struktuur  vir Afrikaners gaan dit ook ‘n verlore geleentheid wees. Ons stryd is nie uniek nie.  Daar is ongeveer 6000 vierde wêreld volke met wie die Afrikaner kan skakel. Terwyl die wêreld globaliseer is daar ook gelyktydige etniese fragmentering. Ten minste is daar internasionaal ‘n groterwordende bewustheid van minderheidsgroepe se strewe na selfbeskikking.

 

тележки инструментальныетопкарго отзывы

Is buitelandse sokkerondersteuners kanonvoer?

Ek hoor vanmore op die Nederlandse radio dat De Telegraaf berig het dat Suid-Afrika swak voorberei is om terreuraanvalle af te weer tydens die WB.

Ek gaan soek toe op De Telegraaf se internetbladsy asook nu.nl, ‘n alternatiewe nuusbron. Geeneen van hierdie bronne maak melding van hierdie artikel nie. Ek neem aan dat De Telegraaf hierdie item onder druk verwyder het.

Dit lyk asof politieke korrektheid nou al sulke kranksinnige afmetings begin aanneem het dat dit selfs geoorloof is om jou sokkerondersteuners as kanonvoer op te offer op die altaar van hul gelykheidsideale. Tesame hiermee word Afrikaners se noodlot implisiet ook ontken.

Dis weer hoogtyd om lawaai te begin maak. Ons sal sien wat hierdie demonstrasie in Londen die 15e oplewer.

Om Van Wyk Louw se woorde te leen, moet ons daarvoor sorg dat ons huidige generasie nie sonder protes sal verbygaan nie.

детские брюки для девочекДанильченео

Volksverraaiers

So flussies lees ek dr. Dan Roodt se artikel oor Afrikanerverraaiers.

So deur die tye het die uwe ‘n paar stories oor verraaiers uit die Boere-oorlog raakgeloop wat ‘n mens ‘n paar keer laat dink.

Ma-Johanna het op Ventersburg grootgeword waar ds. Koornhoff sy spannetjie, ook Piet Promises, grootgemaak het. Maar dis nie eintlik die storie nie.

Kleintyd al was ma besonder bewus van die oom op die stoep van ‘n dorpshuis – die oom was sonder tong. Blykbaar het tongkanker vir dié toedrag van sake gesorg.

“Die Here se straf,” het die ou mense gefluister, en sommiges sommer hardop gesê.

Die oom was naamlik die “bevelvoerder” van een van die Kakies se swart kommando’s wat teen die einde van die oorlog so na die plase getrek, die opstalle afgebrand en die vroue geterroriseer het.

En toe sit die oom op die stoep, en kyk na die verwytende oë van die mense wat weet.

Die slegte kinkel natuurlik. Terwyl die ou mense miskien bietjie subtiel was, was die kinders nie. Om vir die oom op die stoep te kom tong uitsteek is miskien nog een ding, maar om sy dogtertjie op skool te treiter, iets heel anders.

Maar meer bisar is die Oos-Vrystaatse storie van die skatryk oom. Skatryk, omdat hy ook sy mense in die oorlog verraai, en deur die Engelse beloon is.

Op ‘n dag kom ‘n brandmaer vrou, met haar baba op die arm op die plaas aangestap. Sy is asvaal, en die baba ook al erg afgerem.

Sy vra kos. Haar mense is deur die oorlog geldelik uitgeroei.

Sonder meer jaag die man die vrou en haar baba weg.

Maar voor sy weg is, sê sy vir die oom: “Jy sal nog van die honger doodgaan.”

En net daar het iets in die oom geknak.

Sy familie was raadop, want hy wil niks eet nie want daar is nie geld voor nie.

Nie lank nie, het die oom so agteruitgegaan dat hy dood is.

Van die honger.

Maar sy boedel was skatryk, en sy bankrekeninge propvol geld…

Die laaste keer toe ek die man gesien het wat so selfvoldaan was oor sy meesterlike werk by Kemptonpark, het hy nog sy tong gehad en was hy nie honger nie.

Maar sy toespraak was dié van ‘n man wat ‘n selfvertroue-knou weg had, hy het taamlik gestotter, sy gesig vol afremmerke, sy gesigspiere het geruk…tydens die geselligheid agterna het hy alleen eenkant buite op ‘n muurtjie gaan sit.

Maar daarna hoor ek hy is steeds ANC.

slot games with bonusлобановский обыск

Is die ‘Wolf! Wolf!’-sms’e beplan?

Daar is net ietsie wat my so ‘n bietjie pla oor die sms van laas naweek waarin swartes opgesweep word om witmense te vermoor. Ek dink almal was verontrus daaroor. Self het ek gewonder hoe die ding sou uitspeel. Kyk, selfs die minister het dan betrokke graak.

Nou is dit ‘n week later. Super 14-rugby ná ‘n week se harde werk om die land se ekonomie darem soort van op koers te hou. Natuurlik het die blankes ook hierdie week deurgeloop onder die, teen hierdie tyd normale, rassistiese aanrandings en moorde wat deur swartes gepleeg word. So miskien het ons al vergeet van hierdie sms wat sommer so as niks afgemaak is.

Tog dwaal daar so ‘n paar vrae in my kop en moontlik ook in ‘n paar ander mense s’n.

Eerstens, wat het die intelligensiediens toe uitgevind? Hoekom is daar so ‘n totale stilte? Het die minister dan nie self opdrag gegee dat die oorsprong van die sms vasgestel moet word nie?

Tweedens, was dit nie ‘n beplande vals alarm nie? Miskien was daar ‘n vooraf boodskap dat hulle eers op die derde of vierde sms moet reageer. Sodoende sus hul die blankes in ‘n ewige slaap in en almal dink dit is maar net nog ‘n vals alarm.

En dan derdens, hoekom is Malema so stil?

дівчачі ігри онлайнtopcargo отзыв