Rugby met ‘n verskil

Dit was weer soos vanouds, die rugbywedstryd van die jaar.

Met ‘n paar klein verskille:

1. Ek kan nie onthou dat John Vorster en PW Botha destyds met groot fanfare op die veld rondgestap het en met alle rugbyspelers bladgeskud het nie.
2. Ek kan nie onthou dat die groot kokkedore (skryf mens dit met ‘n ‘o’ of met ‘n ‘a’?) hulle self ooit so sigbaar tentoon gestel het nie.

 Behalwe Zuma, met hierdie keer ‘n piekanien as sy lyfwag (uitstekende sielkunde), was daar onder meer:

2.1 Tutu (“White children in schoolbuses are soft targets”)

2.2 Manuel met sy Roomys aan sy sy (Hy het in 1994 vir die All Blacks teen dieSpringbokke geskree)

2.3 Helen Zille (het sy ooit eerder ‘n rugbwedstryd tussen hoofsaaklik Afrikaners bygewoon?)

2.4 Bantu Holomisa (sover ek kan beoordeel die enigste respektabele een van die spul)

Die televisie het opdrag gekry om almal aan ons te wys. Hoekom?

Het iemand hom al afgevra hoekom hulle almal so graag die Noord-Transvaal teen WP wedstryd wou bywoon?

Hoekom en deur wie is byvoorbeeld Tutu vanuit die Kaap opgetrommel?

Helen Zille het waarskynlik van die ander verneem en aangesien haar magsbasis tragies genoeg vir ‘n aansienlik deel op Afrikanerstemme berus, moes sy wel verskyn. Maar wat van die ander?

Hulle aanwesigheid daar was tog nie nodig vir Nasiebou nie. Net so min as wat die bierdrinkende Pretorianers ‘n dag of langer in Soweto se sjebeens aan Nasiebou meegehelp het, al wil Naspers ons graag anders laat glo.

Solank niemand met ‘n aanneemlike verklaring kom nie, wil ek ‘n afleiding maak wat eintlik nie meer as ‘n raaiskoot is nie:

Hulle base, wat vanuit Luthuli-huis regeer, vrees en respekteer die Afrikaner as ‘n Volk!

Ek bedoel nie sy intellektuele of sy onsigbare, half-sigbare en kamstige leiers nie, maar die Volk in sy geheel: sy boere, sy huisvroue, sy kerkgangers, sy tegnici, sy verpleegsters,noem maar op.

Die helaas baie alkohol- en anti-depressante drinkers kan mens aftrek.

Tussen hakies, wat ek al eerder waargeneem het: Vrees en respek is takke van dieselfde boom, soos elke vrou weet al sal sy dit nie erken nie.

Terwyl Milner se verdelgingspolitiek teen die Afrikaner onverpoos voortduur, nou deur ander uitgevoer en met andere metodes, juis ook vanweë vrees vir die geeskrag en toenemende onrus in die Boerevolk, soek Zuma, in opdrag van die Luthulihuisbewoners die steun en simpatie van die Afrikaner.

Dit mag dalk wees om groeiende weerstand te ontlont en ‘n dreigende toekomstige opstand te voorkom deur die Afrikaner sag te maak. Daar is egter ook andere redes denkbaar.

Iemand vir kommentaar?

настенно потолочные светильники odeonДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae