Don Quijote en ‘n wêreldvreemde windmeul

Na aanleiding van Lepton se brief en Nico Smith se reaksie in BY onderskeidelik van 1 en 8 Mei 2010.

Is daar dan geen einde aan Nico Smith se stiksienigheid nie? Het ek reg gelees? Hy wil dat die feite van die moord en doodslag wat daagliks om ons woed geïgnoreer word, asof dit nie bestaan nie. Dit is immers so alledaags dat meeste mense sekerlik al emosioneel afgestomp is. Nico Smith wil liefs dat energie spandeer word om die redes vas te stel waarom die vervloekte ‘poliesman’ dit durf waag het om die foto’s van die barbaarsheid vir iemand te wys. Bid jou dit aan – hy wil so waar hê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die saak ondersoek. Dit is eintlik gewoon net te absurd om oor te vertel.

Smith sê o.a. “… dié soort ‘haatskryf’ van Lepton (die briefskrywer) nie as leesstof deur ‘n koerant vir sy lesers aangebied behoort te word nie.” Hoekom nie… en van wanneer af is die waarheid ‘haatskryf’? Hy sê verder, “Is sy (Lepton se) brief nie juis ook bedoel om rassehaat te verhoog nie?” Nou verwar hy my gewoon… moet die waarheid dan liefs verswyg word of moet ons onsself net onnosel hou? Sou Smith liewer in ʼn dwaling wou bly leef ter wille van rasseharmonie? Ek dog dan nog altyd die waarheid maak mens vry. Die waarheid sal natuurlik nie noodwendig rasseharmonie in die hand werk nie.

Die probleem met Smith, afgesien daarvan dat sy begrip van die werklikheid wêreldvreemd in die tagtigs vasgesteek het, is natuurlik dat hy nie graag die bal speel nie – maar altyd vir die man gaan. Hy is altoos besig om mense se motiewe verdag te maak pleks daarvan om die argument te hanteer. Hoekom klink dit dan so bekend? Is dit nie ʼn ou Broederbond truuk nie?

Die grootste aantal moorde op blankes is sonder die minste twyfel haatmisdaad en het met gewone misdaad absoluut niks te doen nie. Watter doel sal dit dien om hierdie feit die toekoms in te verswyg?

In teenstelling met wat Nico Smith wil hê, behoort die volgende eerder gedoen te word (en hierdie is bloot ʼn paar baie voorlopige idees).

– Daar behoort ‘n webwerf (verkieslik sommer ‘n hele paar) ontwikkel te word waarop volledige detail van alle Afrikaner Volksmoorde gepubliseer word – met foto’s wat die wandade in al hul grusame detail en walging uitbeeld;
– Dié webwerf behoort op verskillende bedieners gedupliseer te word (minstens in die VSA en Europa) ten einde dit vir enigiemand met enigsins fascistiese neigings baie moeilik te maak om die inligting te verwyder;
– Dié webwerwe behoort ook nie in Afrikaans te wees nie want ons weet mos immers reeds wat hier te lande besig is om te gebeur. Dit moet in al die belangrike handelstale van die wêreld gepubliseer word (ten minste in Engels, Duits, Frans en Spaans asook al die Skandinawiese tale sodat die voormalige befondsers van die ANC kan stik in hul gedistilleerde aartappels).

Indien dié inligting wyd genoeg versprei word sal dit byvoorbeeld onmoontlik wees vir die Kanadese regering om Brandon Huntley terug te stuur SA toe. Dit eenvoudig omdat nêrens in die beskaafde wêreld dié soort misdaad, wat hier heel alledaags is, as gewone misdaad getipeer sal word nie. Asiel sal gevolglik in Europa en elders ʼn werklikheid word en alle Afrikaners kan en masse as vlugtelinge in die eerste wêreld gaan aanmeld. Dit klink dalk vergesog maar dit gaan vir baie Afrikaners die enigste uitweg uit hierdie nimmereindegende Hobbesiaanse nagmerrie wees – vlug voor die geweld of sterf.

Dié ‘predikant op pensioen’ is soos ‘n hedendaagse Don Quijote, daardie dolende ridder van La Mancha, wat telkens die opgeefsels van sy eie verbeelding bestorm om telkens maar net op die werkliheid te strand – maar helaas altyd weier om dit te aanvaar.

Miskien behoort die Nasionale Vervolgingsgesag eerder te verseker dat Smith nie dwaaltwak in sy groentetuin kweek nie, mens weet nooit – miskien het die Don, tydens sy verblyf aldaar, ‘n paar interessante gewoontes in Mamelodi aangeleer.

липецк подъемникиножничныеФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae