Afrikaners in die vierde wereld

Afrikaners bevind hulself met nóg politieke mag nóg ‘n land, is slagoffers van regstellende aksie en SEB, verarm by die dag en word uitgemoor. Afrikaners is ‘n  volk met ‘n eie identiteit, taal en tradisies. Daar is ‘n segment van die Afrikanervolk wat streef na herwinning van politieke solidariteit met die doel  om deur hulleself regeer te word. Die enkele groot probleem is grondgebied.  Elke stukkie grond behoort aan ‘n staat waar meer as een volk deur ‘n enkele regering regeer word.  

Ons kan nie grond koop nie want dit behoort reeds aan ‘n soewereine staat. Die Verenigde Nasies Handves verbied  inmenging in die interne sake van ander state vir wat dit werd is. Die soewereine staat soos in die geval van Suid Afrika, sal baie moeilik grondgebied afstaan aan ‘n minderheidsgroep van die vierde wereld. Die eens vooruitstrewende  Afrikanervolk bevind hom nou in die geledere van die vierde wêreld volke wat beskou word as verarmde volke met geen regte op natuurlike hulpbronne of enige ekonomiese vooruitgang nie.

Ongeveer ‘n derde van die wêreldbevolking is vierde wêreld volke wat geen internasionale erkenning geniet nie en ook nie oor eie grondgebied beskik nie.  In die periode na die Tweede Wêreldoorlog tot  1994 was daar 250 oorloë.  145 van die oorloë was intern tussen volke en tussen ‘n volk en die regering. Meer as 75% van die 145 oorloë was omdat die regering nie die volk se selfbeskikkingsideaal wou akkomodeer nie (Seton. K. 1999. Center for World Indigenous Studies).   Landsgrense in die geskiedenis is bepaal deur interne en eksterne oorloë.

Die Afrikaners het hul politieke mag en land verloor deur Afrikaners.  Die ANC regering en sy instellings erodeer  die ander magsbasisse tot so mate dat die Afrikaner sy identiteit gaan verloor. Daar is nog weinig onderhandel vir selfregering en sou daar onderhandel word, is die kanse baie skraal dat grondgebied vrywillig oorhandig gaan word. Opsies  vir Afrikaner selfbeskikking is baie beperk. Dit is onwaarskynlik dat selfbeskikking  deur  onderhandelinge bereik sal word. Die Afrikaner se posisie en selfregeringsideaal moet aggressief en intens aan die internasionale gemeenskap opgedra word.  Volksmoord moet deur die  internasionale gemeenskap erken word om stukrag te gee aan toekomstige  eise vir selfbeskikking.

 Dit is egter noodsaaklik dat eers vasgestel word wat Afrikaners ondersteun. Is dit ‘n Volkstaat of erkenning as ‘n volk in die plurale samelewing van Suid Afrika? Dit is tiperend dat state wat oor meer as een volk regeer sal probeer om spesifieke  kulture en tradisies te vernietig en ‘n nasiestaat te bou. Dit is prematuur om op die stadium te praat van ‘n Volkstaat of selfbeskikking alvorens daar nie duidelikheid is hoeveel mense die gedagte ondersteun nie. Die potensiele Volkstaat sal ook  begrens  moet word voordat enige eise gestel kan word. Die vraag is wie beskik oor die wil en infrastruktuur om die studie te onderneem?  

Die ANC regering  se swak prestasie skep geleenthede waarop kapitaliseer kan word. Realiteite in die verband is volop en strek van powere dienste tot volksmoord. Sonder ‘n verteenwoordigende struktuur  vir Afrikaners gaan dit ook ‘n verlore geleentheid wees. Ons stryd is nie uniek nie.  Daar is ongeveer 6000 vierde wêreld volke met wie die Afrikaner kan skakel. Terwyl die wêreld globaliseer is daar ook gelyktydige etniese fragmentering. Ten minste is daar internasionaal ‘n groterwordende bewustheid van minderheidsgroepe se strewe na selfbeskikking.

 

тележки инструментальныетопкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae