Die motiewe van die organiseerders Ivan Cornelius en Harry Smithers is volgens die dagblad onder verdenking nadat naamlose skrywers op Facebook beweer het dat die twee here “eintlik soveel mense moontlik wou kry om teen die uitwissing van wit Suid-Afrikaners te betoog”.
In ‘n kwalik bedekte aanval op dié gedagte skryf die verslaggewer verder dat die naamlose skrywer meen dat die land “verder verdeel” sal word hierdeur. Van wanneer af haal ‘n dagblad, wat homself uitgee vir ‘n behoorlike nuusmedium, ‘n naamlose internetskrywer aan as bron?
Ja, toemaar ek hoor. Vandat hulle self die naamlose twak onder skuilname op die internet skryf.
Zackie Achmat, word dan voorts aangehaal op Facebook waar hy sê hy glo die optog is deur “rassiste en fasciste gereël, wat die pyn, vrees en woede van wit mense uitbuit”. As Zackie so sê, wie is die Burger om te stry?
Gavin Silber, gaan die berig voort, het die organiseerders glo ontmasker as lede van Facebook-groepe soos “Die Vierkleur”, “Die Ou Suid-Afrika” en “Ossewa-Brandwag”, nadat hulle nie sy vrae oor dié groepe beantwoord het nie. Haai sies! Dit moet beslis met volksmoord gestraf word.
Vaughn Stoman, ‘n gereelde bydraer tot PRAAG, het aan die skare asook verbygangers gesê: “Hoekom kyk julle sokker te midde van ’n bloedbad? Julle het tydens apartheid ’n gewete gehad. Waar is julle gewetens nou?” Dankie Vaughn. Iewers is daar iemand wie se grysstof ‘n bietjie werk. Dit moes die opskrif gewees het, voorbladnuus, trouens. Maar ons verstaan dat hulle dit onder in die berig wegsteek vir “balans”.
Die betogers het hul plakkate en kruise voor die ambassade gelaat. Regse wit morsjorse. Janee, sulke mense verdien om uitgemoor te word. Liewer dood as om die land te verdeel…
