Volksverraaiers

So flussies lees ek dr. Dan Roodt se artikel oor Afrikanerverraaiers.

So deur die tye het die uwe ‘n paar stories oor verraaiers uit die Boere-oorlog raakgeloop wat ‘n mens ‘n paar keer laat dink.

Ma-Johanna het op Ventersburg grootgeword waar ds. Koornhoff sy spannetjie, ook Piet Promises, grootgemaak het. Maar dis nie eintlik die storie nie.

Kleintyd al was ma besonder bewus van die oom op die stoep van ‘n dorpshuis – die oom was sonder tong. Blykbaar het tongkanker vir dié toedrag van sake gesorg.

“Die Here se straf,” het die ou mense gefluister, en sommiges sommer hardop gesê.

Die oom was naamlik die “bevelvoerder” van een van die Kakies se swart kommando’s wat teen die einde van die oorlog so na die plase getrek, die opstalle afgebrand en die vroue geterroriseer het.

En toe sit die oom op die stoep, en kyk na die verwytende oë van die mense wat weet.

Die slegte kinkel natuurlik. Terwyl die ou mense miskien bietjie subtiel was, was die kinders nie. Om vir die oom op die stoep te kom tong uitsteek is miskien nog een ding, maar om sy dogtertjie op skool te treiter, iets heel anders.

Maar meer bisar is die Oos-Vrystaatse storie van die skatryk oom. Skatryk, omdat hy ook sy mense in die oorlog verraai, en deur die Engelse beloon is.

Op ‘n dag kom ‘n brandmaer vrou, met haar baba op die arm op die plaas aangestap. Sy is asvaal, en die baba ook al erg afgerem.

Sy vra kos. Haar mense is deur die oorlog geldelik uitgeroei.

Sonder meer jaag die man die vrou en haar baba weg.

Maar voor sy weg is, sê sy vir die oom: “Jy sal nog van die honger doodgaan.”

En net daar het iets in die oom geknak.

Sy familie was raadop, want hy wil niks eet nie want daar is nie geld voor nie.

Nie lank nie, het die oom so agteruitgegaan dat hy dood is.

Van die honger.

Maar sy boedel was skatryk, en sy bankrekeninge propvol geld…

Die laaste keer toe ek die man gesien het wat so selfvoldaan was oor sy meesterlike werk by Kemptonpark, het hy nog sy tong gehad en was hy nie honger nie.

Maar sy toespraak was dié van ‘n man wat ‘n selfvertroue-knou weg had, hy het taamlik gestotter, sy gesig vol afremmerke, sy gesigspiere het geruk…tydens die geselligheid agterna het hy alleen eenkant buite op ‘n muurtjie gaan sit.

Maar daarna hoor ek hy is steeds ANC.

slot games with bonusлобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae