Tydens dié beraad, wat Maandag in Nice begin het, sal onder andere gepoog word om ‘n verenigde Afrika-posisie oor die Veiligheidsraad te formuleer.
“Dit was ‘n lewendige debat,” het Kouchner aan verslaggewers gesê ná ‘n vergadering met ministers van verskeie Afrikalande op Sondag.
“Frankryk se posisie is baie duidelik: Ons wil hê Afrika moet verteenwoordig word in alle internasionale liggame, insluitend die VN, maar ons wil dit nie afdwing nie,” het Kouchner gesê.
Afrikalande het in 2005 ooreengekom om hulle te beywer vir twee permanente setels met vetoreg, en twee tydelike setels, in ‘n uitgebreide sekuriteitsraad.
Volgens Franse ampsdraers moet Afrika hom egter vir een permanente setel beywer, en Kouchner het gevra dat Afrikaleiers “realisties” moet wees.
Drie Afrikalande word tans op ‘n roterende basis op die VN se sekuriteitsraad verteenwoordig. Die res van die raad bestaan uit lede met vetoreg, insluitend Brittanje, China, Frankryk, Rusland, en die Verenigde State.
Verskeie Afrikaleiers het die afwesigheid van Afrika op die Veiligheidsraad gekritiseer. Nicolas Sarkozy, Franse president, het ook by die geleentheid waar 38 leiers byeengekom het, gesê Afrika behoort ‘n groter rol in die wêreld te speel.
